Page 1 of 1

Pasmaak ringe - Lynx tipe 30mm

Posted: Mon Dec 26, 2011 8:16 pm
by 243Songdaug
Ek het sopas 'n redelike groot teleskoop op my 308 gemonteer, maar nou sit ek met die volgende situasie - die lae ringe is 1mm te laag terwyl die medium dinge weer 5mm te hoog is.

Ek wou eers net 2 spacers van 1mm laat vervaardig, maar het besluit om te hoor of daar nie dalk al iemand is wat vir hom laat ringe vervaardig het nie? 

Het enigeen van julle dalk al hierdie pad geloop? Wie kan mens nader vir so iets?

Dis 30mmLynx byonette (pennetjie) tipe ringe.

Re: Pasmaak ringe - Lynx tipe 30mm

Posted: Mon Dec 26, 2011 8:41 pm
by Christo
Hoekom probeer jy nie 'n picatiny ( hoop dit is reg gespel) rail as spacer nie. Ek hor net goeie dinge van die rails

Re: Pasmaak ringe - Lynx tipe 30mm

Posted: Mon Dec 26, 2011 9:09 pm
by tafjak
243sd

Hoe hoog moet die scope wees?

Re: Pasmaak ringe - Lynx tipe 30mm

Posted: Mon Dec 26, 2011 11:59 pm
by Gerard
'n Spacer werk nie met Lynx tipe ringe nie.  Thor ringe gebruik dieselfde monteer stelsel.  Die medium ringe, wat 5mm te hoog is, sal waarskynlik te laag wees as hulle aangepas word want hulle moet bokant die sluitskroewe afgesny word.  Gesels met Erhard by Thor in Pretoria.  Hy kan miskien 'n stel ringe met die regte hoogte voet maak uit 'n medium stel.

Re: Pasmaak ringe - Lynx tipe 30mm

Posted: Tue Dec 27, 2011 9:45 am
by tafjak
243SD

Jy kan altyd ho?r ringe se stem laat afsny bokant die sluitskroewe en nuwes laat boor-en-tap.

Maar 5mm is regtig seker nie te veel nie. Het jy die basisse laat true op milling masjien? Dit gee jou al klaar weer ietsie.

Re: Pasmaak ringe - Lynx tipe 30mm

Posted: Tue Dec 27, 2011 10:43 am
by 243Songdaug
Taffie, jy is seker reg - 5mm is seker darem nie te veel nie.  Sal vir eers daarmee saamleef tot ek vir my 'n picatini bestel het.

Het self ook aan die moontlikheid gedink om 'n hoer stel ringe te laat verander.  Ons het mense met die kundigheid en vaardighede wat so iets behoort te kan doen.

Dankie vir almal se raad - ek waardeer

Re: Pasmaak ringe - Lynx tipe 30mm

Posted: Fri Dec 30, 2011 2:22 pm
by Drenalinjunkie
n Ander opsie is om vir Richard Near te kontak. Google Near Manufacturing. Jy kry nie beter nie maar dis duur... ;D

Re: Pasmaak ringe - Lynx tipe 30mm

Posted: Sun Jan 01, 2012 6:29 pm
by THOMAST
Ek is persoonlik nie mal oor die montering stelsel van Lynx nie, veral nie met 'n groot (swaar?) teleskoop nie.
Baie stress word gedra deur daai kegeltjies.
'n Vriend van my moes die voorste kegeltjie vervang nadat die voorste oorspronklike kegeltjie gekraak het op sy 270. Dit het hom amper mal gemaak voordat hy agtergekom het wat fout was. 'n Mens is geneig om die allen skroeifies te styf vas te draai wat kan lei tot vervorming en/of kraking in die nek van die kegeltjies.
Ek het op 'n skiet kliniek gesien hoe daai kegeltjies afbreek op 'n 300Win Mag toe die eienaar vir hom 'n "hubble" teleskoop opgesit het net voor die kliniek.
Thor se produkte lyk dieselfde, maar is blykbaar van 'n beter gehalte.Ek verstaan hulle kegeltjies word gedraai, Lynx s'n word gegiet (praat onder korreksie hier) Het Thor op my 8mm Mauser, sover nog geen probleme nie.
As jy 'n Picatinni rail gaan opsit, kyk gerus na Nightforce s'n. Gemaak van staal en word vir meeste profiele gemaak. Hulle het ook 'n "blank" wat jy kan laat inlet vir jou aksie profiel.