Page 1 of 2

Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Sun Jul 26, 2020 10:24 am
by Tiny Hunter
Ek vra maar uit intressantheid uit. Ek sien daar is by Safari en Outdoor Stellenbosch n diens waar jy kan betaal dat hulle vir jou lading ontwikkeling doen. Jy gee al jou komponente en hulle ontwikkel vir jou n jag lading teen R1800 of n kompetisie lading vir R4500. Is daar nog mense wat hierdie diens lewer en is die prys billik?

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Sun Jul 26, 2020 10:37 am
by JeanJag
Ek sou nogal betaal vir so iets as dit hier by my beskikbaar was, net agv my tekort aan ervaring en skiet vernuf, dit sal dan cool wees om jou "resep" te kry en te weet, van hier af is dit net ek wat sleg skiet en nie 'n kombinasie van sleg skiet en die perfekte lading soek nie.. Dan kan 'n man mos oefen aan tegniek en verbeter, in my geval is ek redelik oortuig dat dit my koste en tyd sal spaar, ons skietbaan is ook tans 45 minute se ry weg, so dis nog 'n ding wat my sal oortuig


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Sun Jul 26, 2020 10:41 am
by PWV
Tiny Hunter, gee jy jou geweer daar in en dan doen hulle die nodige en laat jou weet as alles klaar gedoen is?

Anders vra jy hier vir oom Marius op die forum (Triposmvr) om vir jou 'n lading uit te werk, normaalweg heeltemal gratis!!!

viewtopic.php?f=75&t=78607#p822198

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Sun Jul 26, 2020 10:47 am
by Tiny Hunter
Ek dink ek val nogal in dieselfde bootjie as Jeanjag as ek sy post reg verstaan. Ek weet waar my tekortkominge lê, in die opsig dat ek weet as ek n groep skiet gaan daar iemand wees wat hom kan kleiner skiet en mens wil graag sien wat is die beste wat die geweer toe in staat is dat jy niemand kan blameer behalwe jou eie skiet vernuf nie. Ek hoop my post maak sin. In my opinie dink ek nogal dis n bitter goeie diens ek weet net nie van nog iemand wat dit ook doen nie?

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Sun Jul 26, 2020 10:49 am
by BenJacobs
Ek dink ek sal nogal ook vir so iets betaal. Ek sukkel met die lading besigheid. En dit is soos julle hierbo sê. Ek weet nooit of dit ek is wat skiet, of my lading is nie.
Groete Ben

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Sun Jul 26, 2020 11:24 am
by tripodmvr
Persoon sal 'n lisensie moet hê om gewere te kan inneem en op sy boeke plaas, soortgelyk soos 'n geweersmid. Daarom kan S&O dit doen.

Dit klink alles goed en wel - jou geweer skiet nou tops uit 'n ander man se hande. Jou skietvernuf gaan nou bepaal waar die koeël tref.

Ek sal liewers my skiettegniek verbeter en self groepe skiet. So verkry jy selfvertroue en die vaardigheid om goeie skote in alle situasies te skiet. Bankskiet en langafstandskiet het baie in gemeen - jag kort baie oefening uit verskillende posisies en die gebruik van hulpmiddels. SA Jag se skietoefeninge is daarop gemik om dit te beklemtoon.

As jy eenmaal 'n MOA groep geskiet het dan wys dit dat jy wel die vermoë het om dit weer te kan doen. Groepe skiet verg baie konsentrasie om elke keer dieselfde te kan doen. Moet dus nie verwag om met 5 gewere in 'n skietsessie altyd sukses te behaal nie.

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Sun Jul 26, 2020 11:39 am
by jdpretorius
Aan die begin het ek self gesukkel en oom Maarius seker tot drank gedryf want ek's nog hard koppig (af dalk hard horend) ook.

Is die dalk eerder dat die manne skaam raak om elke keer na hy gaan skiet het weer resultate te bring vir die volgende QL kalibrasie nie ?
Ons almal weet dit vat tyd in beslag om uit te werk en in vandag se mal gejaag is dit n skaars kommoditeit.....dalk deels hoekom ek later self QL bekom het.
Die ander deel van skaam/sku wees om weer te kom vra is oor manne dalk voel hulle praat hier tussen gurus en baie ervare manne?

Daar is 'n maniere om by jou node spoed uit te kom, met klein verstellings, deur n maklike som te doen t.o.v. jou S/L waarde....as jy dalk "skaam" is om weer to kom vra. Die ander deel is dat daar soms n raar verskynsel is wat dalk weer lig op n ander onderwerp werp.....en so leer ons saam aan die geheime.

Die skiet deel is waar ervaring & self vertroue gebou word....en iemand anders kan dit ongelukkig vir jou doen nie....dit is (vir my) deel van die lekker veral as n ou die proses gewen het en n mooi groeppie in bewe.

Dalk is die uitwerk van n lading juis lekker vir die manne wat so getrou help

Ek's eintlik nog net n penkop hier maar weet dat die gees van Jaracal juis is om ouens op die regte en veilige pad te help (nie soos sommige cowboys op FB nie) en om die skiet en jag sport werklik te bevorder ten goede van ons almal wat lief is daar voor.
So ek vra eerder hier n dom onnosel vraag by manne wat ek vertrou, al kry ek dalk n kort antwoord terug....maar gun tog elkeen sy plekkie in die son, en om n geldjie te maak.

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk






Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Sun Jul 26, 2020 11:50 am
by tripodmvr
JD, mooi raakgevat.

Baie manne stuur PM's of epos my. Dit vat die groepsdruk weg. Onthou egter dat ek moet werk op inligting voorsien en verkry deur die skut. Swak groepe beteken dan dat ek ook begin twyfel oor QL se berekenings. Ons is dus baie op mekaar aangewese vir die eindresultaat.

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Sun Jul 26, 2020 12:09 pm
by Gian_dP
Dit hang grootliks af hoe baie jou tyd vir jou werd is, en of jy toegang tot 'n chronograaf het.

As jy aanneem dat jy 'n bruikbare lading na twee baansessies kan hê, gaan jy iewers tussen 6 en 10 ure spandeer het(doppe voorberei, laai, ry baan toe, pak uit, skiet, pak op, ry huistoe ens) om daardie lading te kry.

Jy gaan wel die genot gehad het om te gaan skiet, en kon die baantyd gebruik om loop in te breek, teleskoop ingestel te kry, van jou ander geweer te skiet en met ander skuts te kuier.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Sun Jul 26, 2020 1:17 pm
by jdpretorius
tripodmvr wrote:JD, mooi raakgevat.

Baie manne stuur PM's of epos my. Dit vat die groepsdruk weg. Onthou egter dat ek moet werk op inligting voorsien en verkry deur die skut. Swak groepe beteken dan dat ek ook begin twyfel oor QL se berekenings. Ons is dus baie op mekaar aangewese vir die eindresultaat.
Oom Marius, ek moet bieg dat van my sukkel my skiet vernuf erg laat twyfel het maar het dan ook veroorsaak dat n ou begin kyk na die fundamentals soos om die sneller stelselmatig te druk en nie te pluk nie (oefen dit terwyl die loop afkoel) .....daarby saam hoe die geweer vas gehou word en hoe stabiel jy is voor die skoot trek...ja, dan begin "torque" sy kop uit steek en so stuk stuk word dinge beter.....soms, op n goeie dag as jy hom perongeluk in bewe. Image

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk


Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Sun Jul 26, 2020 1:28 pm
by Victor_
https://youtu.be/oTELBND6CoQ

Goedkoper oplossing - vir almal wat in hulle vermoëns twyfel.

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Sun Jul 26, 2020 1:58 pm
by tripodmvr
Sien nie so staander op die webtuiste nie. Het jy dalk prys?

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Sun Jul 26, 2020 5:36 pm
by Forester
Mis ‘n mens nie die punt heeltemal as iemand anders die ladingontwikkelling namens jou doen nie? Hoekom dan nie liewers net rakpatrone koop nie?

Ek sien dit as deel van die “quick fix” ingesteldheid van vandag se tye. Die volgende innoverende diens wat gebied word, bekruip hulle dalk reeds die bok vir jou, jy gaan trek net die sneller...

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Sun Jul 26, 2020 6:41 pm
by Capt. Yoda
Boys vir R4500 sal ek jou lading doen en jou leer skiet, as jyt yd het kan ons bq drink ok dan kan jy somer n paar nuwe woorde ok leer

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Sun Jul 26, 2020 6:44 pm
by 3kus
Capt. Oblivious wrote:Boys vir R4500 sal ek jou lading doen en jou leer skiet, as jyvtyd het kan ins bq drink ok dan kan jy somer n paar nuwe woorde ok leer
ImageImageImage ja nee wragtig, ek stem.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Sun Jul 26, 2020 6:44 pm
by BenJacobs
Capt. Oblivious wrote: Sun Jul 26, 2020 6:41 pm Boys vir R4500 sal ek jou lading doen en jou leer skiet, as jyvtyd het kan ins bq drink ok dan kan jy somer n paar nuwe woorde ok leer
Hahaha sluit die prys die drank ook in, want in die tyd gaan oom dam kliënte hê!!

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Sun Jul 26, 2020 6:59 pm
by tripodmvr
Drank = rooibostee. Geen alkohol tydens skiet.

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Sun Jul 26, 2020 10:39 pm
by JDEls
Nogal 'n jag lading en 'n kompetisie lading


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Mon Jul 27, 2020 7:37 am
by Pinkes
Ja nee kyk...vir daai geld sal ek ook insluit n rooibok en duur covid drank inpak vir jou om ladinmg te toets

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Mon Jul 27, 2020 7:54 am
by jankraay
Nee wat...daai 4500 kan jou baie leer op die ou einde. Ek skiet eerder 4500 uit en leer myself om beter te skiet as om daai geld te betaal.

Ek help mense verniet so ver as wat ek kan. Lekker om n man se gesig te sien as as hy self agter daai roer sit en hy skiet daai sub MOA groep.

Ek is nou nie een van die beste herlaai manne daar buite nie maar ek het wel by die beste geleer

Ek sou Siebert se opsie vat...


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Mon Jul 27, 2020 8:02 am
by Dirkvh
Weet nie of hy dit meer doen nie, maar Oom Chris van Niekerk in Durbanville was bitter goed en goedkoper as Safari.

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Mon Jul 27, 2020 8:07 am
by win270
Nog 'n faktor wat in gedagte gehou moet word as jy dan eers jou korrekte ladingbesonderhede het, is om al jou herlaaistappe BAIE konsekwent en akkuraat uit te voer. Jy kan met die regte lading steeds foutjies maak in jou prosesse wat daardie R4,500 wat jy betaal het se waarde ook begin nutteloos laat lyk.

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Mon Jul 27, 2020 8:31 am
by Blitzzz
Ek dink ook nie die storie gaan lekker werk nie. Dis n proses om by daai goeie lading uit te kom en deel van die pakkie is om jou geweer te leer ken en jou vermoëns te verbeter.

Waar dit wel kan werk is wanneer jy net een keer n jaar jou geweer uit die kluis trek vir n jag en nie regtig deur die jaar wil skiet nie. Maar jy gaan verseker nog steeds nie goed skiet nie met daai resep.

Ek geniet die hele proses.

Ons kan seker op n stadium iemand betaal om ons gewere ook skoon te maak. Selle ding.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Mon Jul 27, 2020 8:41 am
by Bonesjara
Ja ek het ook al gewens as jy nie jou kruit kry of die lot verander, dat ek gou n resep kan kry, maar gelukkig bly die feit staan, ek hou van skiet. Vir ons in die stad is dit verseker meer moeite as vir die manne op die plaas, maar soos gesê, dink ek ook een van die groot redes dat mens beter groepe skiet as jy herlaai, die oefen.

Sent from my SM-N960F using Tapatalk


Re: Betaal vir Lading Ontwikkeling

Posted: Mon Jul 27, 2020 8:49 am
by tau
Tiny Hunter wrote: Sun Jul 26, 2020 10:24 am Ek vra maar uit intressantheid uit. Ek sien daar is by Safari en Outdoor Stellenbosch n diens waar jy kan betaal dat hulle vir jou lading ontwikkeling doen. Jy gee al jou komponente en hulle ontwikkel vir jou n jag lading teen R1800 of n kompetisie lading vir R4500. Is daar nog mense wat hierdie diens lewer en is die prys billik?
Indien jy nie haastig is nie spandeer eerder die R1800 of R4500 en gaan doen 'n herlaai kursus by Oom Hendrik wat naby jou is of iemand wat jou sal help.