Page 1 of 1

Herlaai en geweer voorraad in geweer winkels.

Posted: Thu Aug 27, 2020 2:43 pm
by Bennie Bester
Middag Almal.
Ek soek raad by lede wat meer weet wat in die bedryf aangaan as ek. Hier is my vrae.
Kom daar nog nuwe gewere en herlaai toerusting na Suid Afrika?
Of koop ons maar net bestaande voorraad van die rakke af?
Groete
Bennie Bester.

Re: Herlaai en geweer voorraad in geweer winkels.

Posted: Thu Aug 27, 2020 3:16 pm
by Capt. Yoda
Die manne bring dit nog in. Daar is nou n baie groot shiment lapua, VV en Bergers oppad. Ek is seker daar kom Hornady en primers en Dies en al die lekker goed ook in. Ek sou se koop nou ma wat jy soek want ons gaan oor n jaar weer sukkel met komponenete

Re: Herlaai en geweer voorraad in geweer winkels.

Posted: Thu Aug 27, 2020 3:41 pm
by Lategan1
Ek het vanoggend twee winkels se haelgeweer patrone van my keuse leeg gekoop. Hul antwoord is, hul weet eenvoudig nie wat hulle wanneer gaan kry nie.

Ek ht Febr mnd bestelling vir 150gr 7mmRM vir vriend geplaas, nog geen Sako of Federal of ander premium jagpunte nie.

Dink ons herlaaiers is dalk tans van die meer gelukkiges.

Hou moed, die skip sal kom.

Beste.

Re: Herlaai en geweer voorraad in geweer winkels.

Posted: Thu Aug 27, 2020 4:05 pm
by Andre308
Ek glo die vooraad is oppad.

By my job club wag ons vir toeristing wat Maart maand al hier moes geland het met die skip. Die fabrieke anderkant die water sukkel al van Julie af om plek op n skip te kry om die goed te stuur en het eers laasweek reg gekom.

Ek kan dink dat die invoerders hier maar self sal sukkel met.daardie tipe reelings wat ons kruit en koele se invoer aan betref.

Re: Herlaai en geweer voorraad in geweer winkels.

Posted: Thu Aug 27, 2020 6:29 pm
by Hein M.
Bekommerd oor primers op lange duur. In die VSA sukkel reloaders ook…

Mooiloop!

Re: Herlaai en geweer voorraad in geweer winkels.

Posted: Thu Aug 27, 2020 8:00 pm
by JJV
Ek het youtube vid gesien waar hul sê daar word tot R8500 gevra vir 2000 primers!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Herlaai en geweer voorraad in geweer winkels.

Posted: Thu Aug 27, 2020 9:24 pm
by Bennie Bester
En gewere?

Re: Herlaai en geweer voorraad in geweer winkels.

Posted: Thu Aug 27, 2020 9:42 pm
by Lategan1
Wat se geweer soek jy Bennie, iets spesifieks?

Beste.

Re: Herlaai en geweer voorraad in geweer winkels.

Posted: Fri Aug 28, 2020 7:52 am
by Bennie Bester
Lategan, ek is op soek na n spesifieke geweer waarvan daar geen voorraad in die land beskikbaar is nie..
Browning A bolt II in 7mm Rem Mag. Daar was een by Outfitters 4Africa, maar hy is verkoop.
Daarom my vraag hoe die invoere oor die algemeen lyk. Daar is net n paar invoerders en n mens weet nie altyd wat agter die skerms aangaan nie.
Groetnis

Re: Herlaai en geweer voorraad in geweer winkels.

Posted: Fri Aug 28, 2020 8:10 am
by bush hat
My sente waarde...

As jy iets nou in die hande kan kry wat jy soek (en kan bekostig), stel ek voor jy koop !

Alles wat nou op die water is of oppad is, gaan 'n plaas se geld kos met ons ZAR koers teenoor die
USA dollar, Euro, Britse Pond, Yen, Ausie Dollar en ander geld eenhede !

Pryse gaan die hoogte inskiet !

My opinie...

Barry

Re: Herlaai en geweer voorraad in geweer winkels.

Posted: Fri Aug 28, 2020 8:29 am
by snakker
Bennie Bester wrote:Lategan, ek is op soek na n spesifieke geweer waarvan daar geen voorraad in die land beskikbaar is nie..
Browning A bolt II in 7mm Rem Mag. Daar was een by Outfitters 4Africa, maar hy is verkoop.
Daarom my vraag hoe die invoere oor die algemeen lyk. Daar is net n paar invoerders en n mens weet nie altyd wat agter die skerms aangaan nie.
Groetnis
Probeer Twinbore Technologies

Sent from my Redmi 7 using Tapatalk


Re: Herlaai en geweer voorraad in geweer winkels.

Posted: Fri Aug 28, 2020 8:46 am
by Lategan1
Bennie, sien Browning website. Skynbaar is die A-bld2 ‘discontinued’? Staan so geskryf op produkbladsy, dalk moet jy uitvind, of jy wag dalk ‘n ewigheid!!

Ek toevallig onlangs gekyk en staan steeds daar geskryf.

Beste.

Re: Herlaai en geweer voorraad in geweer winkels.

Posted: Fri Aug 28, 2020 6:20 pm
by Hein M.
bush hat wrote: Fri Aug 28, 2020 8:10 am My sente waarde...

As jy iets nou in die hande kan kry wat jy soek (en kan bekostig), stel ek voor jy koop !

Alles wat nou op die water is of oppad is, gaan 'n plaas se geld kos met ons ZAR koers teenoor die
USA dollar, Euro, Britse Pond, Yen, Ausie Dollar en ander geld eenhede !

Pryse gaan die hoogte inskiet !

My opinie...

Barry
Baie waar. Ons gaan almal binnekort met Suid-Afrikaanse punte skiet… Skiet word nou 'n eksklusiewe rykmanssport. Hartseer…

Mooi naweek!

Re: Herlaai en geweer voorraad in geweer winkels.

Posted: Sun Aug 30, 2020 5:05 pm
by Bennie Bester
Baie dankie Latergan.
Heeltemal bewus daarvan. Hulle is nog volop beskikbaar as nuwe gewere in Amerika. Sal ook na die X bolt kyk, maar hulle is baie duurder as die A bolt 2.
Ek kyk ook na tweedehands, maar nuut sal die prys vat. Het ook al gewonder of ek n geweer mag invoer, maar dit sal sekerlik n mynveld wees om deur te gaan.
Groetnis

Re: Herlaai en geweer voorraad in geweer winkels.

Posted: Sun Aug 30, 2020 5:29 pm
by Bennie Bester
Lategan ek sien dit is nie die A bolt II nie, maar A bolt III.
Groetnis

Re: Herlaai en geweer voorraad in geweer winkels.

Posted: Sun Aug 30, 2020 5:44 pm
by Lategan1
😄

Reg so, volg jou hart!

Beste.

Re: Herlaai en geweer voorraad in geweer winkels.

Posted: Mon Aug 31, 2020 9:30 pm
by Bennie Bester
Baie dankie vir die deel van julle menings. Ek wou nie spesifiek se wat ek soek nie, ek wou maar die water toets. Die lekkerte is dat ek gekry het wat ek gesoek het vir n baie billike prys.
Dankie Snakker vir die verwysing na Twinbore Agencies. Dit word opreg waardeer.
Jaracal bly maar tops!
Groete
Bennie Bester