Page 1 of 3
Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 3:26 pm
by Klein Karoo
Manne goeie-middag, hoop dit gaan goed.
Met die jag seisoen het die kommer weereens by my opgekom, hoe volhoubaar is Koedoe jag?
Al hoe meer hoor jy stories en sien ek self hoe baie daar uit geskiet word in die jag seisoen , koeie met hulle kalfies uitgeskiet en dan sommer die bul ook, bakkie vragte wat geskiet word wat die manne dan verkoop om geld te maak.
En dan is dit uitsluitlik jagters wat gedurende die winter jag seisoen slegs koedoes wil skiet en dan die gewere bere tot volgende jaar se jag waar hulle dan dringend gewere moet laat regmaak want daar word glad nie deur die jaar gejag of geskiet nie.
Manne dit laat n bitter smaak in my mond, is ek oor sensitief hier?
Groete,
Klein- Karoo
Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 3:36 pm
by saswart
Jong ek hoor jou, maar ek het heelwat familie wat boere is, in jag/wild - bedryf werk en self klomp vriende in die bedryf, pelle wat self jag en dan deel van jagvereeniging. In al hierdie sirkels waar ek beweeg is dit nie die geval nie, 'n koedoe wat geskiet word is eerder die uitsondering. Hierbo in die land is koedoes juis duurder as ander wild. Onlangse lyste van wild wat afgehaal moes word het ook nie baie koedoe op gehad nie.
Is dit nie dalk 'n karoo ding nie - die jag van koedoes nou..
Wat ek saamstem is die eenmalige jagter wat 'n week voor die jag sy geweer uithaal...
Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 3:58 pm
by Supacow
Die koedoes kan bly wees nie al die jagters het al Quickload , 6.5 creedmoors en lang turret scopes nie
Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 4:04 pm
by Eugene
Klein-karoo, ek sal darem self graag wil jag op 'n plaas wat so besmet is met koedoes dat mens net koedoes wil skiet.... Ek loop dalk te hard, maar ek kry nie eers elke seisoen 'n kombuis bulletjie nie....
Ongelukkig is dit so dat op sekere plekke die mense oorlog maak onder die koedoes, op ander plekke beheer die boer weer die getalle wat afgehaal word beter. Selfs op die "oop plase" (lees beesplase) waar ek soms koedoes jag, laat die boere net 'n sekere hoeveelheid skiet en ek sien op baie plekke waar daar voorheen nooit koedoes was nie, word daar nou gereeld gesien.
Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 4:18 pm
by Klein Karoo
Eugene wrote: Mon Aug 03, 2020 4:04 pm
Klein-karoo, ek sal darem self graag wil jag op 'n plaas wat so besmet is met koedoes dat mens net koedoes wil skiet.... Ek loop dalk te hard, maar ek kry nie eers elke seisoen 'n kombuis bulletjie nie....
Ongelukkig is dit so dat op sekere plekke die mense oorlog maak onder die koedoes, op ander plekke beheer die boer weer die getalle wat afgehaal word beter. Selfs op die "oop plase" (lees beesplase) waar ek soms koedoes jag, laat die boere net 'n sekere hoeveelheid skiet en ek sien op baie plekke waar daar voorheen nooit koedoes was nie, word daar nou gereeld gesien.
Soos jy bo beskryf is hoe dit moet gebeur, maar ongelukkig gebeur dit nie, soos ek verstaan het sou al die boere verenigings bymekaar kom voor die jag seisoen en getalle bespreek met insette van Cape Nature en dan daarvolgens die jaar se jag seisoen bespreek en getalle vasmaak.
Wat ons nie eers aan geraak het nie is die aanplant van lusern en dan in die aande met n lig te jag nie.
Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 4:25 pm
by Klein Karoo
saswart wrote: Mon Aug 03, 2020 3:36 pm
Jong ek hoor jou, maar ek het heelwat familie wat boere is, in jag/wild - bedryf werk en self klomp vriende in die bedryf, pelle wat self jag en dan deel van jagvereeniging. In al hierdie sirkels waar ek beweeg is dit nie die geval nie, 'n koedoe wat geskiet word is eerder die uitsondering. Hierbo in die land is koedoes juis duurder as ander wild. Onlangse lyste van wild wat afgehaal moes word het ook nie baie koedoe op gehad nie.
Is dit nie dalk 'n karoo ding nie - die jag van koedoes nou..
Wat ek saamstem is die eenmalige jagter wat 'n week voor die jag sy geweer uithaal...
Ek verwys hier meestal na die Karoo, die Klein Karoo word tans nog geteister deur n geweldige droogte, so die kondisie van die diere kan ook bevraagteken word.
Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 4:31 pm
by J le Roux
Dit klink rof. Is die pryse per kg?
Hier by ons in Limpopo kos koedes R3500 en op vir koeie en R7000 vir nie trofee bulle. En al is hulle volop werk jy hard om hulle te skiet. Hulle word virseker nie uitgeroei nie.
Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 4:36 pm
by Victor_
In die Oos Kaap is koedoes vierbene op kontant.
Boere betaal hulle bakkies af in een goeie jagseisoen.

Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 4:43 pm
by Klein Karoo
Victor_ wrote: Mon Aug 03, 2020 4:36 pm
In die Oos Kaap is koedoes vierbene op kontant.
Boere betaal hulle bakkies af in een goeie jagseisoen.
Presies - hoe volhoubaar kan dit dan wees?
Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 4:50 pm
by Victor_
“The tragedy of the commons is a situation in a shared-resource system where individual users, acting independently according to their own self-interest, behave contrary to the common good of all users by depleting or spoiling the shared resource through their collective action”
Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 5:15 pm
by Gawie(13mm)
Manne, ek hoor wat julle sê en sien wat julle skryf, maar in die Karoo en die Klein Karoo, is die meeste koedoes, vry lopend. Min wilds drade hou 'n groot bul in of uit. Indien daar intensief jag gemaak word op hulle sal hul trek tot waar dit rustiger is. Solank jy net jagmaak op die bulle en ouer koeie, sal die bulle altyd die jong koeie kom opsoek.
Solank daar lusern is, sal die koedoes nooit te ver wees nie.
Teen 'n gemiddelde van R4 500 per koedoe, sal jy meer as 30 koedoes moet laat jag as jy net 'n NP 200 bakkie wil koop.
Enige boer wat sy sout werd is, sal sorg vir die dag van more. Hy sal volhoubaar laat jag en die man wat die natuur deur sy gat trek sal twee of drie goeie seisoene hê en dan sal hy moet begin "poach" om die boeke te laat klop.
Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 5:24 pm
by JohanvB
My gevoel, maak Koedoe jag in die Oos Kaap toe, vir 1 of 2 jaar, dat die getalle weer aansterk.. Vra maar vir enige jagter wat nou Steytlerville, Willowmore, Jansenville omgewing gejag het, dis droog, nog geen reën gehad nie, daai diere kry bitter bitter swaar.
Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 5:29 pm
by Victor_
Oom Gawie daar is plase met baie trek-koedoes in die Oos Kaap.
Ek het al gehoor van boere wat 40 bulle laat val op ‘n Saterdagoggend. Jansenville area.
Ek wil net by sê, die koedoes wat ek nou van praat word uit ‘n skiettoring geskiet deur die die boere self en werkers wat hulle aanjaag.
Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 5:38 pm
by Klein Karoo
Victor_ wrote: Mon Aug 03, 2020 5:29 pm

My punt presies, dit kan nie volhoubaar wees in daai geval nie
Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 5:38 pm
by Capt. Yoda
Ek dink daar word baie meer koedoes geteel en baie minder koedoes geskiet as se in die 60s, trek koedoes se getalle sal seker in n groter mate bepaal wors deur droogtes
Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 5:39 pm
by Klein Karoo
Victor_ wrote: Mon Aug 03, 2020 5:29 pm
Oom Gawie daar is plase met baie trek-koedoes in die Oos Kaap.
Ek het al gehoor van boere wat 40 bulle laat val op ‘n Saterdagoggend. Jansenville area.
Ek wil net by sê, die koedoes wat ek nou van praat word uit ‘n skiettoring geskiet deur die die boere self en werkers wat hulle aanjaag.
40 Bulle dit is die probleme in 1 oggend!
Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 5:40 pm
by Askari
My pa se een neef het glad nie laat kudu jag in een van sy berg kampe nie, hy het dit sy "Kudu Reserve" genoem. Die workers het gepraat vd kamp waar die kudus "reverse".
Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 5:43 pm
by Klein Karoo
Capt. Oblivious wrote: Mon Aug 03, 2020 5:38 pm
Ek dink daar word baie meer koedoes geteel en baie minder koedoes geskiet as se in die 60s
Wat nodig is dat al die boere vereenigings bymekaar kom en die jag seisoen behoorlik te beplan, dan kan mens n baie beter idee van getalle he.
Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 5:51 pm
by Johan Nel
Dalk is ek nou onnodig skepties, maar hierdie het die gevoel van "fake news". As ek verkeerd is, sal ek graag om verskoning vra. Konkrete feite en navolgbare bewyse eerder as "Ek het al gehoor" en soortgelyke aanhef.
Veertig koedoes in een oggend is dik vir 'n daalder.
Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 5:57 pm
by Capt. Yoda
Johan, ek ken ou nie regtig die groot oop plase da onder nie maar ek ken n paar groot “jag” plase hier in die transvaal met baie koedoes en ek weet nie of ek al op al daai plase saam met die in die NW en NC wa ek groot geword het 40 koedoes van baba tot pappa gesien het nie. Om 40 op n saterdag ogend te skiet wil gedoen word, vat ons n dag om 10 blesbokke in n wildskamp te rol
Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 6:20 pm
by Knewel
Ek was so 5 jaar terug in Prins Albert se wêreld waar ons onder andere trek koedoes ook kon skiet. Het nie baie geskiet nie maar het wel baie gesien. Ek dink die getal trek koedoes is baie meer as wat die ouens besef. Met die droogtes in so area gaan die getalle bietjie 'n knou vat. Ek dink egter koedoes is baie meer sku as meeste bokke en ek twyfel of jag hulle getalle aansienlik gaan minder maak. Hulle gaan net aanbeweeg na die ou langsaan se plaas of beter wegkruip
Sent from my SM-A750F using Tapatalk
Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 6:51 pm
by Johan Nel
Capt. Oblivious wrote: Mon Aug 03, 2020 5:57 pm
Johan, ek ken ou nie regtig die groot oop plase da onder nie maar ek ken n paar groot “jag” plase hier in die transvaal met baie koedoes en ek weet nie of ek al op al daai plase saam met die in die NW en NC wa ek groot geword het 40 koedoes van baba tot pappa gesien het nie. Om 40 op n saterdag ogend te skiet wil gedoen word, vat ons n dag om 10 blesbokke in n wildskamp te rol
Wat nog te praat van veertig bulle!
Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 7:44 pm
by Victor_
Ongelukkig is daar dele van die Oos Kaap wat baie boere koedoes sien as 'n vervuiling. Hoekom het dele, soos byvoorbeeld die Aberdeen distrik, so baie "Harley-Davidson" bulle en kleinlyf bulle, kan nie net van droogte wees nie?
Re: Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 8:06 pm
by Nico de Jager
Ek jag al baie jare koedoe in die Karoo en Ooskaap. Die gebied waar koedoes voorkom brei baie beslis uit, so dan is dit volhoubaar?
My ervaring is dat geen dagjagtery koedoes op oop plase kan uitroei nie. Hoe strawwer koedoes gejag word, hoe skelmer raak hulle óf hulle trek.
In sekere gebiede en op sekere plase as ons n spotlight in die gesprek inbring verander die prentjie en as n lusernland bykom maak koedoe se kind dit nie.
N jongman noem eendag aan my dat hulle 70 koedoes daai jaar by hulle geskiet het. Toe ek vra hoeveel koedoes hulle dan het kon hy my nie antwoord nie. Elke koedoe wat op hulle grond kom word geskiet. In die nag trek hulle net die pens uit en laat koedoe netso in veld lê. Hy en sy pa vertel dit self vir my.
Baie boere kry n permit om n paar (+-3) te skiet op hulle lande om skade te verminder. Somiges vul nooit in hoeveel hulle skiet nie. Niks word gedoen aan ystervarke wat lusern met wortel en tak uitgraaf nie.
So kan ek baie feitelike "stories" vertel en ten spyte daarvan glo ek dat die koedoegetalle in die groter prentjie wel gesond is.
Koedoe jag: Hoe volhoubaar is dit?
Posted: Mon Aug 03, 2020 9:32 pm
by dorsland
Soos met als in dié land, val ook natuurbewaring en jag onder die bus. Bitter min beheer en bestuur by baie mense. Daar word op baie plekke dwars deur die jaar gejag. "Jag" is ook nie meer jag nie met dik stadsjapies met als wat oop en toemaak, van bakkies af skiet terwyl werkers wild aandryf.
Maak self die somme. 4 bakkies, gemiddeld 2 manne per bakkie, elke bakkie met 'n sleepwa kom "jag" vir 2 dae (3 nagte). Elkeen skiet 'n koedoe, 2, 3. Los maar die ander spesies uit die som uit. Elke naweek.
Boer hier naby my, groot lusernlande. 36 koedoes in 1 nag met 'n skietlig. Geen wildheinings om sy lande nie.
Kinders wat sommer vir die wis en die onwis dassies, springhase, hase, tarentale uit 'n omgewing uitwis. Blouaapwyfies wat vir hul kleintjies vrek geskiet word.
Ek boer self in die Karoo maar ek kan vir julle sê dat so kan dit nie lank aanhou nie. Die jarelange droogte het reeds wildgetalle erg uitgedun. Grondeienaars soek geld. Dieselfde gebrek aan respek wat stadsmense vir mekaar in die verkeer toon, is nou in die wildbedryf. Eintlik vir 'n ruk lank al.
Dis hartseer. Want dis nie jag nie. Dis verkragting. Geld as baas is 'n bitter lelike ding.