Page 1 of 1
Honey Badger - watter een vir slag?
Posted: Sun Oct 18, 2020 3:05 pm
by Chris (vdB)
Dagse manne
Ek wil graag by die manne wat lief is om messe te koop weet watter mes sal vir my toepassing die beste werk. Ek kyk na die Wharncleaver en Flipper in D2 van Honey Badger. Ek wil die mes gebruik om bokke se keele te sny en om te slag. Watter een sal julle aan beveel en hoekom? Se ook asseblief watter groote, medium of large
Baie dankie
Groete
Re: Honey Badger - watter een vir slag?
Posted: Sun Oct 18, 2020 3:21 pm
by DWB
Flipper vir as jy moet gate steek ook.
Re: Honey Badger - watter een vir slag?
Posted: Sun Oct 18, 2020 3:40 pm
by Vleisie
Ek het die winter n paar blesbokke met my Wharncleaver D2 Large geslag en was baie tevrede met die mes. As jy hom gaan gebruik vir n elke dag dra mes, sal ek wel die Medium aanbeveel, die Large is n baie lekker mes, maar vir elke dag dra is hy net daardie bietjie te groot.
Re: Honey Badger - watter een vir slag?
Posted: Sun Oct 18, 2020 4:17 pm
by Eduard Venter
Ek het nog die ouer model honeybadger "opener" in large. Hy het 'n paar tekortkominge maar het hom baie goed van sy taak gekwyt die laaste 3 jaar. 100+ bokke met hom geslag, baie kele gesny en baie elektriese kabels gestrip, kos gemaak ens. Hy is wel nou op pad uit. Ek hou net nie van die riffeltjies agter op die lem nie. Die hefboom aan die bokant is ook soms 'n pyn in die patat as mens slag maar dit stel mens in staat om die mes lekker vinnig oop te maak so uit jou sak uit en meer belangrik maak dit 'n bier baie lekker oop.
Uit bogenoemde 2 opsies sou ek die flipper kies vir jag/slag. Daai D2 staal is blykbaar ook beter as die op my ouer model. Ek verkies 'n skerperige punt vir keelsny. Steek net 'n klein gat in die vel en sny die keel van binne af. Dan is 'n mooi jag foto nog doenbaar gewoonlik.
20201018_161506.jpeg
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Re: Honey Badger - watter een vir slag?
Posted: Sun Oct 18, 2020 4:47 pm
by hierswolf
Het jy gekyk na die een met die guthook?
Ek het so een in Large en hy werk baie lekker vir n jagmes.
Ek sien hy kom ook nou uit in medium.
Re: Honey Badger - watter een vir slag?
Posted: Sun Oct 18, 2020 5:52 pm
by Ds J
Kontak Oom Koos Barnard. Hy weet om n bok se keel te sny deur net die are met n dun lem af te steek. Dit spaar baie tyd en moeite, en is n skoner proses. Hy kan dan die lem daarvoor aanbeveel.
As ek een mes sou moes kies vir slag en keelsny, sal dit n mes met n ronde snykant wees. .
Re: Honey Badger - watter een vir slag?
Posted: Mon Oct 19, 2020 6:58 am
by Chris (vdB)
Baie dankie julle, dan gaan ek die Flipper vat
Mooi dag vir julle
Re: Honey Badger - watter een vir slag?
Posted: Mon Oct 19, 2020 7:01 am
by Chris (vdB)
Ek het hom gesien baie dankie, maar ek hou nie so baie van n' mes met klomp goed wat uit steek nie. Ek gebruik my Havlon mes se guthook wat baie lekker werk.
hierswolf wrote: Sun Oct 18, 2020 4:47 pm
Het jy gekyk na die een met die guthook?
Ek het so een in Large en hy werk baie lekker vir n jagmes.
Ek sien hy kom ook nou uit in medium.
Re: Honey Badger - watter een vir slag?
Posted: Mon Oct 19, 2020 12:26 pm
by Viking
Chris (vdB) wrote: Sun Oct 18, 2020 3:05 pm
Dagse manne
Ek wil graag by die manne wat lief is om messe te koop weet watter mes sal vir my toepassing die beste werk. Ek kyk na die Wharncleaver en Flipper in D2 van Honey Badger. Ek wil die mes gebruik om bokke se keele te sny en om te slag. Watter een sal julle aan beveel en hoekom? Se ook asseblief watter groote, medium of large
Baie dankie
Groete
Chris,
Dis moeilik om net EEN mes te dra vir ALLE aksies wat jy dalk in gedagte het - selfs 'n mesmoertang (Leathermann) sukkel om aan almal se vereistes te voldoen.
Die mes waarmee jy keelaf sny en soos Koos slagare mee afsteek gaan verskil van jou "slagmes"
Die mes wat ek die graagste mee slagwerk doen is die een in die middel - die ander 2 sal kan keelaf sny en pens oopsny. Die sogenaamde "gut hook" is volgens my ook net geskik vir dun pens velle....sodra jy by gemsbok kudu en eland kom het jy dikwels nie die mees geskikte "gut hook' vir daai dik vel nie.
mes.jpg