Page 1 of 1

Norinco JW15 - .22 LR Nuwe Liefde Gegee

Posted: Tue Oct 13, 2020 3:25 pm
by Brno308 jagter
Middag Kerels

Ek wil vandag so bietjie spog, ek het my eerste geweer die Norinco .22lr JW15 gekoop in 1998 vir R399 by Dion in Boksburg.

Ek het vanjaar gedurende die lockdown besluit dis nou tyd dat ek sy "plastic" houtkolf bietjie aandag en liefde gee.

My eerste liefde het toe baie mooi uitgekom na ek hom so bietjie liefde en aandag gegee het.

Hier is so paar fotos van die geweer voor, gedurende en na sy upgrade.

Groete,

Re: Norinco JW15 - .22 LR Nuwe Liefde Gegee

Posted: Tue Oct 13, 2020 4:49 pm
by Armand Steenkamp
Baie onderskatte geweertjies... Ek het ook een. Myne is baie akkuraat en skiet 5 skote met die duurder ammunisie gemaklik onder halfduim op 50m. Op die stadium het het 2100 skote deur die geweertjie sonder om hom skoon te maak. Maar dit is nou maar tyd.
Jou geweertjie het baie mooi uitgekom!
Groetnis

Re: Norinco JW15 - .22 LR Nuwe Liefde Gegee

Posted: Tue Oct 13, 2020 4:54 pm
by Killzone
Baie netjies gedoen. Ek wou al myne ook n nuwe baadjie gegee het, maar het nooit daarby uitgekom nie. Nou lyk joune soos n pedigree CZ of Brno.

Re: Norinco JW15 - .22 LR Nuwe Liefde Gegee

Posted: Tue Oct 13, 2020 5:35 pm
by LUAN
Ek het ook so geweertjie was ook my eerste .22 dink hy was R500 nuut. Wil nog sy kolf oordoen. Ek het wel sy loop gesny na 12 duim en n silincer op en die sneller ligter gemaak. Nou is hy n baie oulike kompakte geweertjie. Skiet nog dieselfde spoed met standaard ammo met dieselfde akkuraatheid.

Re: Norinco JW15 - .22 LR Nuwe Liefde Gegee

Posted: Tue Oct 13, 2020 7:49 pm
by Brno308 jagter
Dankie kerels, was beslis die moeite werd. Daar is ook goeie amerikaanse reviews oor die spesifieke model, blykbaar was die Norinco 'n kopie van die Brno, nou lyk myne amper soos 'n regte Brno :-)

Re: Norinco JW15 - .22 LR Nuwe Liefde Gegee

Posted: Tue Oct 13, 2020 8:11 pm
by Armand Steenkamp
Dis reg ja hy was n kopie van die brnoMod1

Re: Norinco JW15 - .22 LR Nuwe Liefde Gegee

Posted: Fri Oct 23, 2020 8:37 am
by gbvl
Myne in 1995 gekoop en ook my eerste geweer so nie baie werd maar baie sentimentele waarde