Page 1 of 2
Barrel tuner
Posted: Sat Aug 29, 2020 4:39 pm
by afrikanerbloed
Middag almal.
Weet iemand dalk of daar iemand plaaslik is wat barrel tuners maak.
Ek het nou al na n paar "reviews"van Eric Cortina se EC tuner gekyk en dis iets wat my verskriklik fassineer.
Ek het juis n geweer wat n lae Es en Sd skiet maar groepe wil nie bymekaar kom soos ek graag wil he nie.{tpl was al oral}
As iemand vir my asb kan verduidelik hoe hulle werk sal ek dit waardeer.
Ek sal dit dan graag self wil probeer maak.
Dankie
Johan
Re: Barrel tuner
Posted: Sat Aug 29, 2020 5:22 pm
by LUAN
Het toevallig die gekry vandag. Hulle maak daai tuner en jou rests en al die dinge
info@manufuctures.co.za
Precision Manufactures
John Scholtz
Cell: 083 390 9289
Samantha Scholtz
Cell: 060 509 4752
Re: Barrel tuner
Posted: Sat Aug 29, 2020 8:31 pm
by tripodmvr
Die maklikste een om te pas is 'n rubberring wat styf oorpas en wat dan vorentoe en agtertoe geskuif kan word. Sulke ringe word vir die hang van uitlaatpype gemaak. Dit is seker die vinnigste manier om te sien of soiets jou geweer beter sal laat skiet.
Re: Barrel tuner
Posted: Sat Aug 29, 2020 10:22 pm
by Francoisv
Hallo Johan
Ek het 'n barrel tuner op my FTR 308 gesit en die resultaat was ongelooflik.
Ek het dit by Dawie vd Westhuizen van Kirkwood gekoop. Jy sal egter' n dikkerige kroon van ongeveer 22mm moet hê. Deur die barreltuner te stel verander jy die 'harmonics' van die loop. In my geval het ek met die tuner gelyk met die kroon begin en begin uit draai. Een smid het vir my gesê dat sekere kalibers tune jy voor die loop, maw deur die tuner verby die kroon te draai.
Leon Henrico maak asook
Bullet Central Africa.
2 daughters. Plenty guns.

Re: Barrel tuner
Posted: Sun Aug 30, 2020 7:14 am
by henk.spioenkop
n Dom vraag, maar as daai tuner die loop "tune", tune n silencer ook die loop?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Barrel tuner
Posted: Sun Aug 30, 2020 7:38 am
by tripodmvr
Heelwaarskynlik verander alle gewig wat voor by die loop aangedraai word die beweging van die loop en daarom die trefpunt en ook verspreiding van die koeëls soos dit uit die kroon kom. Alvorens iemand met baie gesofistikeerde apparaat die saak ondersoek is die verstelling 'n mogge troffe wat slegs eksperimenteel verkry kan word. Ondervinding is dus die wagwoord.
Ons het nou al gesien dat OBT die groepe verbeter, maar gelukkig kan hier formules gebruik word om te help. Die "tuners" is tans nog 'n "dark science"
Die video onder wys die gebruik van die rubber modelle.
[youtube]
https://www.google.com/url?sa=t&rct=j&q ... 3Zokgq3Q8O[/youtube]
Re: Barrel tuner
Posted: Sun Aug 30, 2020 9:38 am
by Dale SH
https://www.youtube.com/watch?v=Fsqqk1LXB6A
And another view on the topic.
Call me skeptical.
Re: Barrel tuner
Posted: Sun Aug 30, 2020 10:16 am
by Ritchie
Ek het een wat rondle as iemand hom by my wil oorvat en toets. Het hom gekoop en nooit getoets nie want ekt n mb opgesit. Gemaak deur n man in SA maar kan nou gladnie onthou wie dit was nie. Gemaak vir n 22mm loop. Hy gly net oor die loop. Kry nie nou die foto nie. Sal hom later gou weer onder die spotlight sit en n foto neem.
Groete
Re: Barrel tuner
Posted: Sun Aug 30, 2020 10:20 am
by Capt. Yoda
Ritchie laat weet asb ek stel belang. Ek moet net my kroon meet om seker te maak
Re: Barrel tuner
Posted: Sun Aug 30, 2020 10:22 am
by Ritchie
Ek maak so. Gaan hom net gou moet gaan soek

Re: Barrel tuner
Posted: Sun Aug 30, 2020 10:36 am
by tripodmvr
Howa Bull lope is 22mm.
Re: Barrel tuner
Posted: Sun Aug 30, 2020 2:01 pm
by afrikanerbloed
Kan iemand asb daar by YouTube loer na "Paul Reid full ec tune" en dit hier post.Dankie
Re: Barrel tuner
Posted: Sun Aug 30, 2020 2:04 pm
by afrikanerbloed
Damn
My loop is 19mm deursnee.
Ek sal graag die tuner met n MB wil gebruik.
Dankie vir almal se terug voer.
Johan
Re: Barrel tuner
Posted: Sun Aug 30, 2020 2:15 pm
by Dale SH
Re: Barrel tuner
Posted: Mon Aug 31, 2020 7:39 am
by toelie
Yes Manne
Ek het n tuner vir my gemaak en is besig om hom te toets nog, dit is nogals impressive om te sien hoe hy groepe verklein en as die harmonics verander dadelik vergroot.
Ek het hom op n 260 AI, 22-250, 243, .22lr, 30-06 al getoets. Gewere wat n moa skiet op 200m verklein hy na n stywe clover sonder veel moeite.
Myne skroef op jou skroef draad en stel vorentoe en lock met nylon grub screws. Sal laat weet wanneer ek hom weer toets.
Groete
Re: Barrel tuner
Posted: Mon Aug 31, 2020 11:12 am
by Ritchie
Ritchie wrote: Sun Aug 30, 2020 10:16 am
Ek het een wat rondle as iemand hom by my wil oorvat en toets. Het hom gekoop en nooit getoets nie want ekt n mb opgesit. Gemaak deur n man in SA maar kan nou gladnie onthou wie dit was nie. Gemaak vir n 22mm loop. Hy gly net oor die loop. Kry nie nou die foto nie. Sal hom later gou weer onder die spotlight sit en n foto neem.
Groete
Re: Barrel tuner
Posted: Thu Sep 03, 2020 8:34 pm
by afrikanerbloed
Naand almal.
Sal graag wil weet of die tuner n spesifieke gewig moet he.
My loop deursnee is 19mm so waarna kyk ons gram gewys.
Ander vraag ? Sal die tuner perfek silindries wees met gewig gesentraliseer of is hy "lobsided".Hoop ek het dit reg beskryf.
Dankie vir almal se insette.
Johan
Re: Barrel tuner
Posted: Thu Sep 03, 2020 9:46 pm
by tripodmvr
Probeer om so rubber ring te kry alvorens jy groot geld uitlê. Jy sien dat van die modelle alreeds weer in die mark is.
https://www.google.com/url?sa=t&rct=j&q ... 3Zokgq3Q8O
Re: Barrel tuner
Posted: Fri Sep 04, 2020 8:20 am
by CassellG
lol nie lank nie dan gaan ons silencers kry wat jy kan tune...
Re: Barrel tuner
Posted: Fri Sep 04, 2020 8:24 am
by Capt. Yoda
CassellG wrote: Fri Sep 04, 2020 8:20 am
lol nie lank nie dan gaan ons silencers kry wat jy kan tune...
https://karoooutdoor.com/collections/ne ... -silencers
Re: Barrel tuner
Posted: Fri Sep 04, 2020 1:12 pm
by Malan123
Ek het een van hierdie next level silencers. Werk vir my baie lekker. Ek het nog niks getune nie. Net opgeskroef en geskiet.
Re: Barrel tuner
Posted: Thu Sep 10, 2020 7:21 pm
by Francoisv
As enige iemand belangstel en wil oplees oor barrel tuners en posetiewe kompensasie soek gerus Geoffrey Kolbe op. Ek plaas 'n skakel onder. Ongelooflik om dit in praktyk te sien.
http://www.geoffrey-kolbe.com/articles/ ... barrel.htm
2 daughters. Plenty guns.
Re: Barrel tuner
Posted: Thu Sep 10, 2020 7:38 pm
by Heinds
toelie wrote:Yes Manne
Ek het n tuner vir my gemaak en is besig om hom te toets nog, dit is nogals impressive om te sien hoe hy groepe verklein en as die harmonics verander dadelik vergroot.
Ek het hom op n 260 AI, 22-250, 243, .22lr, 30-06 al getoets. Gewere wat n moa skiet op 200m verklein hy na n stywe clover sonder veel moeite.
Myne skroef op jou skroef draad en stel vorentoe en lock met nylon grub screws. Sal laat weet wanneer ek hom weer toets.
Groete
Maak jy om te verkoop?
Re: Barrel tuner
Posted: Thu Sep 10, 2020 8:51 pm
by afrikanerbloed
Toelie
As jy weer hier kom loer.
Ek het jou ge Pm maar weet nie of hulle deur gegaan het nie.
Dankie
Johan
Re: Barrel tuner
Posted: Fri Sep 11, 2020 8:38 am
by Blink Stefaans
sSal die skroefdraad van n knaldemper voldoende wees? die tuner sal dan sekerlik heelwat voor die kroon uit steek
Ekt n vriend wat so iets vir my sal kan draai.