Page 1 of 50
Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Aug 10, 2020 3:59 pm
by Hennie van der Merwe
Hi almal,
Het Vrydag my nuwe lisensie aansoek ingedien by Hatfield SAPS.
Kotie daar sê my dat ek moet regmaak vir 'n 12 maande wag agv agterstand in aansoeke. Blykbaar is baie lede gesekondeer na padblokkades vir COVID-19.
Daar het julle dit.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Aug 10, 2020 4:03 pm
by savage(P Coetzer)
Kots ek in mond.....
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Aug 10, 2020 4:35 pm
by Malan123
Ja dis korrek. Ek wag al van begin Feb af. Ouens by die callcentre weet self nie wat aangaan nie. I.p.v. agterstand opvang, gebruik hulle die virus om nog verder agter te raak.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Aug 10, 2020 4:52 pm
by Koos Barnard
Dit lyk my dit hang maar van baie omstandighede af hoe lank dinge neem. My aansoek is op 14 Januarie ingedien en op 19 Junie goedgekeur. Ek het op 4 Aug 'n oproep van die polisiekantoor ontvang om te sê ek kan my kaartjie kom afhaal. Dit nadat daar eers vir my gesê is ek sal my kaartjie in Okt of selfs eers in Nov kry.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Aug 10, 2020 5:02 pm
by Arnold
Dinge beweeg definitief. Ek het aansoeke die week voor lockdown ingegee en hulle het al tot by licensing (CFR) gevorder.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Aug 10, 2020 6:00 pm
by jdpretorius
Het begin Mei ingedien en is 30 Julie by provinsiale DFO goedgekeur, lê ook nou by CFR
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Aug 10, 2020 7:10 pm
by LouisR
My aansoek 9 Jan ingedien, gelê vanaf 23 Maart by oorweging, laasweek oproep gekry kaartjie kan afgehaal word by Silverton.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Aug 10, 2020 7:12 pm
by Ritchie
My aansoek n maand terug ingedien en hy is nog nie eers deur my lokale DFO gerigistreer nie.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Aug 10, 2020 7:23 pm
by Malan123
Ek wonder partymaal hoe die goed werk. 6 Maart by CFR en nog nie beweeg nie. Nog nie eers in for consideration nie
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Aug 11, 2020 9:09 am
by Dirk777
Iemand wat ek ken: In by DFO, Middel Jan. 2020; By CFR Middel Feb. 2020; 20 Julie "In for Consideration" ; Goed gekeur Begin Aug. 2020.... wag nou vir die druk van kaart. (7 maande in) Ek het self nou 'n hernuwing aansoek in, so week terug by DFO. Sal julle op hoogte hou.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Aug 11, 2020 9:20 am
by Hennie van der Merwe
Die rede vir die agterstand is dat polisie lede, wat normaalweg getaak was met admin mbt lisensies, nou heraangewend word by padblokkades ens vir COVID redes, hoe mal dit ookal is.
Jy kan nie aansoeke wat ingedien is voor lockdown vergelyk met aansoeke wat ingedien is tydens lockdown nie.
Om van 7 maande (sien Dirk777 hierbo)die tydperk te rek na 12 maande is glad nie vergesog nie.
In alle geval: tyd sal leer.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Aug 11, 2020 9:59 am
by afrikanerbloed
Wie se dinge beweeg nie……
Vandag gehoor dat my Ar se appel afgekeur is na 343 werks dae in die sisteem,covid uitgesluit.
Vuurwapen gekoop in 2017 ,afgekeur en appel 4 dae later ingehandig in 2018,vandag eers andwoord gekry.
Ek het n nuwe aansoek 2 weke voor lockdown ingehandig en hy is nou nog nie eers by my dfo weg nie.
Vul in julle eie vloek woorde……………,...…….,...…….
Johan
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Aug 11, 2020 11:58 am
by Klein Chris
Jammer vir die "hijack" maar wonder hieroor
Mag jy rak ammunisie of kruit of slag doppies koop met n lisensie wat verval het maar die hernuwings aansoek betyds ingedien is? Of anders gestel sal handelaars dit aan mens verkoop?
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Aug 11, 2020 1:01 pm
by Mellies
Self besig met n persoonlike beste. Eerste week in Maart n nuwe aansoek ingegee. Nou twee maande by CFR sonder vordering.
Behoort darem naby Xmas goeie nuus te kry...
Met n vleisie...
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Aug 11, 2020 1:18 pm
by NicoO
Ek het ook nuwe aansoek ingedien 13 Maart, vandag 103 werksdae.. le vanaf die 18de Junie by Recieved at licensing.. lyk my dit is waar alles tot stilstand kom. Emails en oproepe werk nie! Bly kalm en wag is nie vir my uitgedeel nie


Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Aug 11, 2020 1:53 pm
by saswart
Ingedien 6 Desember 2019, goedgekeur 8 Junie. Wag nog vir lisensie.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Aug 11, 2020 2:50 pm
by Klein Chris
Mellies wrote: Tue Aug 11, 2020 1:01 pm
Self besig met n persoonlike beste.
Sit nou en lag hieroor
Persoonlike beste was 22 maande. Nie n goeie ding gewees om geweer te koop maand of 2 na egskeiding nie. Die vroue sersant se oë het omtrent gerêk
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Aug 11, 2020 5:39 pm
by M98mauser
kom ek maak julle naar ! vriend in Namibia 10 dae is hy met sy geweer tuis. hy wag nou vir dies!!!
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Aug 11, 2020 7:06 pm
by Lategan1
Perspektief redelik duidelik hier geskets. Verder hiertoe, vandag met ons DFO gaan gesels, welbekend aan my.
Hy ht die afgelope langnaweek begin werk aan die eersteronde amnestieaansoeke, hy moet alleen kort van 300 aansoeke hanteer. Die normale vuurwapenaansoeke op takvlak is ook maande agter, (hy was op siekverlof tydens covid), maar verwys ook na elders. Het geen hulp en probeer daardeur worstel. Hy meld onomwonde dat 9-12mnde wagtyd met aansoeke nie abnormaal is en gaan wees nie. Daar is geen voorneme dat hulle op takvlak veel hulp gaan kry nie, elk geval nie binnekort nie.
Diegene wat dit spoediger kry, blyk die gelukkiges te wees.
Beste.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Aug 11, 2020 8:22 pm
by OosKaapJagter
Klein Chris wrote: Tue Aug 11, 2020 11:58 am
Jammer vir die "hijack" maar wonder hieroor
Mag jy rak ammunisie of kruit of slag doppies koop met n lisensie wat verval het maar die hernuwings aansoek betyds ingedien is? Of anders gestel sal handelaars dit aan mens verkoop?
Artikel 24(4) van die Wet op beheer van Vuurwapens bepaal dat indien jy jou lisensie hernuwingsaansoek betyds ingedien het, bly jou bestaande lisensie geldig totdat daar 'n beslissing gemaak is oor jou hernuwingsaansoek.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Aug 12, 2020 5:29 am
by Klein Chris
OosKaapJagter wrote: Tue Aug 11, 2020 8:22 pm
Artikel 24(4) van die Wet op beheer van Vuurwapens bepaal dat indien jy jou lisensie hernuwingsaansoek betyds ingedien het, bly jou bestaande lisensie geldig totdat daar 'n beslissing gemaak is oor jou hernuwingsaansoek.
Uitstekend. Dankie
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Aug 12, 2020 7:48 am
by airhunter
Die SAIDSA hofbevel is nie omgekeer nie en die oorspronklike resolusie bly staan dat CFR net 90 dae het vir die verwerking van n lisensie.
Dit het tyd geword dat ons ons recourses aanwend om dit hof toe te vat en ophou tyd en geld mors om die battle te fight vir manne wat nalaat
om hulle hernuwings betyds te doen. Die amnestie en Covid en plein luiheid veroorsaak als vertragings!
9 Jan 2020 ingedien. Goedgekeur 2 Julie 2020 en wag nou vir kaart.
Pistool aansoek in 1 Junie 2020. Lê nogsteeds in Bisho by provinsiaal.
Die hele storie is net pateties.
Die wapen winkels voel ook n veer. Hulle vat jou geld 100% en jy wag jaar, twee jaar vir jou goedkeuring en kaartjie.
Ek dink ons moet all hierdie statestieke van ons aansoeke pool en aanstuur aan Maartin Hood sodat hy ammo het as hulle hof toe gaan?
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Aug 12, 2020 7:51 am
by airhunter
En die 90 dae verwerking sluit die "issue" van die kaartjie in.
Die wet sê dat " the registrar may ISSUE a license........" dit sê nêrens "approve" nie. Dus bly hulle resolusie van 90 dae die uitreik te wees.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Aug 13, 2020 12:58 pm
by Philip J
9mm se lisensie aansoek op die 5de Februarie 2020 ingedien.
Nou net die sms gekry dat dit goedgekeur is.
Nou begin die nuwe wag vir die kaartjie.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Aug 13, 2020 1:11 pm
by Kallie Fernhout
Staan nou op 113dae werks dae. Twee weke gelede update gekry '' Recieved at licensing''