Page 1 of 1

Loop vervang op Sako Forester L579

Posted: Sun Sep 06, 2020 5:44 pm
by Jacques.308
Naand manne het iemand al hulle dun loop op 'n sako Forester vervang met n medium palma tipe loop?

My vraag eintlik is kon julle die oorspronklike kolf maak werk met die dik loop of is daar nie genoeg vleis op hom om uit te werk vir die loop nie?

Groetnis

Sent from my SM-G960F using Tapatalk


Re: Loop vervang op Sako Forester L579

Posted: Sun Sep 06, 2020 6:33 pm
by wlm
Jaques
Die Sako-kolf het 'n redelike dun rand aan die bokant van die loopkanaal. Daar sal dus 'n redelike stuk van die van die Palma-loop bo die kanaal uitsteek. Die Sako-kolf is egter dik genoeg om rigied genoeg te wees na jy die loopkanaal vergroot het.

Re: Loop vervang op Sako Forester L579

Posted: Tue Sep 08, 2020 10:51 am
by Forester
Ek het 'n medium palma Bartlein loop op my L579 gesit - daar was nie genoeg vleis aan die kolf nie en het eerder 'n nuwe kolf laat bou.

Re: Loop vervang op Sako Forester L579

Posted: Tue Sep 08, 2020 1:02 pm
by Maroelas
Forester wrote: Tue Sep 08, 2020 10:51 am Ek het 'n medium palma Bartlein loop op my L579 gesit - daar was nie genoeg vleis aan die kolf nie en het eerder 'n nuwe kolf laat bou.
Hi Forester, hoe lank is jou loop en watter kaliber? My L579 (243win) se loop is moeg genoeg om vervang te word. Ek oorweeg om eenvoudig na 243AI te skuif.

Het jy oorweging geskenk aan hoe swaar die loop is en of die aksie die gewig sal kan hanteer?

Re: Loop vervang op Sako Forester L579

Posted: Tue Sep 08, 2020 1:20 pm
by Forester
Maroelas wrote: Tue Sep 08, 2020 1:02 pm
Forester wrote: Tue Sep 08, 2020 10:51 am Ek het 'n medium palma Bartlein loop op my L579 gesit - daar was nie genoeg vleis aan die kolf nie en het eerder 'n nuwe kolf laat bou.
Hi Forester, hoe lank is jou loop en watter kaliber? My L579 (243win) se loop is moeg genoeg om vervang te word. Ek oorweeg om eenvoudig na 243AI te skuif.

Het jy oorweging geskenk aan hoe swaar die loop is en of die aksie die gewig sal kan hanteer?
Myne is 'n 6XC met 'n 28" loop. Om eerlik te wees het ek op daardie stadium glad nie daaraan gedink of die aksie die gewig sal kan hanteer nie en dit was ook nie vir Terry Harrison 'n kwessie toe ek die bou met hom bespreek het nie. Sover is ek baie gelukkig met die geweer.

Re: Loop vervang op Sako Forester L579

Posted: Tue Sep 08, 2020 3:07 pm
by Dirkvh
Jacques.308 wrote: Sun Sep 06, 2020 5:44 pm Naand manne het iemand al hulle dun loop op 'n sako Forester vervang met n medium palma tipe loop?

My vraag eintlik is kon julle die oorspronklike kolf maak werk met die dik loop of is daar nie genoeg vleis op hom om uit te werk vir die loop nie?

Groetnis

Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Ek het 'n Sako Forrester 243 met L579 aksie en het 'n Howa BB laat opsit by oom Kevan Healy, baie mooi uitgekom. Die kolf se "rail" of rand bo is nou dunner, maar as dit nie 'n rowwe bakkie geweer is nie sal hy hou.

Re: Loop vervang op Sako Forester L579

Posted: Tue Sep 08, 2020 7:04 pm
by Jacques.308
Forester wrote:Ek het 'n medium palma Bartlein loop op my L579 gesit - daar was nie genoeg vleis aan die kolf nie en het eerder 'n nuwe kolf laat bou.
Hi Forester dankie, by wie het jy die kolf laat bou en mag ek vra wat dit gekos het? Sal jy dalk vir my fotos whatsapp na 084 869 4967

Dankie byvoorbaat

Sent from my SM-G960F using Tapatalk


Re: Loop vervang op Sako Forester L579

Posted: Tue Sep 08, 2020 7:05 pm
by Jacques.308
Dirkvh wrote:
Jacques.308 wrote: Sun Sep 06, 2020 5:44 pm Naand manne het iemand al hulle dun loop op 'n sako Forester vervang met n medium palma tipe loop?

My vraag eintlik is kon julle die oorspronklike kolf maak werk met die dik loop of is daar nie genoeg vleis op hom om uit te werk vir die loop nie?

Groetnis

Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Ek het 'n Sako Forrester 243 met L579 aksie en het 'n Howa BB laat opsit by oom Kevan Healy, baie mooi uitgekom. Die kolf se "rail" of rand bo is nou dunner, maar as dit nie 'n rowwe bakkie geweer is nie sal hy hou.
Hi Dirk dankie vir die terugvoer sal jy omgee om vir my n foto of 2 te stuur van die geweer. 084 869 4967

Dankie

Sent from my SM-G960F using Tapatalk


Re: Loop vervang op Sako Forester L579

Posted: Tue Sep 08, 2020 7:14 pm
by Maroelas
Pos eerder daardie foto's hier man! Ons wil ook sien!

Re: Loop vervang op Sako Forester L579

Posted: Tue Sep 08, 2020 7:29 pm
by Forester
Michael van MG Riflestocks het my kolf gebou, hy adverteer hier op die forum...

Re: Loop vervang op Sako Forester L579

Posted: Thu Sep 10, 2020 11:56 am
by Dirkvh
Soos gevraImageImageImage

Sent from my POT-LX1AF using Tapatalk


Re: Loop vervang op Sako Forester L579

Posted: Thu Sep 10, 2020 12:37 pm
by Capt. Yoda
Soos my X altyd gese het, moenie warrie nie hy sal pas
Die loop meet 1.25" agter vir die eerste 6 duim en eindig by n duim voor

Die is nou n A2 aksie maar is mos maar selle ding
Image

Stompe het daai selfde loop profile op sy howa en daar is nie pyn met die loop op die aksie nie, Trueworx het myne so raps onder die loop in gebed om te help met die gewig en hy skiet al te vraai so
Die oorspronklike kolf het wel nie gewerk met daai loop nie, ek dink die loop is agter dalk dukker as wat die kolfie was

Re: Loop vervang op Sako Forester L579

Posted: Fri Sep 11, 2020 3:12 am
by 243Songdaug
Die kort antwoord: ja jy sal kan. Vertrou jou smid, hy/sy sal dit mooi maak. Geniet hom