Page 1 of 2

303 EPPS

Posted: Mon Aug 17, 2020 6:19 pm
by Baugust
Dagse...Ek will graag weet of EPPS 303 conversion die moete werd is....en waar dit gedoen kan word...Dankie
Groete
Bill

Sent from my SM-J410F using Tapatalk


Re: 303 EPPS

Posted: Mon Aug 17, 2020 6:26 pm
by Frederik
Ja jy maak die 303 amper 'm 30-06 mits jy van die roer hou hy nog akuraat is en dit sterk aksie het van p14.
Weet ongelukkig nie waar jy dit kan doen nie.

Re: 303 EPPS

Posted: Mon Aug 17, 2020 6:47 pm
by Baugust
Dankie.... my 303 Het P14 AksieImageImage

Sent from my SM-J410F using Tapatalk


Re: 303 EPPS

Posted: Mon Aug 17, 2020 7:05 pm
by andre007
Praat met Wieliewaps op die forum. Gerrie (ek dink) in Bloem doen die EPPS conversion. Elke sent werd - Hulle seg die .303 EPPS is 'the poor mans magnum";-)

Re: 303 EPPS

Posted: Mon Aug 17, 2020 7:15 pm
by Baugust
Dankie vardeer

Sent from my SM-J410F using Tapatalk


Re: 303 EPPS

Posted: Tue Aug 18, 2020 6:19 am
by Ds J
Met n P14-aksie kan dit n stoute speelding word.
Wikipedia gee die maksimum druk aan as 49 000 psi en 53 000 psi, en 60 000psi vir die 308.
As jy dus die dopvolume laat vergroot met 9%, en gebruik die hoër druk van 60 000psi, dan raak dit n perd met effe ander kleur. Die manne met Quickload of Strelock behoort vir jou n mooi sommetjie te kan maak, dan weet jy presies.

Re: 303 EPPS

Posted: Tue Aug 18, 2020 7:16 am
by Baugust
Dankbaar Ds J

Sent from my SM-J410F using Tapatalk


Re: 303 EPPS

Posted: Tue Aug 18, 2020 9:44 am
by Wouter Roets
Beste ding wat jy kan doen met daai roer. In hierdie formaat staan hy nie teug vir n 30-06 nie.

Re: 303 EPPS

Posted: Tue Aug 18, 2020 3:45 pm
by Nella
Daars wêl een nadeel.
Die standaard oor die toonbank beskikbare koeëls beskikbaar vir 303 is nie opgewasse vir die spoed wat n epps kan behaal nie.
Kriek en barnes is hier jou vriend.

Re: 303 EPPS

Posted: Tue Aug 18, 2020 3:51 pm
by Baugust
Baaie dankie vir al die terug voering..dankbaar

Sent from my SM-J410F using Tapatalk


Re: 303 EPPS

Posted: Tue Aug 18, 2020 6:25 pm
by Nella
As ek myself will "bederf" vat ek my Epps en gaan soek iets in die bos.
Ek het al n masiewe gemsbok bul op sy agterpote laat staan en bulk soos n bees voordat hy 5 meter verder oor sy eie voete in n stofwolk platval!
Sal daai dag nooit vergeet nie...en daar het ek gesien dat n epps met 215gr pitte baie kwaad is.
Ek geniet my epps baie.

Re: 303 EPPS

Posted: Tue Aug 18, 2020 9:14 pm
by Apie
215gr Claw uit ‘n Epps is blouwildebees bos medisyne!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 303 EPPS

Posted: Tue Aug 18, 2020 9:23 pm
by Wielie Waps
Gerrie Coetzee het my coversion gedoen en ek geniet hom baie. Hoop die link werk. https://youtu.be/uli4v_tqEaQ

Re: 303 EPPS

Posted: Wed Aug 19, 2020 9:20 am
by tripodmvr
Kevin Healy - Bloem Custom Rifles het ook blykbaar 'n ruimer.

Re: 303 EPPS

Posted: Wed Aug 19, 2020 8:13 pm
by Ferdi Bam
Teen watter spoed kan die Epps bv n 174gr of 215gr koëel skiet as hy so bietjie aangejaag word.

Groete

Ferdi Bam.

Re: 303 EPPS

Posted: Wed Aug 19, 2020 8:20 pm
by tripodmvr
Ek het 'n 180gr Norma koeël gebruik en S365. Hoogste node is by 2750vps - dit is 30-06 terrein. Dit is by 50K psi.

215gr Woodleigh teen 2550vps met baie veilige druk.

Re: 303 EPPS

Posted: Thu Aug 20, 2020 11:09 am
by Louis Kriel
Hallo Marius. Vinnige vragie. Ek het n no4mk2 Lee Enfield met n baie mooi loop. Kan ek hom laat Epps?

Re: 303 EPPS

Posted: Thu Aug 20, 2020 11:48 am
by Ds J
Louis Kriel wrote: Thu Aug 20, 2020 11:09 am Hallo Marius. Vinnige vragie. Ek het n no4mk2 Lee Enfield met n baie mooi loop. Kan ek hom laat Epps?
As ek mag antwoord: die Lee Enfield aksie is nie baie sterk nie, en sy sluitnokke sit agter op die slot.

Dit beteken dat jy slegs teen dieselfde drukke as die standaard 303 ammunisie kan skiet.

Die een voordeeltjie van die Epps-dop is dat hy nie soveel rek nie, maar dit geld in n mindere mate by die Enfield-aksie.

Ek sou ernstig aanraai dat jy die roer los soos hy is.

Re: 303 EPPS

Posted: Thu Aug 20, 2020 1:46 pm
by BenJacobs
Middag almal.
Het iemand dalk 'n foto van 'n Epps dop langs 'n gewone een? Ek vermoed my pa se 303 is 'n Epps. Hy het hom persent gekry. Sy doppe lyk heel anders as myne. Ek het nie nou 'n foto nie.
Groete Ben

Re: 303 EPPS

Posted: Thu Aug 20, 2020 2:13 pm
by Ds J
BenJacobs wrote: Thu Aug 20, 2020 1:46 pm Middag almal.
Het iemand dalk 'n foto van 'n Epps dop langs 'n gewone een? Ek vermoed my pa se 303 is 'n Epps. Hy het hom persent gekry. Sy doppe lyk heel anders as myne. Ek het nie nou 'n foto nie.
Groete Ben
Hy lyk omtrent soos n Ackley-dop.

Re: 303 EPPS

Posted: Thu Aug 20, 2020 2:16 pm
by Ds J

Re: 303 EPPS

Posted: Thu Aug 20, 2020 6:11 pm
by Nella
IMG-20200820-WA0031.jpeg

Re: 303 EPPS

Posted: Thu Aug 20, 2020 6:19 pm
by Nella
Hierdie draad het nou weer my lus vir die ouman laat opvlam..
Ek sit met n gedagte wat ek graag julle slim manne se opinie will op hê.
As ek vir my epps n 30 kaliber loop laat opsit en dan weer die kamer na n Epps toe sny.
Dan het ek mos n baie groter verskeidenheid koeëls wat ek op hom kan laai.
Ek is seker my standaard matryse gaan nog werk .

Re: 303 EPPS

Posted: Thu Aug 20, 2020 6:29 pm
by Frederik
Nella, seker so maar gaan die moeite nie dieselfde kos soos 'n 30-06 howa nie?
Goedkoper om dalk met Kriek te gesels om jou custom koeels te maak vir jou Epps dink ek.

Re: 303 EPPS

Posted: Thu Aug 20, 2020 6:56 pm
by ThinusS
Nella, die .300 Adrian, 'n trots Suid Afrikaanse willekat, is basies dieselfde as wat jy voorstel. 'n .303 dop, uitgeblaas en afgenek na .308" kaliber.

En ja, Frederik is reg.