Page 1 of 1
Magnetospeed Sporter probleem
Posted: Sun Jul 12, 2020 4:02 pm
by Bennie Bester
Middag almal,
Ek hoop daar is iemand op die forum wat my kan help of in die regte rigting kan stuur.
My Magnetospeed Sporter wat ek die afgelope paar jaar gebruik is skielik die kluts kwyt. Van laas Saterdag af gee hy vir my die volgende boodskap: Bayo Sens1 en weier om te werk. Ons het die battery vervang en daarna het hy weer n kort rukkie gewerk en toe weer opgehou. Nou bly hy net op bogenoemde. Ek sien as jy aanskakel lees die battery 8.1 maar as ek die battery toets met volt meter lees hy 9.0 V
Enige raad sal waardeer word.
Groete
Bennie Bester
Re: Magnetospeed Sporter probleem
Posted: Sun Jul 12, 2020 4:07 pm
by Malan123
Bennie, ek vermoed jou sensor het gegroet...
Re: Magnetospeed Sporter probleem
Posted: Sun Jul 12, 2020 4:37 pm
by Bennie Bester
Malan,
Ek vermoed ook so, maar ek wil net 100% seker maak voor ek R1900.00 spander op n nuwe Bayonet. Ek het nogal lief vir die dingetjie geraak omdat dit goed vir my omstandighede gewerk het. Nie mal oor knaldempers nie.
Re: Magnetospeed Sporter probleem
Posted: Sun Jul 12, 2020 5:01 pm
by Malan123
Ek weet van 1 wat dit gedoen het. Invoerders het verniet gekyk en laat weet die sensor het gegaan. Op ou einde verniet reggemaak ook.
Ek geniet myne ook kwaai
Re: Magnetospeed Sporter probleem
Posted: Sun Jul 12, 2020 5:08 pm
by Zuku
Het jy al n ander battery geprobeer. Party battery wys n korrekte volt lading, maar die amp lading is the min om krag te gee om toestel te werk.
Dieselfe odervind met my laser temp toestel
Re: Magnetospeed Sporter probleem
Posted: Sun Jul 12, 2020 5:16 pm
by ruaanb
Bennie betaal ekstra en koop die V3 bajonet. Werk soos n droom saam met die sporter boksie. Voordeel is dat jy nou hom op enige size knaldemper kan gebruik Weens die sterker sensors.
Re: Magnetospeed Sporter probleem
Posted: Sun Jul 12, 2020 5:43 pm
by Diesel Dog
Probeer eers toets met n ander Bayo ek het al ondervind dat die female plug op die boksie se konneksies swak kontak maak op die pc board. Het ook al gekry dat die draad binne die isolasie vermoei waar hy by die bayo uitkom.
DD
Re: Magnetospeed Sporter probleem
Posted: Sun Jul 12, 2020 5:44 pm
by Diesel Dog
.
Re: Magnetospeed Sporter probleem
Posted: Sun Jul 12, 2020 6:05 pm
by Bennie Bester
Dankie vir die terugvoer sover.
Zuku ek het drie verskillende Duracell batterye getoets. Het nog nooit n probleem met ander make ook gehad nie. Sal dit nog verder ondersoek.
DD as ek weet hoe om die bayonet oop te maak kan ek konutinuteits toetsie doen anders kan ek hom met n ander een toets.
Ek sal julle op hoogte hou.
Groete
Re: Magnetospeed Sporter probleem
Posted: Sun Jul 12, 2020 7:25 pm
by ruaanb
Bennie jy kan my Sporter Bayonet leen om te toets gedurende die week.
Re: Magnetospeed Sporter probleem
Posted: Sun Jul 12, 2020 7:31 pm
by Bennie Bester
Dankie Ruaan,
Ek gaan sommer by Jurgen hier op die forum probeer. Hy bly sommer hier om die draai by my.
Re: Magnetospeed Sporter probleem
Posted: Mon Jul 13, 2020 11:25 am
by Capt. Yoda
Bennie Bester wrote: Sun Jul 12, 2020 7:31 pm
Dankie Ruaan,
Ek gaan sommer by Jurgen hier op die forum probeer. Hy bly sommer hier om die draai by my.
Pasop net vir sy huisrot ek verstaan die man abba somer die honde daar op die erf
Re: Magnetospeed Sporter probleem
Posted: Mon Jul 13, 2020 11:53 am
by ruaanb
Hahaha
Re: Magnetospeed Sporter probleem
Posted: Mon Jul 13, 2020 9:14 pm
by CareldP
Het ook al dieselfde gehad, myne se draadjie was af net waar hy by bayonet ingaan. Seker van beweging met elke skoot...
Oopgemaak, soldeer en werk toe weer 100%
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Magnetospeed Sporter probleem
Posted: Tue Jul 14, 2020 5:45 pm
by Bennie Bester
Dankie vir al die hulp en raad sover. Ek het ook n skrywe van Magnetospeed gekry en hulle het die volgende uitgelig: Die bajonet raak geskiet. Stukkende kabel. Swak jack port on display.
Vlakkat hoe het jy die onderkant van die bajonet oopgekry? Ek vermoed ek het n kabel of Jack probleem. Op die oomblik werk alles weer reg en ek kry geen Bayo Sens1 booodskap nie, so dit is n intermittend fout. As ek by die skietbaan kom, sal hy natuurlik weer sy streke uithaal.
Groete
Bennie
Re: Magnetospeed Sporter probleem
Posted: Tue Jul 14, 2020 6:11 pm
by Francoisv
Myne het selfde gemaak. En met 'n getorring het ek die hele ding opgeneuk. Op ou end vir scrap verkoop.
Toets eers met ander bayo. Dan toets jy met ander unit. Vervang waat die fout lĂȘ. Dink Fishers het komponente.
2 daughters. Plenty guns.
Re: Magnetospeed Sporter probleem
Posted: Mon Feb 07, 2022 11:59 am
by tau
Waar koop ek nuwe Bayonet? Myne gee ook BAYO boodskap, met nuwe batterye.
Sal later drade deurgaan.
Re: Magnetospeed Sporter probleem
Posted: Mon Feb 07, 2022 12:16 pm
by Capt. Yoda
tau wrote: Mon Feb 07, 2022 11:59 am
Waar koop ek nuwe Bayonet? Myne gee ook BAYO boodskap, met nuwe batterye.
Sal later drade deurgaan.
Fishers and Shooter in LIchtenburg, Jan het laas week vir hom n nuwe een gekoop
Re: Magnetospeed Sporter probleem
Posted: Mon Feb 07, 2022 2:09 pm
by tau
Capt. Oblivious wrote: Mon Feb 07, 2022 12:16 pm
tau wrote: Mon Feb 07, 2022 11:59 am
Waar koop ek nuwe Bayonet? Myne gee ook BAYO boodskap, met nuwe batterye.
Sal later drade deurgaan.
Fishers and Shooter in LIchtenburg, Jan het laas week vir hom n nuwe een gekoop
Geno het my gehelp ek stuur die hele eenheid na Fishers om te toets.
Dankie Geno !!!
Re: Magnetospeed Sporter probleem
Posted: Mon Feb 07, 2022 2:32 pm
by Capt. Yoda
Jy moet net vra broer