Page 1 of 1

Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Thu Sep 10, 2020 10:14 pm
by geelslang
Goeie naand almal.

My 243AI word nou my dedicated nagskiet geweer. Ek het tans 'n 6-24x50 op hom. My vraag is, wat is die maksimum vergroting wat in die nag nodig en bruikbaar is? Ek ondervind dat ek nooit op meer as 12 skiet nie. Wat sou julle sê is nodig en wat is oorbodig?

Groete
Ernst

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Thu Sep 10, 2020 10:17 pm
by henk.spioenkop
Goeienaand, Henk van Zyl hier. Ek sou sê 8x vergroting, verkieslik 56mm voor.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Thu Sep 10, 2020 10:31 pm
by wlm
Ek skiet op X12

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Fri Sep 11, 2020 6:51 am
by Geno
Ek skiet meestal op 8x en 12x maar het ook al nodig gehad om op te gaan 20x toe om te identifiseer en te skiet op langer afstande.
Glas kwaliteit is krities. Ek sal eerder 'n ordentelike laer vergroting scope vat as 'n goedkoper hoë vergroting teleskoop.
Bonus is as jy n hoë vergroting kwaliteit teleskoop kan kry.
Jou skietlamp en filter as jy een gebruik moet ook reg wees sonder vuilheid en krappe. Hy moet ook reg gefokus wees. Dit gee jou maklik 200m verder sig in die nag.

Ek het tans en het gehad:
Zeiss Diavari 3-12×56 (verkoop, kruishaar was te dik na my sin. Fantastiese glas)
Swarovski Z5 5-25×52 (dagskiet en backup nagskiet. Redelike goeie glas)
March 2.5-25×52 (dagskiet en backup nagskiet. Great glas)
Swarovski DS 5-25× (dagskiet en primere nagskiet wanneer ek nie met thermal skiet nie. Glas dieselfde of dalk so klein raps bo die Z5)


Sent from my SM-G988B using Tapatalk


Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Fri Sep 11, 2020 7:09 am
by geelslang
Dankie Geno. Ek moet nou die keuse maak tussen 'n 4-16x50 S&B Klassik en Z5 5-25.

Sou jy sê die Z5 het die edge agv sy vergroting?

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Fri Sep 11, 2020 7:45 am
by Geno
More Ernst.
Ek vermoed die S&B kan dalk 'n raps beter glas he as die Z5, en die 4-16x vergroting sal heel voldoende wees.
Dit lyk na 'n bitter lekker scope vir allround gebruik ook nog.

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Fri Sep 11, 2020 8:13 am
by Malan123
+1 vir Geno se kommentaar. Ek dink nie jy sal verkeerd gaan met Z5 of S&B nie, maar die BT turret van die Z5 kan jou dalk 'n edge gee op die langer skote. Ek skiet 99.9% van die kere op 12 vergroting as ek nie thermal gebruik nie

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Fri Sep 11, 2020 8:22 am
by Lamtjop
Ek sou die S&B vat, baie van die 4-16 modelle het BDC turret, kyk net na sy kruis. Die nr8 varmint dot gaan te fyn wees vir n nagskiet scope. Die A7 of P3 gaan beter werk.

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Sat Sep 12, 2020 8:41 am
by projagter
Is die besige kruishare werklik van nut in die nag.

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Tue Sep 15, 2020 9:14 pm
by DvD
Die formule om jou max vergroting op enige scope uit te werk vir nag jag is om die voorste lens se diameter te neem, en deel dit deur 7, dan kry jou max vergroting vir nagjag. in jou geval is dit 7.14. hou dit op 7.

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Tue Sep 15, 2020 9:17 pm
by jankraay
8-12 is wat ek ook gebruik het maar nou ja ek gebruik 12 op 1000m ook so dit is maar wat ek ken.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Tue Sep 15, 2020 9:32 pm
by BeesBreet
projagter wrote:Is die besige kruishare werklik van nut in die nag.
Nee


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Wed Sep 16, 2020 9:36 am
by Malan123
DvD wrote: Tue Sep 15, 2020 9:14 pm Die formule om jou max vergroting op enige scope uit te werk vir nag jag is om die voorste lens se diameter te neem, en deel dit deur 7, dan kry jou max vergroting vir nagjag. in jou geval is dit 7.14. hou dit op 7.
Hier leer ek ook nog iets. Baie interessant. Verduidelik asb meer oor die rationale agter die formule?

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Wed Sep 16, 2020 11:16 am
by Tampie
Hallo Malan,

Ek dink DvD se stelling moet aangepas word na die optimale vergroting vir maksimum lig deurlaatbaarheid. 'n Mens met gesonde oë se pupil sal vergroot na 'n diameter van ongeveer 7mm in die donker kondisies wat mens gewoonlik ervaar met nagskiet.

Kom ons gebruik 'n 6.5-20x56 teleskoop as voorbeeld:

Indien jy die teleskoop op sy minimum (6.5) vergroting het en jy deel die "objective" (56) deur die vergroting dan kom jy op 'n "exit pupil" van 8.61. Dit beteken dat die beeld na jou oog oorgedra word oor 'n area met 'n diameter van ongeveer 8.61mm wat groter is as die teoretiese 7mm en jou pupil ontvang lig oor 'n groter oppervlak (lees meer lig) as wat hy kan deurlaat en verwerk. Dit kan 'n goeie ding wees maar 'n mens boet vergroting in vir dieselfde beeld kwaliteit...

Indien jy die teleskoop op sy maksimum (20) vergroting het en jy deel die "objective" (56) deur die vergroting dan kom jy op 'n "exit pupil" van 2.8. Dit beteken dat die beeld na jou oog oorgedra word oor 'n area met 'n diameter van ongeveer 2.8mm wat kleiner is as die teoretiese 7mm wat beteken dat jou oog die totale beeld moet verwerk met slegs 'n persentasie van sy werking (kapasiteit) wat die beeld kan laat verdof.

Dit is dan ook die rede hoekom die meeste tradisionele vaste vergroting Europese teleskope wat vir lae lig applikasies ontwerp is by 'n "exit pupil" van ongeveer 7mm uitkom bv: 6x42; 7x50; 8x56.

Hoop dit help.

Groete,
Martiens

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Wed Sep 16, 2020 11:45 am
by Lategan1
Uitstekend, dankie.

Interessant dat vaste vergroting steeds ‘n groot deel van die mark is.

Beste.

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Wed Sep 16, 2020 11:59 am
by Malan123
Hi Martiens

Baie dankie vir die inligting en die moeite om dit so netjies uit een te sit. Ek het nounet weereens besef hoe min ek eintlik weet! Bitter interessant.

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Wed Sep 16, 2020 12:04 pm
by Malan123
Net 'n side note. Ek wonder hoe die tube diamater hierdie sommetjie gaan beinvloed?

En dan natuurlik ook glas kwaliteit.

Ek weet dit is alles teorie en dat almal se oe verskil, maar die goed bly moer interessant.

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Wed Sep 16, 2020 12:18 pm
by Supacow
Tube het geen invloed volgens die geleerdes. Net meer verstelling. Objektief wel

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Wed Sep 16, 2020 12:24 pm
by Malan123
Ek verstaan dit ook so, maar dis alles relatief (my opinie). Soos ek se ek weet dit is teoreties, maar op die einde gaan dit oor persepsie?

Glas kwalitiet gaan seker ook 'n rol speel? Of slaan ek die bal nou heeltemaal mis?

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Wed Sep 16, 2020 12:51 pm
by Tampie
Glas kwaliteit speel absoluut 'n rol, veral in swak lig.

Groete,
Martiens

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Wed Sep 16, 2020 12:56 pm
by Malan123
Baie interessant. Nog nooit so daaroor gedink nie. Gewoonlik mik en druk ek maar :). Dankie Manne. Jammer vir die highjack

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Wed Sep 16, 2020 1:04 pm
by Gian_dP
Malan123 wrote:Ek verstaan dit ook so, maar dis alles relatief (my opinie). Soos ek se ek weet dit is teoreties, maar op die einde gaan dit oor persepsie?

Glas kwalitiet gaan seker ook 'n rol speel? Of slaan ek die bal nou heeltemaal mis?
Glaskwaliteit en coatings maak ook n verskil. Beste lense laat naby aan 100% beskibare lig deur. Laer kwaliteit lense sal minder lig deurlaat.

As jy in die aand skiet met 'n lig, is daar meer lig beskibaar as bv skemer in 'n Europese bos, so jy het genoeg lig om te skiet teen hoër vergroting. Jy kan dit prakties toets- neem karton en boor 4mm gat en 8mm gat. In daglig behoort jy goed deur beide te kan sien as jy karton teen jou oog hou. Teen skemer behoort jy dieselfde deur groot gat te sien as met blote oog, en minder detail deur klein gat. Beeld sal beter word as jy dan flits gebruik om meer lig te kry.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Wed Sep 16, 2020 11:10 pm
by geelslang
Ek het nou die S&B Klassik 3-12x50 P3L met ASV gekoop. Sal kom terugvoer gee na ek hom deur sy passies gesit het. Kan hom vergelyk met die Zeiss V4, Pst Gen 2 en verskeie leupolds wat almal hoë vergroting het.

Re: Nag jag scope: Maksimum vergroting

Posted: Fri Sep 18, 2020 8:27 pm
by DvD
Tampie wrote: Wed Sep 16, 2020 11:16 am Hallo Malan,

Ek dink DvD se stelling moet aangepas word na die optimale vergroting vir maksimum lig deurlaatbaarheid. 'n Mens met gesonde oë se pupil sal vergroot na 'n diameter van ongeveer 7mm in die donker kondisies wat mens gewoonlik ervaar met nagskiet.

Kom ons gebruik 'n 6.5-20x56 teleskoop as voorbeeld:

Indien jy die teleskoop op sy minimum (6.5) vergroting het en jy deel die "objective" (56) deur die vergroting dan kom jy op 'n "exit pupil" van 8.61. Dit beteken dat die beeld na jou oog oorgedra word oor 'n area met 'n diameter van ongeveer 8.61mm wat groter is as die teoretiese 7mm en jou pupil ontvang lig oor 'n groter oppervlak (lees meer lig) as wat hy kan deurlaat en verwerk. Dit kan 'n goeie ding wees maar 'n mens boet vergroting in vir dieselfde beeld kwaliteit...

Indien jy die teleskoop op sy maksimum (20) vergroting het en jy deel die "objective" (56) deur die vergroting dan kom jy op 'n "exit pupil" van 2.8. Dit beteken dat die beeld na jou oog oorgedra word oor 'n area met 'n diameter van ongeveer 2.8mm wat kleiner is as die teoretiese 7mm wat beteken dat jou oog die totale beeld moet verwerk met slegs 'n persentasie van sy werking (kapasiteit) wat die beeld kan laat verdof.

Dit is dan ook die rede hoekom die meeste tradisionele vaste vergroting Europese teleskope wat vir lae lig applikasies ontwerp is by 'n "exit pupil" van ongeveer 7mm uitkom bv: 6x42; 7x50; 8x56.

Hoop dit help.

Groete,
Martiens
Dis mos wat ek gese het ;D

Yep, ek was lank terug by een van die teleskoop vervaardigers en hulle gevra hoe hulle op die vaste versterkings op nag telleskope uitkom, bv 8 x 56 ens. en die pupil 7mm vergroting in die aand is aan my verduidelik. en van daar af pas ek dit nog altyd so toe en werk 100%.