Page 1 of 1

N vraag vir die Prs/Nrl manne oor Tripod opsies.

Posted: Fri Oct 02, 2020 2:01 pm
by Nico Harris
Ek vra die vraag vir julle want ek dink julle sal die meeste ondervinding met dit hê. Ek wil n tripod kry met n ball head vir jag waneer die gras te lank is om te lê. Ek sien mens kan n arca rail, hog saddle of net n sand sakkie op n base plate gebruik. Op die stadium oorweeg ek die sand sakkie roete vir die volgende redes-
- ek kan dit op al my gewere gebruik, wil nie noodwendig n rail aan n hag geweer se kolf vas sit nie.
- dit sal die geweer toelaat om op sy eie te recoil as dit nie vas is aan die tripod nie.
- as iemand saam met my jag kan hulle dit ook gebruik.
- dis maklikker om onder druk te gebruik as die hoek van die ball head dalk nie presies reg is vir die hoek waateen jy wil skiet nie.

Maar ek is oop vir oortuiging!

Sien uit om te hoor wat sê julle!

Re: N vraag vir die Prs/Nrl manne oor Tripod opsies.

Posted: Fri Oct 02, 2020 2:19 pm
by Arnold
Nico, kry a ball head met Arca clamp en sit dan 'n basis op vir die sandsakkie. Op die manier kan jy die Arca rail later beproef indien jy sou wou.
Die hog saddle staan my nie aan nie en ek dink dit was 'n oplossing voor die mense Arca rails begin gebruik het.

Die Arca rail werk vir my baie lekker want ek kan die geweer so opstel dat my kinders gemaklik met 'n swaar geweer kan skiet. Hulle bestuur homself en as hulle hom los bly die geweer staan. Ek sal kyk of ek nog 'n video het en vir jou whatsapp.

As jy vir die sakkie gaan voel dit vir my of jy dalk ligter oor die weg kan kom met skietstokke?

Re: N vraag vir die Prs/Nrl manne oor Tripod opsies.

Posted: Fri Oct 02, 2020 2:29 pm
by Nico Harris
Yes Arnold. Ek gaan die sakkie op so arca rail met n base plate sit. Ek soek iets spesifiek vir sit en skiet en hier en daar staan.

Re: N vraag vir die Prs/Nrl manne oor Tripod opsies.

Posted: Fri Oct 02, 2020 8:53 pm
by edwill
Nico ill whatsapp you some photos tomorrow. I got a ball head, and I also made a plate to use "game changer " type bag. Works pretty well.

Sent from my SM-G970F using Tapatalk


Re: N vraag vir die Prs/Nrl manne oor Tripod opsies.

Posted: Sat Oct 03, 2020 1:59 am
by Nico Harris
edwill wrote: Fri Oct 02, 2020 8:53 pm Nico ill whatsapp you some photos tomorrow. I got a ball head, and I also made a plate to use "game changer " type bag. Works pretty well.

Sent from my SM-G970F using Tapatalk
Thanx👍🏻👍🏻

Re: N vraag vir die Prs/Nrl manne oor Tripod opsies.

Posted: Sat Oct 03, 2020 6:27 am
by Lategan1
Môre, Edwill if you can post those photo’s here as well, be nice.

Andersins Nico as hy nie kan nie, plaas hier asb.

Beste.

Re: N vraag vir die Prs/Nrl manne oor Tripod opsies.

Posted: Sat Oct 03, 2020 7:11 am
by Forester
Arnold wrote: Fri Oct 02, 2020 2:19 pm Nico, kry a ball head met Arca clamp en sit dan 'n basis op vir die sandsakkie. Op die manier kan jy die Arca rail later beproef indien jy sou wou.
Die hog saddle staan my nie aan nie en ek dink dit was 'n oplossing voor die mense Arca rails begin gebruik het.

Die Arca rail werk vir my baie lekker want ek kan die geweer so opstel dat my kinders gemaklik met 'n swaar geweer kan skiet. Hulle bestuur homself en as hulle hom los bly die geweer staan. Ek sal kyk of ek nog 'n video het en vir jou whatsapp.

As jy vir die sakkie gaan voel dit vir my of jy dalk ligter oor die weg kan kom met skietstokke?
Môre Arnold,

Sal jy asb ‘n foto of twee opsit van jou setup?

Re: N vraag vir die Prs/Nrl manne oor Tripod opsies.

Posted: Sat Oct 03, 2020 12:17 pm
by Rem
Hi Nico.
Ek het altwee probeer en ek hou baie meer van die sand sak en base plate manier. Die probleem is maar wanneer jy op teiken kom om die bal presies reg vas te draai sodat hy op die teiken bly. Met jag, as die bok beweeg moet jy weer losdraai en vasdraai.
Die base plate en sak is vinniger en makliker en ek verkies dit.


ImageImage

Sent from my SM-G960F using Tapatalk


Re: N vraag vir die Prs/Nrl manne oor Tripod opsies.

Posted: Sat Oct 03, 2020 1:33 pm
by Arnold
My setup lyk soos Rem se boonste setup. Ek draai die bal vas sodat die geweer steeds kan beweeg maar nie val as jy hom los nie.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk


Re: N vraag vir die Prs/Nrl manne oor Tripod opsies.

Posted: Sat Oct 03, 2020 2:17 pm
by edwill
Some photos as promised ImageImageImageImageImageImage

Sent from my SM-G970F using Tapatalk


Re: N vraag vir die Prs/Nrl manne oor Tripod opsies.

Posted: Sun Oct 18, 2020 9:17 am
by Klein Karoo
Manne watter tipe fabrikaat tripods gebruik julle soos hierbo in die fotos?

Re: N vraag vir die Prs/Nrl manne oor Tripod opsies.

Posted: Sun Oct 18, 2020 10:51 am
by Nico Harris
Pig0311-g gekoop by shooting guys.

Re: N vraag vir die Prs/Nrl manne oor Tripod opsies.

Posted: Sun Oct 18, 2020 12:17 pm
by Dumbluck
Hier is my laaste navorsing. Ek gaan een van die 18kg modelle neem and dan begin kyk na 'n ball head wat nie my eie linker een gaan kos nie.
Die sirui pryse was so tyd terug by ORMSImage

Adri


Re: N vraag vir die Prs/Nrl manne oor Tripod opsies.

Posted: Thu Nov 12, 2020 6:46 pm
by Nico Harris
Naand manne. Ek het toe mos die pig 311g gekoop. Hy was tweedehands en het saam met n hog saddle gekom. Hom al bietjie probeer en hy werk baie goed! Hierdie is op 550yds met my 300wsm.

Re: N vraag vir die Prs/Nrl manne oor Tripod opsies.

Posted: Thu Nov 12, 2020 6:47 pm
by Nico Harris
Ek het vandag ook hierdie sakkie gemaak met arca rail adapter op. Wil hom ook binnekort probeer.