Page 1 of 1
Oorlede persoon wat se wapen weg is
Posted: Tue Aug 04, 2020 8:28 am
by Klein Chris
Dag Almal
Persoon sterf en sy familie gaan deur die afgestorwe persoon se goed en kry n vuurwapen lisensie maar die vuurwapen is weg. Die DFO bevestig dat die vuurwapen wel op die afgestorwe persoon se naam is
Wat gebeur of moet gebeur in so geval?
Hoor graag
Re: Oorlede persoon wat se wapen weg is
Posted: Tue Aug 04, 2020 8:58 am
by Ds J
Die oorledene, en dus die eksekuteur, is aanspreeklik. Ek dink die korrekte prosedure is om n beëdigde verklaring af te lê en by die passende SAP-afdeling in te gee. Dit behoort die DFO te wees.
Re: Oorlede persoon wat se wapen weg is
Posted: Tue Aug 04, 2020 9:03 am
by tripodmvr
Geweer of handwapen? Die polisie se rekords is en was nog altyd onder verdenking oor korrektheid. Hy het dit moontlik verkoop of dit is goed weggesteek.
Re: Oorlede persoon wat se wapen weg is
Posted: Tue Aug 04, 2020 9:13 am
by saswart
Soek mooi en kyk of nie verkoop nie...Kan wees dat verkoop maar koper se lisensie nog noie goedgekeur. Indien nie moet die eksekuteur 'n SAPS 521(f) vorm invul en inhandig. DFO sal help met additionele dokumente wat benodig is.
Re: Oorlede persoon wat se wapen weg is
Posted: Tue Aug 04, 2020 9:39 am
by Ratel
Klein Chris wrote: Tue Aug 04, 2020 8:28 am
Dag Almal
Persoon sterf en sy familie gaan deur die afgestorwe persoon se goed en kry n vuurwapen lisensie maar die vuurwapen is weg. Die DFO bevestig dat die vuurwapen wel op die afgestorwe persoon se naam is
Wat gebeur of moet gebeur in so geval?
Hoor graag
Die wapen gaan as verlore/gesteel by die polisie aangemeld moet word. 'n Beedigde verklaring van die eksekuteur gaan nodig wees. Soos wat Ds se.
Re: Oorlede persoon wat se wapen weg is
Posted: Tue Aug 04, 2020 10:19 am
by Klein Chris
Dankie julle
Sal my pa inlig. Hy het gewonder daaroor. Het n vermoede hy weet van iemand of so wat gesterf het en die se wapen is net weg. Die mense van sy portuur is nou een maal net anders