Page 1 of 1

Rubber beskerming van kolf

Posted: Wed Oct 28, 2020 12:13 am
by geelslang
Goeie dag almal

Ek sien by kompetisies die manne het sulke rubber beskerming vir hul kolwe wat op die voorgreep geplak is en beskerm teen klippe ens.

Wie van julle gebruik dit en wat presies is dit wat julle op plak. Ek het nou vir my 'n lekker kompetisie geweer gebou en wil graag my kolf beskerm, mens is mos maar jammer vir die goed.

Groete
Ernst

Re: Rubber beskerming van kolf

Posted: Wed Oct 28, 2020 7:43 am
by savage(P Coetzer)
Geelslang ek het n ou drukpomp se airtank bladder gevat en hom opgesny en geplak. Werk soos n bom

Re: Rubber beskerming van kolf

Posted: Wed Oct 28, 2020 9:12 am
by Gawie(13mm)
Ernst, die rubber matte is by die meeste ingenieursverskaffers te kry in groot rolle van omtrent 'n meter wyd. Kyk bietjie by jou naaste Builders of Mica in die afdeling waar die "weather strips" aangehou word. Die ou hout op-wip garage deure het so 'n strook aan die onderkant gehad en moet met die tyd vervang word.ImageImage

Re: Rubber beskerming van kolf

Posted: Wed Oct 28, 2020 10:43 am
by tripodmvr
Gawie, lyk asof jy dit al ingespan het. Dankie vir die inligting. Vir my sal die tipe gom die belangrikste wees om te verseker dat jou hout nie beskadig word nie d.w.s. iets wat maklik verwyder of vervang kan word sonder om die vernis of hout te beskadig.

Re: Rubber beskerming van kolf

Posted: Wed Oct 28, 2020 11:15 am
by Toxxyc
Wat van daardie camo tape goed?

Re: Rubber beskerming van kolf

Posted: Wed Oct 28, 2020 11:39 am
by Ockert1992
Ek gebruik sommer regte "DUCT" tape. 'n Laag of twee werk baie goed. Is maklik om te plak en weer weer te vervang. Daar is 'n groot verskeidenheid kleure beskikbaar.

Re: Rubber beskerming van kolf

Posted: Wed Oct 28, 2020 12:24 pm
by Gawie(13mm)
tripodmvr wrote: Wed Oct 28, 2020 10:43 am Gawie, lyk asof jy dit al ingespan het. Dankie vir die inligting. Vir my sal die tipe gom die belangrikste wees om te verseker dat jou hout nie beskadig word nie d.w.s. iets wat maklik verwyder of vervang kan word sonder om die vernis of hout te beskadig.
Gewone " Contact" gom werk die beste. Onthou dat die meeste manne en dames deesdae met gelamineerde of sintetiese kolwe uitgerus is. Asetoon haal maklik die gom af.

Soos Ockert noem werk 2 of 3 lae "Duct-tape" net so goed.

Re: Rubber beskerming van kolf

Posted: Wed Oct 28, 2020 12:52 pm
by joe rocket
Koop Gaffer tape. Lyk soos duct tape maar los nie die gom lagie agter nie.

Re: Rubber beskerming van kolf

Posted: Wed Oct 28, 2020 1:24 pm
by SakoTrippel2
3mm Bench Rubber werk ook goed,en hy het 'n fyn maar "textured" oppervlakte.

Lyk my dis presies soos die wat oom Gawie hierbo wys.

Groete
Frans

Re: Rubber beskerming van kolf

Posted: Wed Oct 28, 2020 1:31 pm
by Gawie(13mm)
SakoTrippel2 wrote: Wed Oct 28, 2020 1:24 pm 3mm Bench Rubber werk ook goed,en hy het 'n fyn maar "textured" oppervlakte.

Lyk my dis presies soos die wat oom Gawie hierbo wys.

Groete
Frans
Jy is in die kol met jou rubber mat.
...as jy my nog een keer "Oom", dan is jy van nou af "Fransie"! ;D

Re: Rubber beskerming van kolf

Posted: Wed Oct 28, 2020 1:33 pm
by SakoTrippel2
Ek sal stick met Oom, almal noem my klaar Fransie

Groete
Frans

Re: Rubber beskerming van kolf

Posted: Wed Oct 28, 2020 3:59 pm
by Gian_dP
Ek het ook van daai rubber wat Gawie voorstel op my kolf. Werk baie goed om te beskerm. Gee ook bietjie greep as jy kolf teen gladde oppervlak moet rus, wat "duct tape" nie bied nie.

Tape is wel makliker om op te sit.

Wat goed werk met die rubber, is om breër stuk te neem as wat jy nodig het. Afhangend van hoe groot oppervlak jy wil toemaak, sny gate oop vir magasynkas/vloerplaat en "swivel stud". Veral stud se gat moet groot genoeg wees om maklik jou geweerbelt/bipod te monteer en af te haal.

Smeer kontakgom op rubber en kolf, verder op kolf as wat jy rubber wil hê. As die kontakgom amper droog is, plak rubber op kolf en draai met maskeerband of elektiese "tape" vas. Los tot gom droog is. Haal tape af en sny die rubber versigtig om te pas soos jy dit wil hê. Trek oortollige rubber af en maak kolf skoon met asetoon. Dit help dat die rand van die rubber mooi stewig geplak is en nie so maklik lostrek nie.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Rubber beskerming van kolf

Posted: Thu Oct 29, 2020 7:29 am
by LouisC

Geelslang.

Ek en Deon het die verkoop van daardie rubber by Riempies ook n forum lid oorgevat.

Die rubber het sy eie gom, jy knip hom soos jy wil en plak hom. Fininsh hom af met pratley se “wondafix car”.

Eks in Koster, Noord wes.
Deon is naby Kroonstad.


Ek sal vir jou fotos stuur, stuur my net my n wa

Louis 0722858600
Deon 0824975612


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Rubber beskerming van kolf

Posted: Thu Oct 29, 2020 7:51 am
by Riempies (Revo)
Louis C, dankie maat.

Baie van die manne weet hoe lekker dit werk wat dit al opgesit het soos jy dit hier beskryf. Metode wat ek jare terug gedoen het en dit is baie duursaam, netjies en dit hou. Die afronding met die wonda fix (wat ook rubberrige epoxy is) is baie belangrik sodat die kante nie oplig en gras en stof opgaar nie.

Sterkte en seën

Riempies