Page 1 of 1
Lynx LX 4-16x42AO
Posted: Sat Oct 24, 2020 5:27 pm
by Peter OMoore
Goeie dag manne
In die mark vir 'n nuwe teleskoop vir my MUSGRAVE K98 Light in 308 Win.
Huidiglik Leupold Vari-Vii 3-9x40 was nog alyd goed genoeg maar die 0ë het nou iets sterkers nodig!
Wil graag sien waar ek mik, dit raak meer van 'n uitdaging soos mens ouer word.
Oorweeg die volgende nl:
Lynx LX 4-16x42AO
VORTEX DIAMONDBACK
4-12X40
Enige terugvoer insake lens kwaliteit ens. ens. en of ander voorstelle sal waardeer word.
Dankie byvoorbaat.
Peter
Re: Lynx LX 4-16x42AO
Posted: Sat Oct 24, 2020 6:18 pm
by Hein M.
Die Vortex is 'n lekker helder scope. Ons het een op die 223. Bitter goeie waarde vir geld. Sy kruishaar is wel ietwat dik... Kyk eers deur een na voorwerpe op 'n langer afstand voor jy koop.
Mooi aand daar!
Re: Lynx LX 4-16x42AO
Posted: Sun Oct 25, 2020 7:45 am
by Peter OMoore
Dankie Hein goeie raad.
Die helderheid is baie belangrik.
Sal jou raad volg en eers deur almal kyk waarin ek belangstel.
Re: Lynx LX 4-16x42AO
Posted: Sun Oct 25, 2020 8:08 am
by Alwin
Peter OMoore wrote: Sun Oct 25, 2020 7:45 am
Dankie Hein goeie raad.
Die helderheid is baie belangrik.
Sal jou raad volg en eers deur almal kyk waarin ek belangstel.
Lens kwaliteit is belangriker as vergroting.
Vergelyk hulle sy-aan-sy, want omgewingsfaktore het 'n groot invloed op wat ons sien.
Maak ook seker dat die al fokus-verstellings reg is vir jou oë voor jy vergelyk. My eie teleskope het oor tyd dof geraak. Toe stel ek die fokus en hulle is weer reg soos lank gelede.
Re: Lynx LX 4-16x42AO
Posted: Sun Oct 25, 2020 4:36 pm
by Capt. Yoda
Kyk bq na Leupold se VX freedom scope ook, daar is n 4-12x50 en 4-16x40. Ek is bogals beindruk met wat jy kry vir die prys
Re: Lynx LX 4-16x42AO
Posted: Mon Oct 26, 2020 8:03 am
by Peter OMoore
Lens kwaliteit is belangriker as vergroting.
Vergelyk hulle sy-aan-sy, want omgewingsfaktore het 'n groot invloed op wat ons sien.
Maak ook seker dat die al fokus-verstellings reg is vir jou oë voor jy vergelyk. My eie teleskope het oor tyd dof geraak.
Toe stel ek die fokus en hulle is weer reg soos lank gelede.
Baie dankie ek sal die verstellings verseker nagaan!
Mens se oe verander ook en die fokus kan uitgaan soos met verkyker!
Nooit gedink daaraan nie!

Re: Lynx LX 4-16x42AO
Posted: Mon Oct 26, 2020 8:11 am
by Peter OMoore
Hi daar
Dankie dit lyk ook goed vir 'n ander opsie!
Is eintlik 'n Leupold man al die jare!
Sal hulle verseker deur kyk en oorweeg.
Groete mooi dag.