Page 1 of 2

Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Sun Oct 11, 2020 5:07 pm
by Petrie303
Hi,

Ek is in die mark vir n nuwe scope vir my F Ope geweer en kyk na die model Sightron s3 8-32x56 of Leopold VX3 I 8.5x25x50

Wie van julle gebryk Sightron Scopes? Hoe is die na verkoop diens in SA?

Ek het altyd n Leopold VX3 8.5x25x50 gebryk en Leopold se na verkoop diens was puik gewees en vn die beste wat daar is... Ek kon nooit n fout kry met sy tracking nie en beeld was baie goed.

Sightron s3 8-32x56 en die Leopold VX3 I 8.5x25x50 is in die dieselfde prys pracket... die scope gan diens doen op n 6.5x284

Groete
Petrie

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Sun Oct 11, 2020 6:40 pm
by ruaanb
My keuse sal die Leopold wees. Lense is vir my beter en die Sightron het nie zero stop nie.

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Sun Oct 11, 2020 7:36 pm
by JohanvB
Die nuwe Sightron het zero stop op.

Die demo een wat ek tans gebruik het sy eie zero stop op.

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 6:31 am
by joe rocket
Glas is die laaste ding warna ek kyk n n scope. Albei scopes se glas is goed. Sightron sin effe beter. Kyk na die scope wat due beste track. Dag in en dag uit.

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 8:16 am
by Witpietskiet
Hi Petri,

Ek hou van die Leupolds maar as ek mag vra hoekom kyk jy na groter vergrotings vir jou F-ope geweer nie?

FTR skuts hier by ons hou baie van die Sightron S3 10-50x60 en dan kan jy gerus kyk na die Vortex Golden Eagle 15-60x52.

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 8:31 am
by Toxxyc
Ek persoonlik dink Leupold sit die pot mis met hulle long-range shooter scopes. Ek voel net nie hulle goed nie. Hulle probeer so tactical inpas sonder om regtig die skuif te maak. Soos dit vir my lyk het daardie scope nie eers exposed turrets nie.

Ek sou die Sightron vat enige tyd van die dag. Ek sou ook kyk na Athlon en Primary Arms se opsies in SA.

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 9:06 am
by Capt. Yoda
Wat is jou begroting?

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 9:07 am
by Wouter Roets
Toxxyc wrote: Mon Oct 12, 2020 8:31 am Ek persoonlik dink Leupold sit die pot mis met hulle long-range shooter scopes. Ek voel net nie hulle goed nie. Hulle probeer so tactical inpas sonder om regtig die skuif te maak. Soos dit vir my lyk het daardie scope nie eers exposed turrets nie.

Ek sou die Sightron vat enige tyd van die dag. Ek sou ook kyk na Athlon en Primary Arms se opsies in SA.
Goeie more Toxxyc

Ek is redelik seker daarvan dat Petrie na die VX3 I LPR reeks verwys, wat natuurlik al die boksies tiek vir langafstand jag en skiet. Ek moet wel met Witpietskiet saamstem dat daar meer gepaste teleskope of modelle is vir die doel wat Petrie ingedagte het.

Groetnis
Wouter

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 9:12 am
by Witpietskiet
Ek gebruik tans die Leupold VX6 7-42x56 op my FTR geweer, as ek weer moet koop gaan ek die Vortex Golden Eagle roete.

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 9:13 am
by Eugene
Ek ken glad nie die Leopold nie, maar het vir lank 2 Sightrons S3 8-32 gehad en dis great scopes met besonderse goeie tracking. Van al die teleskope wat ek nog gehad het, het die 2 Sightrons die beste gevaar op die "Tall Target Test" en het ek nooit enige probleme ervaar met tracking of konstantheid nie. Die glas was vir my oë baie goed vergelykbaar met heelwat duurder teleskope en dit het ook nie verswak met tyd nie (het beide oor 'n 5 jaar periode gehad). Daar is verseker beter teleskope op die mark, maar hulle kom teen 'n fris prys ook.

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 9:31 am
by Toxxyc
Wouter Roets wrote: Mon Oct 12, 2020 9:07 am
Toxxyc wrote: Mon Oct 12, 2020 8:31 am Ek persoonlik dink Leupold sit die pot mis met hulle long-range shooter scopes. Ek voel net nie hulle goed nie. Hulle probeer so tactical inpas sonder om regtig die skuif te maak. Soos dit vir my lyk het daardie scope nie eers exposed turrets nie.

Ek sou die Sightron vat enige tyd van die dag. Ek sou ook kyk na Athlon en Primary Arms se opsies in SA.
Goeie more Toxxyc

Ek is redelik seker daarvan dat Pedrie na die VX3 I LPR reeks verwys, wat natuurlik al die boksies tiek vir langafstand jag en skiet. Ek moet wel met Witpietskiet saamstem dat daar meer gepaste teleskope of modelle is vir die doel wat Petrie ingedagte het.

Groetnis
Wouter
Hi Oom, dit sal meer sin maak, ja. Ek het na die gewone VX3 gekyk en dit lyk vir my nie soos 'n LPR scope nie. Dit lyk soos 'n jagteleskoop wat die pot mis sit, dis maar al :)

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 12:02 pm
by Wouter Roets
Toxxys

Ek het n paar van die gewone VX3 8.5-25 modelle en hulle werk great met die Varmint Hunters kruishare tot 600m, maar ek stem absoluut saam dat wanneer jy n teleskoop gebruik en jy dial net dat hulle verseker nie die idiaal is nie. Dis dan waar die LPR modelle inkom of as jy nou iets beters soek van die Leupold stal die VX5, Mark 6 of Mark 8 as jy dan nou wragtig nie weet wat om met jou geld te doen nie.

Die feit bly staan dat F klas Ope weer sy eie unieke uitdagings het en ek nie een van die twee modelle soos oorspronklik genoem sal oorweeg nie. Daar is eenvoudig beter keuses op die mark.

Groetnis
Wouter

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 12:36 pm
by Petrie303
Hi,

Hoekom ek kyk na die leopold is omdat ek een (VX3 8.5x25x50 )op my F Ope 300WSM gehad het en ek moes hom as ge volg van fiansiele redes verkoop na my kar ongelik so 2 jaar terug...

Kyk, die leopoldt het my nog nooit in die steek gelaat nie en die foute wat ek gemaak het kon ek nooit op die scope blameer nie en dit was met n gewone duplex kruishaar (ek het immers MP kampioenskap F open 2 keer gewen, MP Ope 1 keer gewen en Southern International Challenge 2de gekom in F ope met die Leopold en 300 WSM... Dalk was ek net lucky :-) )

Maar moet bieg, die Sightrons (En duurder scopes) se glas is beter gewees as ek deur hul geloer het op ander manne se gewere...

My behoefde is net n scope wat betroubaar track elke keer, te minste 25xvergrooting (Het selde tot op 25x geskiet) en baie goeie na verkoop diens het, MOA wees, ne meer as 30K (Of naby an dit).

Ek het wel nog nooit deur die Vortex scopes geloer nie en kan hul glad nie...

Ek wil nou weer begin deelneem in F ope omdat ek nou weer herstel het na my motor ongelik en die finansies dit weer toelaat.

Dankie vir jul insette

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 12:58 pm
by Neels Louw
As ek net mag in chip hier, hoe goed is Sightron se na verkope diens en waarborg in SA?

Mens wil mos alles met Vortex vergelyk deesdae.

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 1:19 pm
by Arnold
Petrie303 wrote: Mon Oct 12, 2020 12:36 pm My behoefde is net n scope wat betroubaar track elke keer, te minste 25xvergrooting (Het selde tot op 25x geskiet) en baie goeie na verkoop diens het, MOA wees, ne meer as 30K (Of naby an dit).
Daai is 'n lekker budget en jou voorgestelde scopes kos baie minder. Wat van die Delta Stryker wat jy met ringe vir 'n bietjie meer as daai by CMH sal kan kry?

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 2:04 pm
by swc-tr
Petrie, bly by die Leupold, wat jy immers ken en bevestig het dat dit nie probleme gehad het nie. Gebruik die kleingeld van jou R30k budget, na jy die Leupold gekoop het, om komponente te koop, "practice makes perfect" is meer belangrik as beter glas.

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 2:10 pm
by Capt. Yoda
Petrie303 wrote: Mon Oct 12, 2020 12:36 pm Hi,

Hoekom ek kyk na die leopold is omdat ek een (VX3 8.5x25x50 )op my F Ope 300WSM gehad het en ek moes hom as ge volg van fiansiele redes verkoop na my kar ongelik so 2 jaar terug...

Kyk, die leopoldt het my nog nooit in die steek gelaat nie en die foute wat ek gemaak het kon ek nooit op die scope blameer nie en dit was met n gewone duplex kruishaar (ek het immers MP kampioenskap F open 2 keer gewen, MP Ope 1 keer gewen en Southern International Challenge 2de gekom in F ope met die Leopold en 300 WSM... Dalk was ek net lucky :-) )

Maar moet bieg, die Sightrons (En duurder scopes) se glas is beter gewees as ek deur hul geloer het op ander manne se gewere...

My behoefde is net n scope wat betroubaar track elke keer, te minste 25xvergrooting (Het selde tot op 25x geskiet) en baie goeie na verkoop diens het, MOA wees, ne meer as 30K (Of naby an dit).

Ek het wel nog nooit deur die Vortex scopes geloer nie en kan hul glad nie...

Ek wil nou weer begin deelneem in F ope omdat ek nou weer herstel het na my motor ongelik en die finansies dit weer toelaat.

Dankie vir jul insette
Ek sal elke keer weer n Vortex Golden Eagle koop, hulle track ongelooflik en die glas is meer as goed genoeg, seker nou nie NF Comp glas nie maar jy gaan alles kan sien wat jy moet sien. Ian Klemm wat die scope design het vir Vortex het ek dink 3 keer nou al die USA F-TR national gewen met die scope. Een ding wat mense bq oor kla is die eye relief wat baie sensitief is maar dit pla my glad nie, as hy swart is weet ek erens doen ek iets verkeer met my kop agter die scope

Scopes wat by Berger se SWN die jaar gebruik was die jaar, daar was baie NF Benchreste ook gebruik en nie net Comps of NXSe nie
Image

Die toetse wat daar al gedoen was met die GE se tracking was hy ook spoton en daai 1/8moa clicks werk mooi, ongelukkig het hul pryse taamlik op gegaan en ek sien nuwes verkoop nou vir so by die R37 000 maar ek is seker jy sal n goeie 2nd hand een vir minder as 30k kan kry, vir R37 000 dink ek kry jy nog baie scope vir die geld.
http://bulletin.accurateshooter.com/201 ... ames-mock/

Na dit sou ek kyk vir n mooi NF BR as jy nie gepla is deur die fokus/paralax wat voor op die scope sit nie anders sou ek n nuwe Sightron S3 koop, ek het nog min met die Deltas te doen gehad so kan nie regtig oor hulle praat nie maar as ek luister na wat die ander mense se klink dit ook soos n goeie opsie, dalk net n bq swaar as jy klaar naby max gewig is?

As jy n NF man is is ek seker jy sal n 8-32NXS ook kan raak loop vir so R30 000 as jy hard genoeg soek.

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 2:41 pm
by Rasmus
HAllo Petri

Beide jou opsies kan werk. Ek het die Sightron gehad asook n Leupold. Die leupold doen tans diens op my 6.5 x 55. Daar het so bietjie ewolusie plaasgevind sedert jy laas geskiet het al sal Schalk dit nie glo nie............. Meeste F ope skuts skiet deesdae met teleskope wat in 1/8stes verstel, praat maar met Kallie hy sal jou dit ook kan vertel... ;)

Ek het my Sightron verkoop om my Golden Eagle te befonds. Ek is baie gelukkig met hom en as hulle nie nou so woes duur geword het nie sal ek nog een koop!

In my opninie kan jy kyk na:

Sightron 8-32 x 56 stel nie in 1/8stes
Sightron 10 -50 x 60 Stel in 1/8stes
Delta Striker Stel in 1/8stes 34mm Tube maak ringe duur!
Vortex Golden Eagle Stel in 1/8stes

Die Leupold gaan lekker jag. Hy gaan nie nou met die res van die speelveld lekker saamspeel nie.

Gaan jy by Pretoria inval?

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 2:45 pm
by swc-tr
Dankie Rasmus.
Petrie se vraag was Sightron vs Leupold.

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 3:00 pm
by Rasmus
swc-tr wrote: Mon Oct 12, 2020 2:45 pm Dankie Rasmus.
Petrie se vraag was Sightron vs Leupold.
;)

In daai geval is my antwoord dan die Sightron.

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 3:22 pm
by Eugene
Neels Louw wrote: Mon Oct 12, 2020 12:58 pm As ek net mag in chip hier, hoe goed is Sightron se na verkope diens en waarborg in SA?

Mens wil mos alles met Vortex vergelyk deesdae.
Ek weet nie nou nie, maar ek het destyds deur Ian de Jongh gekoop en toe ek 'n probleempie gehad het, is my Sightron sonder vrae vervang met 'n nuwe een. Ek weet nie wie die plaaslike agent was nie, ek het net met Ian gewerk.

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 3:39 pm
by Ranger
Arnold wrote: Mon Oct 12, 2020 1:19 pm
Petrie303 wrote: Mon Oct 12, 2020 12:36 pm My behoefde is net n scope wat betroubaar track elke keer, te minste 25xvergrooting (Het selde tot op 25x geskiet) en baie goeie na verkoop diens het, MOA wees, ne meer as 30K (Of naby an dit).
Daai is 'n lekker budget en jou voorgestelde scopes kos baie minder. Wat van die Delta Stryker wat jy met ringe vir 'n bietjie meer as daai by CMH sal kan kry?
I agree with Arnold, the Delta is very impressive for the price although I'm not 100% sure on current pricing. It should fit your budget though.

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 6:33 pm
by Petrie303
Hi Skalk,

Soos jy se, dit is daai 6 duim agter die scope wat saak maak... Ek het mooi geleer by julle daar in Middelburg op die baan! Dis waar wat jy se, kan baie doppe/kruit/koels koop met daai extra geld... Sal seker dan vir die Leopold weer gaan, tensy ek n Sightron vir n bargain optel erens...


Rasmus,

Kwarte stel is vir my goed genoeg, ek weet in elk geval nie hoe mens wind in agtstes kan lees nie...Ek het altyd net my oe gerek as die ouens op 900m agtste vertellings doen.... Maar soos hul se, watookal daai koptor gelikig hou...........

Ek sal hier in Pretoria weer betrokke raak met die sKiet, bly immers nou hier. Ek sien net weer baie uit om weer op die baan te kom, was nou n lang droogte...

Groete,
Petrie

Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Mon Oct 12, 2020 7:36 pm
by swc-tr
Petrie, slaan jy die spyker op die kop ivm 1/8stes stel op 900m.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk


Re: Sightron s3 8-32x56 vs Leopold VX3 I 8.5x25x50

Posted: Tue Oct 13, 2020 7:21 am
by Rasmus
Petrie303 wrote: Mon Oct 12, 2020 6:33 pm Hi Skalk,

Soos jy se, dit is daai 6 duim agter die scope wat saak maak... Ek het mooi geleer by julle daar in Middelburg op die baan! Dis waar wat jy se, kan baie doppe/kruit/koels koop met daai extra geld... Sal seker dan vir die Leopold weer gaan, tensy ek n Sightron vir n bargain optel erens...


Rasmus,

Kwarte stel is vir my goed genoeg, ek weet in elk geval nie hoe mens wind in agtstes kan lees nie...Ek het altyd net my oe gerek as die ouens op 900m agtste vertellings doen.... Maar soos hul se, watookal daai koptor gelikig hou...........

Ek sal hier in Pretoria weer betrokke raak met die sKiet, bly immers nou hier. Ek sien net weer baie uit om weer op die baan te kom, was nou n lang droogte...

Groete,
Petrie
Lekker Petri. Dit is great dat jy weer kan begin skiet! Sterkte!