Page 1 of 1

Defiance aksie cerakote

Posted: Tue Sep 08, 2020 8:24 pm
by Haasvel
Naand manne

Het iemand ondervinding met die effek van cerakoting op die toleransies van so aksie?

Is daar ander alternatiewe coatings wat meer prakties is?

Ek wil myne laat doen maar nie noodwendig enige iets meganies beinvloed nie.

Ek waardeer

Dankie

Sent from my SM-A530F using Tapatalk




Re: Defiance aksie cerakote

Posted: Thu Sep 10, 2020 4:25 pm
by Ralph Badenhorst
Is jou aksie swart melonite /nitride finish?

Of is hy silver?

Re: Defiance aksie cerakote

Posted: Thu Sep 10, 2020 4:31 pm
by Haasvel
Hi Ralph

Hy is silver SS.

Ek weet die ouens sĂȘ ou lol nie met die slot self nie. Veral met die tight aksies en as hy nie uit die boks gemelonite is nie

Wat is jou gevoel?

Sent from my SM-A530F using Tapatalk


Re: Defiance aksie cerakote

Posted: Thu Sep 10, 2020 4:43 pm
by Ralph Badenhorst
Ek moet se persoonlik hou ek nie daarvan om Cerakote op die bolt body gedeelte te sit nie. Die cerkote werk maar af en daardie stof vind altyd n pad na die sneller toe. Ek spuit gewoonlik slegs die handle en die aksie se buite oppervlakte . maar ek plak die raceways toe.

Ek het dit wel al gedoen op silver aksies en daar was nie probleme met slot/aksie pas nie. Ek dink ook defiance se toleransies is ook meer vrygewig omdat meeste van hulle aksie maar vir "tactical" roere gebruik word.

Dink BAT en Fatbolt aksies is n ander storie en sal moontlik in probleme ervaar met cerakote

Die melonite /nitride aksie vat nie cerakote so mooi nie , dit chip af want die nitride finish is ongelooflik hard en cerkote bak nie lekker aan dit nie.

Re: Defiance aksie cerakote

Posted: Thu Sep 10, 2020 8:53 pm
by Haasvel
Ek ook nie, het net oplossing gesoek om die blink bietjie te breuk. Beadblasting is seker opsie

Ek is nie van plan om aan die race ways te raak nie.

Dankie vir jou raad Ralph, waardeer

Sent from my SM-A530F using Tapatalk