Page 1 of 1
Swartrug Jakkals - roep klanke - waar op forum?
Posted: Thu Aug 13, 2020 7:33 am
by FHM
Dagse maters, ek was bietjie stil afgelope 3 maande - 'tranesport' broers...tranesport het my besig gehou.
Manne hier is n ou oom wat vreeslik swartrugjakke op die plaas het en hy het my gevra om te kom kyk of ek bietjie kan uitdun onder hulle.
Ek was gister na-middag gou daar en toe gaan ry ons so vinnig n draai dat die ouman my wys waar hy reken die beste voorsit plekke is. Die jakke loop sommer helder oordag in die grondpaadjies en voorbrande. Nog glad nie 'skelm' nie.
Ek wil more uitry en gaan voorsit en ek het gedink om n paar klanke saam te neem en sommer oor die bakkie se speakers te speel - net om te kyk wat gaan gebeur.
Is hier n plek op die werf, of ander 'link' waar ek so paar klanke wat vir Swartrugjakke bedoel is, kan aflaai op n USB ?
Re: Swartrug Jakkals - roep klanke - waar op forum?
Posted: Thu Aug 13, 2020 7:49 am
by Heinz Petersen
Kontak vir Albie "Jaktrap" hier op Jaracal. Hy en Taffie sit baie ure in om klanke op te neem en koop by hom n CD.
Ondersteun die manne wat baie tyd insit om dit moontlik te maak.
Re: Swartrug Jakkals - roep klanke - waar op forum?
Posted: Thu Aug 13, 2020 8:17 am
by FHM
Dankie Heinz
Re: Swartrug Jakkals - roep klanke - waar op forum?
Posted: Thu Aug 13, 2020 8:52 am
by prohunt
FHM wrote: Thu Aug 13, 2020 7:33 am
Dagse maters, ek was bietjie stil afgelope 3 maande - 'tranesport' broers...tranesport het my besig gehou.
Manne hier is n ou oom wat vreeslik swartrugjakke op die plaas het en hy het my gevra om te kom kyk of ek bietjie kan uitdun onder hulle.
Ek was gister na-middag gou daar en toe gaan ry ons so vinnig n draai dat die ouman my wys waar hy reken die beste voorsit plekke is. Die jakke loop sommer helder oordag in die grondpaadjies en voorbrande.
Nog glad nie 'skelm' nie.
Ek wil more uitry en gaan voorsit en ek het gedink om n paar klanke saam te neem en sommer oor die bakkie se speakers te speel - net om te kyk wat gaan gebeur.
Is hier n plek op die werf, of ander 'link' waar ek so paar klanke wat vir Swartrugjakke bedoel is, kan aflaai op n USB ?
Hi FHM. Miskien moet jy net weer heroorweeg. Plekke waar jakkalse nog "dom" is, is baie skaars. Ek sou dus eerder baie goed voorberei het en nie iets doen wat sommer reg aan die begin die potensiaal het om 'n klomp skelm en slim te maak nie.
Groetnis en seën
Johan
Re: Swartrug Jakkals - roep klanke - waar op forum?
Posted: Thu Aug 13, 2020 9:14 am
by Armand Steenkamp
Ek stem 100% saam met Johan... As n jakkals eers loop slim raak het kos dit jou ongelooflik baoe om hom vrek te kry. Meeste van die tyd moet jy vir vader tyd wag! Waar is die plaas gelee? Daar is heelpaar manne wat die jakkals jag storie goed verstaan in nam. Kontak dalk vir Francois Marais.
Groetnis
Re: Swartrug Jakkals - roep klanke - waar op forum?
Posted: Thu Aug 13, 2020 9:23 am
by Eduard Venter
Goeie raad hier bo. Ek het nie na daai raad geluister toe ek jonger was nie en dit het my baie duisende rande gekos om eventueel die skelm jakkalse dood te kry. Die laaste een lewe nou nog.
Nietemin klanke kan gekoop word op die Jaracal aanlyn winkel. Oom Hein het regtig goeie klanke wat al hordes jakkalse uitoorlê het:
https://www.jaracal.net/6-roepklanke-calls
Sent from my SM-A520F using Tapatalk