Page 1 of 1

Kleurvolle dag.

Posted: Thu Dec 15, 2011 7:26 am
by ThinusS
My dag het kleurvol begin, voor br?kfis het ek 'n blouwildebees en 'n rooijakkals platgetrek.

Lekker dag
Thinus

Re: Kleurvolle dag.

Posted: Thu Dec 15, 2011 8:19 am
by Witpietskiet
Is dit nou nodig ???

Maar baie geluk, sal maar hier in my kantoor sit en maak of ek werk ;D

Mooi loop

Re: Kleurvolle dag.

Posted: Thu Dec 15, 2011 8:22 am
by VdWalt
??? :o ??? Speel lekker vuil !! Ek skop sommer my aircon.

Re: Kleurvolle dag.

Posted: Thu Dec 15, 2011 10:00 am
by BLOK
Dit is nou wraggies een van die vuilste grappe op die forum sover. Dink die moderators moet maar die een ook ban. Ongevra voor. :( :( :(

Re: Kleurvolle dag.

Posted: Thu Dec 15, 2011 10:14 am
by henried
Ag hemel nou is ek bedruk... :(

Geluk, klink al te lekker. ;D

Re: Kleurvolle dag.

Posted: Thu Dec 15, 2011 12:40 pm
by Nuweseun
Nee Kerels, party mense het net geen takt nie?!! :o
Sug!! Hoe gaan ek nou verder werk... :'(

Re: Kleurvolle dag.

Posted: Thu Dec 15, 2011 2:13 pm
by BRNO (Pierre)
Ek het die post 7H30 vanmore gelees, en myself nou eers van die vloer af gekry soos ek lag vir my sitplek vandag. Thinus, as jy fotos opgesit het, sou jy darrem gemaak het dat ek in die hospitaal beland.

Re: Kleurvolle dag.

Posted: Thu Dec 15, 2011 3:16 pm
by theedge
Ja nee kyk - Baie goeie dag geluk

Re: Kleurvolle dag.

Posted: Thu Dec 15, 2011 8:51 pm
by Ian
Hoe gelukkig kan 'n mens nie wees nie? Ek weet wat jy vir Kersfees gaan eet.
Lekker as 'n ou se dag so kan begin.

l

Re: Kleurvolle dag.

Posted: Thu Dec 15, 2011 9:11 pm
by grumpy
Dit gee my sommer n pyn in my voevernjol! Ek brand my dood in die son soos ek werk en die ou geniet dit in die oggeng son en hou vakansie en skiet na hartelus.

Hoe jeuk dit nou maar gelukkig is my vingers nie vishoeke nie!!!    ;D ;D ;D

Enjoy ou maat!

Re: Kleurvolle dag.

Posted: Fri Dec 16, 2011 7:34 am
by ThinusS
Grumpy

Maar ek was by die werk!

Re: Kleurvolle dag.

Posted: Fri Dec 16, 2011 8:12 am
by spekieries
Nou vat jy dit wragtag te ver, vryf dit nog in ook.

Re: Kleurvolle dag.

Posted: Fri Dec 16, 2011 8:32 am
by Triple2
Hoop jy het die dag afgesluit met n "Red Heart"a bees...
Groete
D

Re: Kleurvolle dag.

Posted: Fri Dec 16, 2011 8:34 am
by grumpy
Spiekeries, die ou vat dit nou wragtig te ver! As ek hom kry dan skeur ek sy klere dat sy vrou hom slaan!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Hy moet nou op my battery piepie!!  :'( :'( :'( :'( :'( :'( :'( :'( :'( :'( :'( :'( :'( :'( :'(

Re: Kleurvolle dag.

Posted: Fri Dec 16, 2011 10:58 am
by ThinusS
Triple2
Ek wens.

Grumpy
Net nie my klere nie, 'seblief man. Ek's genoeg in die moeilikheid oor die bloed op my klere.

Groetnis