Page 1 of 1
Jakkals op die outydse manier.
Posted: Sun Dec 18, 2011 8:40 am
by ThinusS
Re: Jakkals op die outydse manier.
Posted: Sun Dec 18, 2011 10:30 am
by Francois Marais
Thinus
Mooi man, sit bietjie storie by, vertel meer oor die roer, en so.....
Mooi loop
Francois
Re: Jakkals op die outydse manier.
Posted: Sun Dec 18, 2011 11:55 am
by ThinusS
Francois
Die roer is 'n .54 TC Renegade, hy gooi 'n 380gr loodko?l, uit 'n LEE gietvorm (mold), teen so 1300 fps, die koe?lbaan lyk min of meer soos 'n re?nboog.
Ek was besig om 'n ou bosbokram te jag toe ek per ongeluk op die knaap afgekom het, hy het reguit na my toe aangedraf gekom in 'n wildspaadjie en ek het hom op so 30 meter met 'n bol lood gegooi. Hy was morsdood maar die skade aan die vel was nie veel nie, die ingangs- en uitgangswonde was omtrent dieselfde grootte.
Dit is nie die ideale ongedierte geweer nie, op 50 tre? kruip 'n jakkals agter die korrel weg, maar op kort afstand is hy heel akkuraat. Daar het al 'n paar vlakvarke ook voor hom geval.
Groete
Thinus
Re: Jakkals op die outydse manier.
Posted: Sun Dec 18, 2011 12:16 pm
by Stefan764
Hallon Thinus
Dis n baie mooi jakkals daai. Ek praat van sy vel. Mooi troffee vir so spesiale jag.
Groete
Stef
Re: Jakkals op die outydse manier.
Posted: Sun Dec 18, 2011 12:23 pm
by Francois Marais
Thinus
Ek het ook so n wa, 50cal Lyman Deerstalker, sy twist is nie reg vir die bolle nie, ek skiet maar die gekoopte loodkoeels in hom, 410gr, het die sabots ook probeer maar kry nie goeie akuraatheid met hulle nie......lekker om met die ou goete te speel, het nog niks met myne geskiet nie, sal daadwerklike poging moet aanwend....
Mooi loop
Francois
Re: Jakkals op die outydse manier.
Posted: Sun Dec 18, 2011 1:34 pm
by Monrique (SJ)
ThinusS
Sommer spoggerig maat!!!
Groetnis
Re: Jakkals op die outydse manier.
Posted: Sun Dec 18, 2011 1:40 pm
by BLOK
Welgedaan, en soos Stefaans se werklike mooi hond, kleure staan baie uit