Page 1 of 1
300 sherwood inligting
Posted: Thu Oct 01, 2020 6:35 pm
by HunterB
Naand almal
Vriend van my kan bogenoemde geweer kry. Ons soek bietjie meer inligting oor die kaliber. Sal mens punte en Dies ensv kan kry?
Re: 300 sherwood inligting
Posted: Thu Oct 01, 2020 7:46 pm
by Jaco vdW
Goeie naand Hunter
My Pa het n BSA(?) in .300 Sherwood. Vreeslike oulike geweertjie. CH4D maak dies, Bertram’s maak doppe. Punte sal jy dalk gegote lood punte kan koop, of dalk maar self maak. Ons het nog nie juis herlaai vir hom nie, maar dis beslis moontlik.
Dit sal n baie lekker speelding wees, en dalk om n klein bokkie of twee te jag...
Die Sherwood was deel van die sg “Rook rifles”. Gewere wat deur die veldwagters op die Britse landgoedere gebruik is om Rooks (tipe kraai) meeste skiet.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 300 sherwood inligting
Posted: Thu Oct 01, 2020 8:01 pm
by Philip Marais
Ek het patrone versamel toe ek op hoërskool was. 'n Oom het toe vir my 2 van daai .300 Sherwood patrone gegee. Hy het genoem dat die kalibertjie ook bekend staan as 'n .300 Crow.
Jaco, jy bevestig nou wat daai Oom vir my meer as 40 jaar gelede gesê het.