Page 1 of 7
Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Tue Aug 11, 2020 5:32 pm
by Nico Harris
Ek het gesien op die rhino topic daar is baie van ons wat hou van koeëls uitgrawe, van uit diere sand walle ens. Dalk n topic waar ons koeëls wat herwin is kan plaas. Ek gaan n formaat hier plaas dan probeer ons by dit hou sover moontlik.
Koeël vervaardigger:
Koeël kaliber:
Koeël gewig:
Impak snelheid:
Gewig retensie:
Persentasie retensie:
Herwin uit:
Diepte van penatrasie:
Foto:
Laat weeg maar wat julle dink.
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Tue Aug 11, 2020 5:38 pm
by Nico Harris
Hier is n voorbeeld-
Koeël vervaardigger: Barnes x
Koeël kaliber: .224
Koeël gewig: 55gr Barnes tipped trippleshock
Impak snelheid: 2679ft/s
Gewig retensie:46.2gr
Persentasie retensie:84%
Herwin uit: rietbok ram
Diepte van penatrasie: 35cm, skouer gebreuk, rugwerwel gerbreuk en ver skouer gebreuk.
Foto:
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Tue Aug 11, 2020 8:08 pm
by Mellies
Koeël vervaardiger: Nosler Accubond en BT
Koeël kaliber: 308 en 300WM
Koeël 180gr
Impak snelheid:
Gewig retensie: 148, 121 en 76
Persentasie retensie: 82, 67 en 42%
Herwin uit: Eland en Kudubul
Diepte van penetrasie: Breedte van bors - blad tot blad.
Eerste Accubond uit Elandbul. 300m met 308.
Laaste twee, Accubond en BT, uit Kudubul met 300WM.
Met n vleisie...
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Tue Aug 11, 2020 8:26 pm
by Mellies
Koeël vervaardiger: Hornady Interbond
Koeël kaliber: 270 Win
Koeël 130gr
Impak snelheid:
Gewig retensie: 108 en 119gr
Persentasie retensie: 79 en 91%
Herwin uit: Barbary Sheep en Blouwilledingkoei
Diepte van penetrasie: Breedte van bors - blad tot
Met n vleisie...
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Wed Aug 12, 2020 10:42 am
by Morkel
Mellies wrote:Koeël vervaardiger: Hornady Interbond
Koeël kaliber: 270 Win
Koeël 130gr
Impak snelheid:
Gewig retensie: 108 en 119gr
Persentasie retensie: 79 en 91%
Herwin uit: Barbary Sheep en Blouwilledingkoei
Diepte van penetrasie: Breedte van bors - blad tot
Met n vleisie...
Kan dit nie glo nie, jy het n 270 wow!!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Wed Aug 12, 2020 11:49 am
by THOMAST
Mellies wrote: Tue Aug 11, 2020 8:26 pm
Koeël vervaardiger: Hornady Interbond
Koeël kaliber: 270 Win
Koeël 130gr
Impak snelheid:
Gewig retensie: 108 en 119gr
Persentasie retensie: 79 en 91%
Herwin uit: Barbary Sheep en Blouwilledingkoei
Diepte van penetrasie: Breedte van bors - blad tot
Met n vleisie...
Mellies, hoe ver het die diere gestaan?
Weet jy wat jou spoed by die kroon is?
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Wed Aug 12, 2020 12:27 pm
by Mellies
THOMAST wrote: Wed Aug 12, 2020 11:49 am
Mellies wrote: Tue Aug 11, 2020 8:26 pm
Koeël vervaardiger: Hornady Interbond
Koeël kaliber: 270 Win
Koeël 130gr
Impak snelheid:
Gewig retensie: 108 en 119gr
Persentasie retensie: 79 en 91%
Herwin uit: Barbary Sheep en Blouwilledingkoei
Diepte van penetrasie: Breedte van bors - blad tot
Met n vleisie...
Mellies, hoe ver het die diere gestaan?
Weet jy wat jou spoed by die kroon is?
Thomas daai was n klompie jare gelede. My 270 altyd so by 3020voete geskiet.
Beide daai skote was op die verste 250m.
Met n vleisie...
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Wed Aug 12, 2020 1:22 pm
by Morkel
Mellies wrote:THOMAST wrote: Wed Aug 12, 2020 11:49 am

En da se die man dit self, klomp jare gelede, toe kry hy wysheid en staan daai geweer en lyk mooi.
Dis n groot wonder jy kon die patrone kry, gewoonlik is daai gedeelte van die bok weg geskiet - @ >3000f/sec
Miellies jy skiet nou 30-0kwes?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Wed Aug 12, 2020 2:24 pm
by THOMAST
Mellies wrote: Wed Aug 12, 2020 12:27 pm
Thomas daai was n klompie jare gelede. My 270 altyd so by 3020voete geskiet.
Beide daai skote was op die verste 250m.
Met n vleisie...
So jou impakspoed op 250m is net onder 2500 fps gewees
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Wed Aug 12, 2020 3:56 pm
by Mellies
THOMAST wrote: Wed Aug 12, 2020 2:24 pm
Mellies wrote: Wed Aug 12, 2020 12:27 pm
Thomas daai was n klompie jare gelede. My 270 altyd so by 3020voete geskiet.
Beide daai skote was op die verste 250m.
Met n vleisie...
So jou impakspoed op 250m is net onder 2500 fps gewees
Daai klink reg. 2400voete is seker ook nie vêr verkeerd nie...
Met `n vleisie...
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Wed Aug 12, 2020 4:08 pm
by Mellies
Blazer wrote: Wed Aug 12, 2020 1:22 pm
Mellies wrote:THOMAST wrote: Wed Aug 12, 2020 11:49 am
Mellies, hoe ver het die diere gestaan?
Weet jy wat jou spoed by die kroon is?
Thomas daai was n klompie jare gelede. My 270 altyd so by 3020voete geskiet.
Beide daai skote was op die verste 250m.
Met n vleisie...
En da se die man dit self, klomp jare gelede, toe kry hy wysheid en staan daai geweer en lyk mooi.
Dis n groot wonder jy kon die patrone kry, gewoonlik is daai gedeelte van die bok weg geskiet - @ >3000f/sec
Miellies jy skiet nou 30-0kwes?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Mellies en wysheid kan nie in dieselfde sin gebruik word nie...ek is maar een van die dom ouens.
Ek wag vir `n nuwe 06 se liksens. Daarna sal ek meer met `n 06 jag. `n 270 kan baie doen wat `n 30-06 nie kan nie en ook
vice versa...
Spoed = vleisskade, ongeag kaliber. Vleisskade kan wel (probeer) beperk word d.m.v. skootplasing en/of koeëlkonstruksie.
Met `n vleisie...
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Wed Aug 12, 2020 8:42 pm
by Nico de Jager
375 H&H 270gr TSX @ 2600fps
Blouwildebees bul effens quartering to op 135m.
100% gewigretensie.
Ongeveer n meter penetrasie.
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Wed Aug 12, 2020 9:17 pm
by Nella
IMG-20200708-WA0014.jpeg
Barnes 30cal 150gr.
Tromp snelheid 2790fps
Blouwildebees van voor in die bors tot ander kant net onder die vel teen die boud.
Omtrent 130m skoot.
Het nog n blouwildebees geskiet maar nader so 40m sal soek vir die punt maar lyk identies.
As jy een barnes gesien het oopmaak het jy basies almal gesien...behalwe as hy pedals afgebreek het.
Gewig retensie 100%
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Thu Aug 13, 2020 6:10 pm
by Nella
IMG-20200813-WA0019.jpeg
Hiers die ander bloue se koeël..
Selfde storie as bo...
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Fri Aug 14, 2020 11:28 am
by dehacked
223 73gr Eldm
Springbok onder 50m van voor in die nek. Die stukkie op die fotos in die vleis aan die agter kant van die nek gekry.
'n Ander Springbok was op 100m net net op die borsbeen agter sy voorbeen getref. Hy het plank dwars gestaan. Die koeël het vragmenteer en die bok het 100m verder gelê. Beide kere was ek nie die skut nie. Ek het een kop skoot geskiet en skade was minder as vmax maar meer as 52smk. Hierdie koeël is vir my 'n goeie balans tussen skade en bc.
Skat loop spoed op so 2850fps.

Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Thu May 06, 2021 8:14 am
by Ockert1992
Môre julle,
Sommer my ervaring en terugvoer oor 338 koele:
20210505_222026.jpg
Hornady ELDX(Heel links)
Koeël vervaardiger: Hornady ELDX
Koeël kaliber: 338WM
Koeël 230gr
Impak snelheid: Trompsnelheid is 2800fps
Gewig retensie: 54.6gr
Persentasie retensie: 24%
Herwin uit: Gemsbok Bul(Quartering away op ribbes geskiet 200m)
Diepte van penetrasie: Hierdie is die enigste stukkie wat ander kantste blad gehaal het.
Swift Scirocco 210gr(1,2,3,4)
Koeël vervaardiger: Swift Scirocco
Koeël kaliber: 338WM
Koeël 210gr
Impak snelheid: Trompsnelheid is 2800fps
Gewig retensie: 125.3gr, 190gr, 203,3gr, 203,5gr
Persentasie retensie: 60%, 91%, 97%, 97%
Herwin uit: 1 - Vlakvark 40m, 2 - BWB 200m, 3 BWB 287m, 4 Gemsbok 250m
Diepte van penetrasie: 1 - Deur tand tot in oorkanste blad, 2 & 3 Blad tot Blad, 4 Quartering To Deur Blad en op oorkantste rib gekry onder vel.
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Thu May 06, 2021 9:41 am
by Lategan1
Hlo Ockert
Bietjie onduidelik wat jy hiermee bedoel, waar is die res, binnekant en aan flarde? Sal graag wil hoor hoe lyk die gat in/deur die bok.
ELD-X:
“Diepte van penetrasie: Hierdie is die enigste stukkie wat ander kantste blad gehaal het.”
Ek het beslis soortgelyke ervaring met hierdie koeëls op soortgelyke afstande as jy. MV @ 2930vps.
Het hieroor gepos verlede jaar, gaan nie nou eers herhaal nie. Het min/geen soortgelyke terugvoering op Jaracal gekry, dalk het min jagters hier al werklike ervaring onder 400m met hierdie koeëls. My uitdaging is om Springbok op verder as 300m te skiet en dan te evalueer hoe lyk skade vir ingeligte besluit. Een van jagartikels - Andre...? - het ook daarna verwys.
Totdat die teendeel bewys word, in ag genome ‘n laer MV as my 2930vps, beskou ek nie hierdie koeël as werklik geskik vir onder 300m nie. Hopelik kan ek of ander hierdie jaar terugvoering help gee oor afstande 250-400m. Hornady noem dit hul jagpunt 0-400m. Jou MV @2800 met swak retensie, is veelseggend, ek gehoop dit is dalk ‘n beter MV vir hierdie spesifieke koeël. Dankie vir terugvoer.
My een Springbok: 5kg bloedvleis uitgegooi op 21kg karkas, met perfekte blad/hart skoot plankdwars op 220m.
Hoop ek kan self hierdie jaar ook beter terugvoer gee.
Beste.
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Thu May 06, 2021 10:02 am
by Ockert1992
Lategan1 wrote: Thu May 06, 2021 9:41 am
Hlo Ockert
Bietjie onduidelik wat jy hiermee bedoel, waar is die res, binnekant en aan flarde? Sal graag wil hoor hoe lyk die gat in/deur die bok.
ELD-X:
“Diepte van penetrasie: Hierdie is die enigste stukkie wat ander kantste blad gehaal het.”
Ek het beslis soortgelyke ervaring met hierdie koeëls op soortgelyke afstande as jy. MV @ 2930vps.
Het hieroor gepos verlede jaar, gaan nie nou eers herhaal nie. Het min/geen soortgelyke terugvoering op Jaracal gekry, dalk het min jagters hier al werklike ervaring onder 400m met hierdie koeëls. My uitdaging is om Springbok op verder as 300m te skiet en dan te evalueer hoe lyk skade vir ingeligte besluit. Een van jagartikels - Andre...? - het ook daarna verwys.
Totdat die teendeel bewys word, in ag genome ‘n laer MV as my 2930vps, beskou ek nie hierdie koeël as werklik geskik vir onder 300m nie. Hopelik kan ek of ander hierdie jaar terugvoering help gee oor afstande 250-400m. Hornady noem dit hul jagpunt 0-400m. Jou MV @2800 met swak retensie, is veelseggend, ek gehoop dit is dalk ‘n beter MV vir hierdie spesifieke koeël. Dankie vir terugvoer.
My een Springbok: 5kg bloedvleis uitgegooi op 21kg karkas, met perfekte bladskoot op 220m.
Hoop ek kan self hierdie jaar ook beter terugvoer gee.
Beste.
Môre Lategan,
Ek het die gemsbok quartering away geskiet. So basies 3de rib agter die blad na die ander blad. Mooi normale ingangs wond gehad(een rib gebreuk). Res van koeël en mantel kon glad nie opgespoor word nie. Daardie is al stuk wat die ander blad van bok bereik het en hy was seker maar 1 cm in daardie blad in. Ek het basies geen vleis skade gehad nie. Long was wel flenters geskiet. Volgens my lyk dit of ELDx op rib disintegreer het. Ek het beter verwag.
Ek het selfs laas jaar baie beter prestasie met 'n 6.5 120gr eldm op 'n soortgelyke skoot op 'n jong kudu bul gekry. +/- 55gr jacket is onder vel in oorkanste blad gekry.
Groete
Ockert
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Thu May 06, 2021 10:04 am
by J le Roux
Koeël vervaardigger: Sierra Gameking SBT
Koeël kaliber: .30
Koeël gewig: 165gr
Impak snelheid: 2251fps (op 140yrd, 2776 trompsnelheid)
Gewig retensie: 140gr
Persentasie retensie: 85%
Herwin uit: Rietbok
Diepte van penatrasie:90cm
Foto:
SGK 165 SBT.jpg
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Thu May 06, 2021 10:11 am
by Lategan1
Johan, ek jou foto reg sien, lyk na mooi bymekaar gehou.
Glad nie op enige skote uit my 7mmRM met die Eld-x nie, ongeag skootplasing en of afstand tot 220m. Daarom ek resultate najaag op 250-400m.
Beste.
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Thu May 06, 2021 10:38 am
by J le Roux
Ek was self verbaas Lategan. Ek het hulle juis gelaai vir vlaktejag vêr skote, maar n Rietbok is mos 'n ander dier, hy kruip weg tot jy op hom is.
Die Gamekings het hul werk gedoen: 2 springbokke, Rietbok, blesbok en swb.
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Sat May 15, 2021 3:15 pm
by Lategan1
Nico, gedagte.
Ek lees nou weer jou oorspronklike pos en jou formaat voorstel. Dit is so dat goeie inligting opgesluit lê in die wedersydse gesprekke, maar kan dalk jou oogmerk met ‘n goeie onderwerp, bedwelm. As jy wil skoonmaak volgens jou goeddunke, kan mens verstaan.
Beste.
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Sat May 15, 2021 7:37 pm
by ThinusS
Ockert1992 wrote: Thu May 06, 2021 10:02 am
Lategan1 wrote: Thu May 06, 2021 9:41 am
Hlo Ockert
Bietjie onduidelik wat jy hiermee bedoel, waar is die res, binnekant en aan flarde? Sal graag wil hoor hoe lyk die gat in/deur die bok.
ELD-X:
“Diepte van penetrasie: Hierdie is die enigste stukkie wat ander kantste blad gehaal het.”
Ek het beslis soortgelyke ervaring met hierdie koeëls op soortgelyke afstande as jy. MV @ 2930vps.
Het hieroor gepos verlede jaar, gaan nie nou eers herhaal nie. Het min/geen soortgelyke terugvoering op Jaracal gekry, dalk het min jagters hier al werklike ervaring onder 400m met hierdie koeëls. My uitdaging is om Springbok op verder as 300m te skiet en dan te evalueer hoe lyk skade vir ingeligte besluit. Een van jagartikels - Andre...? - het ook daarna verwys.
Totdat die teendeel bewys word, in ag genome ‘n laer MV as my 2930vps, beskou ek nie hierdie koeël as werklik geskik vir onder 300m nie. Hopelik kan ek of ander hierdie jaar terugvoering help gee oor afstande 250-400m. Hornady noem dit hul jagpunt 0-400m. Jou MV @2800 met swak retensie, is veelseggend, ek gehoop dit is dalk ‘n beter MV vir hierdie spesifieke koeël. Dankie vir terugvoer.
My een Springbok: 5kg bloedvleis uitgegooi op 21kg karkas, met perfekte bladskoot op 220m.
Hoop ek kan self hierdie jaar ook beter terugvoer gee.
Beste.
Môre Lategan,
Ek het die gemsbok quartering away geskiet. So basies 3de rib agter die blad na die ander blad. Mooi normale ingangs wond gehad(een rib gebreuk). Res van koeël en mantel kon glad nie opgespoor word nie. Daardie is al stuk wat die ander blad van bok bereik het en hy was seker maar 1 cm in daardie blad in. Ek het basies geen vleis skade gehad nie. Long was wel flenters geskiet. Volgens my lyk dit of ELDx op rib disintegreer het. Ek het beter verwag.
Ek het selfs laas jaar baie beter prestasie met 'n 6.5 120gr eldm op 'n soortgelyke skoot op 'n jong kudu bul gekry. +/- 55gr jacket is onder vel in oorkanste blad gekry.
Groete
Ockert
My ervaring met die ELD-x.
https://bigwatersafaris.com/blog/2019/0 ... ady-eld-x/
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Sat May 15, 2021 7:58 pm
by tripodmvr
Met dit wat Thinus daar gewys het kies ek loshande 'n mono. Die GMX, Barnes en die plaaslike gedraaide monos gee nie die vleisskade, al loop die koeël teen wit lig se spoed.
Re: Koeël prestasie/ Bullet performance
Posted: Mon May 17, 2021 8:52 am
by Wouter Roets
Thinus
Mooi opgesom daar. Dis eenvoudig gebruik koeels waarvoor hulle vervaardig is. Moet nie iets probeer maak wat hy nie is nie.
Groetnis
Wouter