Page 1 of 1

Jag in die Kalahari.

Posted: Fri Aug 28, 2020 12:54 pm
by Myburgh Howa
Hallo almal.

Laas Vrydag toe ek van die skool af gekom het is my pa besig om met die plaas voorman op die foon te praat. Net toe hy die foon neersit vra ek hom gaan ons jag en hy sê hy ja.Toe ons daar kom sê die oom vir ons die rooibokke kom gewoontlik laat middag in en ons dink ons gaan nou lekker deur die dag sit en wag vir die rooibokke. Die oom het net gery hier kom die rooibok en ek skiet hom daaityd is die jag verby en gelukkig sê my pa toe ons kan ñ springbok ook skiet en ek is toe bitter bly. Hy kom toe ook in en ek skiet hom mooi in sy hart. Die oom sê toe ons kan varke skiet en ons sit net so tydjie en hier kom ñ vark ek skiet hom toe ñ doodskoot. Daarna kom daar toe een in wat my pa wou skiet en hy doen dit toe en dit was die laaste ding wat ons geskiet het. Hiers ñ paar fotos.

Dankie vir almal wat gelees het.

Groete aan almal.

Re: Jag in die Kalahari.

Posted: Fri Aug 28, 2020 12:55 pm
by Myburgh Howa
.....

Re: Jag in die Kalahari.

Posted: Fri Aug 28, 2020 1:49 pm
by Daneel
Dankie vir die deel Myburg.
Lyk my pa is nou soos n helper en nie meer n jagter nie.
Dis altyd lekker om te sien hoe julle daar innie Kalahari aan gaan.

Re: Jag in die Kalahari.

Posted: Fri Aug 28, 2020 2:39 pm
by win270
Julle is twee ysters! Dankie vir die deel, Ben en Myburgh. Goed gedoen!

Re: Jag in die Kalahari.

Posted: Fri Aug 28, 2020 3:23 pm
by wynis
Mooi so manne. Dit lyk na interresante jag wêreld daai!


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Jag in die Kalahari.

Posted: Fri Aug 28, 2020 3:26 pm
by Plaashaas
Baie geluk jongman. Was ook weer hoog tyd dat jy iets skiet.