Page 1 of 1

Suurveld Gemsbokke.

Posted: Sat Aug 29, 2020 5:27 pm
by Myburgh Howa
Hallo almal ek gaan julle ñ bietjie vertel oor my jag.

ñ Oom het my genooi om twee gemsbokbulle te gaan skiet op sy plaas ,want hy wou twee nuwe bulle ingesit het en ons maak toe so. Net toe ons daar aangekom het klim ons op die bakkie en toe ry ons veld toe. Toe ons daar kom sien ons die bokke sommer gou-gou en ons skiet toe een. Ons gaan laai hom toe af by die slagplek en maak sy pens oop en ons gaan toe terug veld toe. Na so tydjie kry ons hom en ons skiet hom toe ook ,ons vat hom toe slagplek toe en begin om hom ook af teslag en sy pens oop te maak ,toe ons klaar was het ons hulle boud en blad gemaak en in die koelkamer gaan sit. Die volgende oggend het ons hulle gaan haal en dorp toe gebring.

Dankie vir almal wat gelees het.

Groete Myburgh.

Re: Suurveld Gemsbokke.

Posted: Sat Aug 29, 2020 8:27 pm
by tripodmvr
Baie geluk. Daardie 2de bok is 'n "oom". Hy het darem dik horings en 'n groot lyf. het julle die karkasse geweeg?

Re: Suurveld Gemsbokke.

Posted: Sun Aug 30, 2020 12:31 pm
by Myburgh Howa
Hallo oom ,ja oom ons het hulle geweeg.

1=85kg
2=101kg