Page 1 of 1
Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Wed Jul 22, 2020 7:19 pm
by Koos Barnard
Ek en Hercules Louw was gister en vandag op Blue Gum Valley Skietbaan. Ek het 'n tyd gelede besluit om te kyk of ek nie oor die volgende paar jaar 'n paar bokke met 'n Aimpoint sonder enige vergroting kan jag nie. My Strasser .243 is 'n bietjie nukkerig as dit by dieet kom. Daarom besluit ek toe maar dis die geweer wat ek sal gebruik vir die Aimpoint omdat jy nie veel verder as 100m daarmee na wild sal skiet nie.
Sommer gister 'n duimsuig-lading van 40.5gr N160 gelaai voor Peregrine se 85gr platneus-koeël waarvan ek 40 in my kas ontdek het. Gister en vandag op 100m 3-skootgroeperings geskiet en beide het 33mm gemeet. Ek reken 'n mens sal dit kan gebruik op wild. Geno sal die foto vir my plaas van die rooibokteiken waarna ek geskiet het. Hercules was getuie.
Ek voeg nou hier by nadat Geno vir my die foto opgesit het. Soos julle kan sien is die groepering mooi senter, net effens laag. Ek het daarna die verlangde hoeveelheid opgestel. OP 100m sien jy net die rooibok se ore weerskante van die dot uitsteek (2MOA dot). Hierdie dot-sight het hul beperkinge maar kan wel heel goed aangewend word vir kortafstandjag. Dis 'n groter uitdaging as met 'n scope en iets wat ek nou wil probeer oor die volgende jaar of wat. Ek het darem al in die verlede 'n paar bokke met dot-sights geskiet. In Januarie 'n mooi vlakvarkbeer met .375 met dot.
Mooi loop
[

Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Wed Jul 22, 2020 7:24 pm
by DWB
Die bruikbaarheid van hierdie visiere word erg onderskat.
Ek het in Maart sommer met die 404 op 380m ñ gong van die stokke af geskiet. 2de skoot
Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Wed Jul 22, 2020 9:23 pm
by Methos
Is dit maar soos 'n oop visier? Geen vergroting?
Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk
Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Wed Jul 22, 2020 9:31 pm
by Koos Barnard
Ja Methos, geen vergroting nie, so dis soos oopvisier.
Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Wed Jul 22, 2020 10:01 pm
by wlm
Koos
Ek het laas week 'n 2dehandse Lynx gekoop. Nog nie skietkans gekry nie maar dit lyk lekker. My plan is om eendag met my 357 S&W 'n springbok te skiet. Die rooikolvisier is deel van die beplanning.
Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Wed Jul 22, 2020 10:48 pm
by Koos Barnard
wlm
Ek geniet die "Rooi Dood"-kolletjie baie. Dis uitdagend en soos met oopvisier kan jy nie eintlik na 'n dier skiet wat in diep skaduwee staan tensy die afstand kort is - want jy sien die dier te moeilik. Ek het al 2 rooibokke met my .44-rewolwer met die dot-sight geskiet. Jy sal dit geniet, maak jou maar net klaar vir 'n goeie bekruipsessie.
Mooi loop
Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Thu Jul 23, 2020 7:05 am
by tau
Ek het die Aimpoint 2MOA op my AR15, jy maak sommer lelik doppe as jy gonge begin skiet tot op 200meter. As jy wil fyn skiet stel jy net die helderheid van die kolletjie en hy is bietjie kleiner.
Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Thu Jul 23, 2020 7:08 am
by DWB
Methos wrote: Wed Jul 22, 2020 9:23 pm
Is dit maar soos 'n oop visier? Geen vergroting?
Sent from my SNE-LX1 using Tapatalk
Dis soos oop visier..... net 10 keer beter!!!!
Geen visier wat bok toe maak
Kolletjie baie fyner (hou by 2MOA of kleiner), so jy kan fyn mik
Nie so sensitief vir lig soos visier
Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Thu Jul 23, 2020 7:24 am
by BenJacobs
Ek hou baie van die visiere, al probleem is ek is rooi kleur blind. So ek moet die groen eentjie gebruik en almal kom nie altyd met daai keuse nie. Ek en my neef het een jaar een op my oupa se pellet gesit. En ons kon met baie oefen, in die einde van die dag 'n golfbal uit die lug uit raakskiet. Die een gooi hom op in die lug en die ander een skiet. Ek het êrens 'n video vir die wat sukkel om te glo.

Groete Ben
Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Thu Jul 23, 2020 7:58 am
by Frederik
BASA Load groep 50 meter.jpg
Hier is groep wat ek met 1 MOA Trijicon SRO geskiet het met my 458 lott op 50 meter was ook baie in my skik. 480gr Claw Range koeels.
Dink die groot voordeel van die red dots is dat jy glad nie kan sien hoe bewe jy nie en as jou skiet tegniek reg is sal jy mooi groepies bymekaar kan sit.
Ja en die Lott van 'n X bag af praat nogal
Ek het probeer op 100 meter groep te kry maar dink ek het te veel punishment gevat op 50 meter om enige iets mooi aanmekaar te sit op 100 meter dink dit was so 17 skote van die sakke af op 50m.
Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Thu Jul 23, 2020 8:39 am
by Stephan86
Jammer vir die Hi-Jack oom, maar watse red dots sal jul aanbeveel vir 'n 375 wat nie die bank gaan breek nie.
Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Thu Jul 23, 2020 9:49 am
by Koos Barnard
Aimpoint
Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Thu Jul 23, 2020 11:12 am
by wlm
Koos Barnard wrote: Wed Jul 22, 2020 10:48 pm
wlm
Ek geniet die "Rooi Dood"-kolletjie baie. Dis uitdagend en soos met oopvisier kan jy nie eintlik na 'n dier skiet wat in diep skaduwee staan tensy die afstand kort is - want jy sien die dier te moeilik. Ek het al 2 rooibokke met my .44-rewolwer met die dot-sight geskiet. Jy sal dit geniet, maak jou maar net klaar vir 'n goeie bekruipsessie.
Mooi loop
Koos
Dis juis artikels wat die lus in my wakker gemaak het. Jy moet onthou ons Karoo-manne bekruip nie. Ons sit of le^ doodstil tot hulle naby genoeg verby kom.

Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Thu Jul 23, 2020 11:37 am
by Koos Barnard



. Dis reg wlm, die voorsit-manier klink vir my ook al meer reg. Ek gaan juis nou daardie Strasser .243 saamvat Karoo toe as ek Sondag ry.
Mooi loop
Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Thu Jul 23, 2020 12:07 pm
by PWV
Ek bly maar op die bakkie. In die droogte kom die bokke na die bakkie toe.

Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Thu Jul 23, 2020 1:31 pm
by Hercules Louw
Koos, terwyl jy my nou as getuie aangewys het vir die groepering op jou rooibokteiken moet ek ter wille van deursigtigheid uitwys dat nie alles op die teiken sigbaar is nie, die oranje plakker bo-op die pienk plakker verberg inligting.
Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Thu Jul 23, 2020 1:38 pm
by Koos Barnard
Ja Hercules!!!!!!! Dis laag en gemeen om op 'n ander man se teiken te skiet. Terwyl ek met die dot-sight na die rooibok sit en skiet, gooi Hercules toe 'n 285gr uit sy .338 Win Mag in die middel van die plakker. Eers dink ek die gat is 'n gogga... toe is dit die sogenaamde vriend van my wat my blerrie teiken sit en skiet



. Ek sal jou moet terugkry vir daardie een Mnr Louw!
Mooi loop
Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Thu Jul 23, 2020 3:20 pm
by Pappabeer
Stephan86 wrote: Thu Jul 23, 2020 8:39 am
Jammer vir die Hi-Jack oom, maar watse red dots sal jul aanbeveel vir 'n 375 wat nie die bank gaan breek nie.
Aimpoint
Leupold deltapoint
Vortex venom
Sig Romeo
Docter
Die reflex sights lyk mooier op n geweer vir my as die Aimpoint, maar ek het self n Aimpoint op my .44 Super Blackhawk en hy werk soos n bom.
Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Thu Jul 23, 2020 3:25 pm
by wlm
Koos Barnard wrote: Thu Jul 23, 2020 1:38 pm
Ja Hercules!!!!!!! Dis laag en gemeen om op 'n ander man se teiken te skiet. Terwyl ek met die dot-sight na die rooibok sit en skiet, gooi Hercules toe 'n 285gr uit sy .338 Win Mag in die middel van die plakker. Eers dink ek die gat is 'n gogga... toe is dit die sogenaamde vriend van my wat my blerrie teiken sit en skiet



. Ek sal jou moet terugkry vir daardie een Mnr Louw!
Mooi loop
Ai, vir dom is daar nie pille nie. Ek dog dis waar die rooibok se temperatuur gemeet is tydens 'n Covid-toets
Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Thu Jul 23, 2020 3:29 pm
by Lategan1
Hercules Louw wrote: Thu Jul 23, 2020 1:31 pm
Koos, terwyl jy my nou as getuie aangewys het vir die groepering op jou rooibokteiken moet ek ter wille van deursigtigheid uitwys dat nie alles op die teiken sigbaar is nie, die oranje plakker bo-op die pienk plakker verberg inligting.
Ek gewonder hoekom die ‘two tone’!
Beste.
Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Thu Jul 23, 2020 3:59 pm
by Koos Barnard
Eintlik lieg ek én Hercules oor die plakkers. Die rooibok is een van die nuwe kleurvariante wat boere deesdae teel om dinge vir jagters makliker te maak. Die kleurkolle is vir beginner-kopskieters om 'n mikpunt te hê op kortafstande en vir langafstandskuts om te kyk of hulle die kolletjie kan raakskiet op 1000 jaarts sodat hulle kan spog daaroor. Dan sit jy die foto van jou trefskoot op facebook en jy skryf op daai bordjie wat hulle so voor die bok sit: "1001 yds, Kolhou" (of Hole-in-one as jy Ingels is).
Mooi loop
Re: Skiet met Aimpoint Dot-sight
Posted: Thu Jul 23, 2020 4:06 pm
by Lategan1
Ons boere en die ‘two tone’.
Beste.