Page 1 of 1

.22LR projek

Posted: Mon Aug 03, 2020 3:45 pm
by Klein Karoo
Manne,

Ek is baie lus vir n nuwe projek, verkieslik n kaliber wat n man goedkoper kan skiet.

My kop staan na n .22 se kant toe, ek het die volgende in gedagte CZ 455 mini sniper of die CZ 457 met n Vortex Diamondback tactical teleskoop - dan kan ek pos-liga skiet en moontlik NRL22.

Of vergeet van die boonste en bou n kortloop .223 Varminter?

Manne wat dink julle?

Groete.

Re: .22LR projek

Posted: Mon Aug 03, 2020 3:58 pm
by Capt. Yoda
n 22lr is n lekker speel ding maar ek raak vinnig uit gespeel met iets as ek beperk word met wat hy kan doen. Ek sou n 223 kry

Re: .22LR projek

Posted: Mon Aug 03, 2020 4:22 pm
by Lategan1
Ek skiet beide, neig om saam Oblivious te stem.

As jy spesifiek posliga of iets soortgelyk wil skiet of ‘n kind grootmaak daarmee, dit is goeie persoonlike redes vir ‘n 22.

Ek skiet 5 skote met 22 dan wil ek die regte meneer skiet!

Vir al die gepaardgaande moeites, skietbaan toe en kostes, .223 en dan kan jy net soveel meer doen.

Beste.

Re: .22LR projek

Posted: Mon Aug 03, 2020 4:35 pm
by Klein Karoo
Capt. Oblivious wrote: Mon Aug 03, 2020 3:58 pm n 22lr is n lekker speel ding maar ek raak vinnig uit gespeel met iets as ek beperk word met wat hy kan doen. Ek sou n 223 kry
Wat ek ook oor bekommer.

Re: .22LR projek

Posted: Mon Aug 03, 2020 4:37 pm
by Klein Karoo
Lategan1 wrote: Mon Aug 03, 2020 4:22 pm Ek skiet beide, neig om saam Oblivious te stem.

As jy spesifiek posliga of iets soortgelyk wil skiet of ‘n kind grootmaak daarmee, dit is goeie persoonlike redes vir ‘n 22.

Ek skiet 5 skote met 22 dan wil ek die regte meneer skiet!

Vir al die gepaardgaande moeites, skietbaan toe en kostes, .223 en dan kan jy net soveel meer doen.

Beste.
Ek het reeds 2 x 223's semi auto wapens vir IPSC 3 gun ens, so doppe reeds beskikbaar, maar weet nie of ek dan soveel meer waarde uit n slot aksie sal kry nie?

Re: .22LR projek

Posted: Mon Aug 03, 2020 4:41 pm
by Klein Karoo
Ek en my vrou hou daarvan om saam baan toe te gaan en gonge te skiet, ek het haar nou bloot gestel aan langer afstand skiet en sy hou baie daarvan, sy het n 30-06 en n Ruger Sr-22

Re: .22LR projek

Posted: Mon Aug 03, 2020 5:44 pm
by Lategan1
So jy het reeds speelgoed...

Dan weet ek nie. :laugh:

Beste.

Re: .22LR projek

Posted: Mon Aug 03, 2020 6:41 pm
by Ranger
22 - you don’t have to reload but to shoot one hole groups at 50m you have to spend some cash on the ammo and go through various brands to find what works in your rifle. I’m guessing R3/round for something decent.

223 - You have to do load development and then spend time reloading. You already have dies etc but will have to buy decent target bullets.

I hate reloading so I went with the .22.

Re: .22LR projek

Posted: Mon Aug 03, 2020 6:47 pm
by Francoisv
Go 22. Die klein rimfire is besig om 'n groot terugkeer te maak met baie goeie gewere wat gemaak word. Kyk na CZ se Mtr, Bargara, Ruger PR om paar te noem. Ek't belê in 'n Anschutz super match.

Lapua druk ook groot geld in die ontwikkeling van 22 LR ammo in.

2 daughters. Plenty guns.




Re: .22LR projek

Posted: Tue Aug 04, 2020 6:54 am
by toelie
Hi

Ek het beide en al 2 het hulle plek om te skiet. Het juis die .22 LR so gebou om bietjie te oefen in verskillende posisies ook. Lood agter in kolf, groter teleskoop op gesit, sneller verandering gedoen - FYI hy breek op 250 gram. Groot reflex silencer op gesit vir ekstra gewig.

Wat lekker is op n skiet dag tussen al die pelle, as ons almal die laang pype reeds geskiet het sit ons n teiken op so 100 m en paar klein gongetjies uit van verskillende sizes, 25,40,50,70mm. Ons gaan dan deur n 30 skoot kompetisie soos bv in n veldskiet en skiet dan ook 5 skote per aflos.

N .22 wys vir jou baie vinnig op langer afstande waar mens foute aan jaag en ja bly ekonomies om daardie foutiewe posisie 5 of 7 keer oor en oor te skiet tot jy jou fout kry.

My kluis sal altyd n .22 LR in he, bly n lekker geweertjie en met bietjie moeite skiet jy gemaklik langer afstande vir die fun ook. Met my dail turret skiet ek al my 200mm gonge op my baan reg deur die bank tot op 350m.

Groete

Re: .22LR projek

Posted: Tue Aug 04, 2020 1:18 pm
by pwdejager
Ek sal ook se gaan vir .22LR

As jy NRL22 skiet sal jy nie gou moeg raak nie, glo my daai 22 op baie klein gongs op 100m met wind en van verskillende skiet posisies, is alles behalwe maklik.

Tweedens, kostes is laag en akuraatheid kos noe baie nie. Aangeheg my standaard CZ455 met SK Standard Plus op 50m (5skote)
IMG-20200223-WA0004.jpg

Re: .22LR projek

Posted: Tue Aug 04, 2020 2:07 pm
by Klein Karoo
PW daai is netjies, watter teleskoop gebruik jy?

Re: .22LR projek

Posted: Tue Aug 04, 2020 11:00 pm
by pwdejager
Klein Karoo wrote: Tue Aug 04, 2020 2:07 pm PW daai is netjies, watter teleskoop gebruik jy?
Sommer 'n Nikko Sterling Diamond, maar oorweeg om oor te gaan na die nuwe Vortex Strike Eagle

Re: .22LR projek

Posted: Wed Aug 05, 2020 2:53 am
by Rem
pwdejager wrote:
Klein Karoo wrote: Tue Aug 04, 2020 2:07 pm PW daai is netjies, watter teleskoop gebruik jy?
Sommer 'n Nikko Sterling Diamond, maar oorweeg om oor te gaan na die nuwe Vortex Strike Eagle
Ek het oorgegaan van nikko diamond ffp na diamondback ffp en is baie gelukkig. My cz455 varminter skiet net so lekker met SK std plus.

Sent from my SM-G960F using Tapatalk