Page 1 of 1

Lekkerste burger? 'n Pietersburger!

Posted: Mon Aug 03, 2020 10:50 pm
by Vaaljapie
Hello almal!
Ek is baie nuut aan die forum, en kan myself baie hier sien leer asook aktief deelneem aan die gesprekke en my insae lewer.

Ek is Stiaan de Nysschen van Pietersburg, nuut in geweer eienaarskap, maar jag al saam met my pa en oupa van 9 jaar oud af.

My bevoegtheid is gedoen en ek wag nou in spanning vir my lisensies asook my nuwe aankoop.
Die ou gewere wat gestoor word is n BRNO .22 en ou enkel loop plaas haelgeweer wat blykbaar al geslagde in ons familie is.

En nuwe aankoop gaan 'n 6.5 Creedmoor wees, Opsoek na 'n Howa met 'n ORYX chassis of moontlik remington, waarmee ek wil begin 500m Teiken skiet en soortgelyke aktiwiteite saam met die 3 keer 'n jaar BWB jag.

Baie dankie aan HANSIESLIM wat my voorgestel het aan die forum.

Groete
Stiaan (26)

Re: Lekkerste burger? 'n Pietersburger!

Posted: Mon Aug 03, 2020 11:34 pm
by SakoTrippel2
Lekker Stiaan! Welkom Hier, glo jy sal dit baie geniet.



Re: Lekkerste burger? 'n Pietersburger!

Posted: Tue Aug 04, 2020 6:20 am
by WicusdP
Welkom Stiaan!!

Terwyl jy beplan om geweer te koop.....koop sommer 2, veral as jy bevoorreg is om 3 keer per jaar BWB te jag. My ervaring is dat BWB se kind soms met ‘n groter pit gestamp wil word as 6.5. Dalk kan jy handelaar ompraat vir afslag as jy 2 gewere koop😎

Re: Lekkerste burger? 'n Pietersburger!

Posted: Tue Aug 04, 2020 6:40 am
by JohanvB
Ja nee, 'n BWB, wil ordentlik neergesit wees..

Ja hier gaan' n paar kopskieters kom kommentaar lewer dat jy 'n BWB in die kop kan skiet met' n. 22...los maar daai raad hoor, groot gun agter die blad.

Re: Lekkerste burger? 'n Pietersburger!

Posted: Tue Aug 04, 2020 7:59 am
by Plaashaas
Baie welkom maat.

Re: Lekkerste burger? 'n Pietersburger!

Posted: Tue Aug 04, 2020 8:15 am
by saswart
Welkom Stiaan!

Re: Lekkerste burger? 'n Pietersburger!

Posted: Tue Aug 04, 2020 2:09 pm
by Joubert778
Welkom Ou Stiaan !! Welkom op die forum

Re: Lekkerste burger? 'n Pietersburger!

Posted: Tue Aug 04, 2020 9:18 pm
by Bonesjara
Baie welkom.

Sent from my SM-N960F using Tapatalk


Re: Lekkerste burger? 'n Pietersburger!

Posted: Wed Aug 05, 2020 7:28 am
by Apie
Welkom!!

Klink my jy soek ‘n 9.3x62!!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Lekkerste burger? 'n Pietersburger!

Posted: Wed Aug 05, 2020 3:29 pm
by Hansieslim
Hoera!!! Welkom

Re: Lekkerste burger? 'n Pietersburger!

Posted: Wed Aug 05, 2020 4:32 pm
by alecjohnson
Baie welkom, jy het jouself goed voorgestel, sien uit om te lees van die BWB jagte, ek moet nog eendag een jag!