Page 1 of 1

Vervanging van 365 kruit

Posted: Tue Oct 20, 2020 8:48 am
by HJA
Goeie more,

Help asb waarmee vervang ek 365 met ingevoerde kruit.

243Win
87gr Vmax koeele.
LR primer.
1/10 twist

Dankie
Henk

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Tue Oct 20, 2020 9:16 am
by tripodmvr
Watter dryfmiddels is in die geweerwinkels se rakke? S361 of selfs S341 werk soms baie lekker as alternatief vir S365in die 243. Baie goedkoper ook.

Gaan loer op Vihtavuori, Norma, Hodgon, Explosia, Reloader (Alliant) watter dryfmiddels hulle aanbeveel.

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Tue Oct 20, 2020 10:26 am
by HJA
Dankie oom,

Watter van die S361 of S341 is hitte sensitief.

Henk

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Tue Oct 20, 2020 10:53 am
by joe rocket
365 is ook temperatuur sensitief. 341 is baie sensitief vir temperatuur verskille. Moenie jou patrone in direkte son laat le nie.

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Tue Oct 20, 2020 11:35 am
by tripodmvr
https://www.somchemreload.com/news

Gaan lees die laaste artikel onder hierdie hofie.

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Tue Oct 20, 2020 12:12 pm
by Malan123
Henk, indien jy na buitelandse kruit gaan kyk, oorweeg gerus VV N550

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Tue Oct 20, 2020 12:39 pm
by HJA
Baie dankie.
Ek sien die manne praat van VV N160 ook.
Wat is die verskil.

Dankie
Henk

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Tue Oct 20, 2020 12:41 pm
by Klein Chris
Oorweeg ook Norma se URP

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Tue Oct 20, 2020 12:54 pm
by Malan123
HJA wrote: Tue Oct 20, 2020 12:39 pm Baie dankie.
Ek sien die manne praat van VV N160 ook.
Wat is die verskil.

Dankie
Henk

Ek is glad nie 'n kenner op die gebied nie, maar ek dink n160 is enkel basis en n550 dubbel basis.

Ek het n550 baie goedkoop hier op die forum gekry en het nie nodig gehad om iets anders te toets nie.

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Tue Oct 20, 2020 1:39 pm
by Capt. Yoda
N160 kan werk maar ek dink met n 87gr koel veral as jy n standaard lengte 23 of 24" loop het gaan hy n raps stadig wees om enige regte spoed toe kry, H4350 sal ook mooi werk met n 87gr koeltjie
N160 is amper soos n S367, N550 is ook stadig maar omdat hy double basis is kry jy meer spoed uit hom uit, N550 is ook taamlik goedkoper teenoor die and VV kruite nog so ek dink dit is n goeie plek om te begin

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Tue Oct 20, 2020 1:49 pm
by Dirkvh
N160 werk mooi vir my op my 20" howa loop wat op Sako aksie is met die 87gr Vmax

Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk


Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Tue Oct 20, 2020 1:51 pm
by L Joubert
Wa kry mens N550

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Tue Oct 20, 2020 1:55 pm
by HJA
Baie dankie vir almal se hulp.
Lekker dag
Henk

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Tue Oct 20, 2020 1:56 pm
by Basie2
Jammer ek val so dwars, maar wat is die rakleeftyd van s365?
Ok onder ideale omstandighede, kluis met ‘silikoon’ sakkies?


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Tue Oct 20, 2020 3:36 pm
by tripodmvr
Ek skiet S321 wat vanaf 1986 dateer.

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Tue Oct 20, 2020 6:30 pm
by Basie2
tripodmvr wrote:Ek skiet S321 wat vanaf 1986 dateer.
Baie dankie.


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Tue Oct 20, 2020 7:26 pm
by Hein M.
Basie2 wrote: Tue Oct 20, 2020 1:56 pm Jammer ek val so dwars, maar wat is die rakleeftyd van s365?
Ok onder ideale omstandighede, kluis met ‘silikoon’ sakkies?


Sent from my iPad using Tapatalk
Bitter lank onder ideale omstandighede. As jy poeier / primers / patrone langtermyn wil stoor, vacuumpack dit om die vog-element te beperk.

Mooi aand daar!

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Wed Oct 21, 2020 10:01 am
by toxicsox
Zimbi het baie N550 toe ek daar was laasweek.

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Fri Oct 23, 2020 8:12 am
by Toxxyc
Ek koop N550 by my naaste wapenwinkel - Brothers Arms in Pretoria. Hulle aanlyn-pryse is verkeerd. Ek is baie gelukkig met N550 en is bitter bly ek het die skuif weg van Somchem af gemaak. Dis net 'n nagmerrie om te begin soek na blikke as jy jou laaste een oopmaak en jy weet nie meer hoe lank jy gaan kan skiet nie.

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Wed Oct 28, 2020 11:07 am
by L Joubert
Aangesien da nie meer usa kruite beskikbaar is nie, wat stel julle manne voor .terug op sa kruite 341,361 .ek het vuta n550 geskiet ,ma dis ook nou op

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Wed Oct 28, 2020 11:45 am
by tripodmvr
As jy aan die skiet wil bly sal jy noodgedwonge iets anders moet soek.

Lovex - KK Guns
Somchem
Norma
Reloder

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Wed Oct 28, 2020 11:51 am
by L Joubert
Tripodmvr,vir 100g hornady interlock en 75g sierra varminter s341 of s361 met 243 win

Re: Vervanging van 365 kruit

Posted: Wed Oct 28, 2020 12:08 pm
by tripodmvr
Ek weet dat 'n paar manne S361 baie goed vind in die 243. Ontbranding is nie baie goed nie, alhoewel die dop voller is. Dit sal bruikbaar wees met die 100gr koeël.

Die S341 laat maar 'n leërige dop van so 80% vul, maar sal beter werk met die 75gr koeëls.