Page 1 of 1

Verkyker / Afstandmeter battery

Posted: Sat Jul 11, 2020 3:43 pm
by Louisdewet
Middag Menere,

Ek het ‘n Leica Geovid 10x42 verkyker/afstandmeter. Ek het laasjaar aan die einde van die jagseisoen die battery verwyder uit vrees dat hy dalk mag uitloop indien hy nie gebruik word vir ‘n paar maande nie. Ek beplan natuurlik om dit hierdie jaar weer te doen na my laaste jag.

Het enigiemand al gehoor daarvan dat batterye uitloop in verkykers of afstandmeters? Is dit onnodig of op enige manier skadelik om die battery te verwyder vir ‘n paar maande tot volgende gebruik?

Byvoorbaat dank
Louis

Re: Verkyker / Afstandmeter battery

Posted: Sat Jul 11, 2020 4:34 pm
by Pappabeer
Louis, ek glo nie dit is skadelik vir die battery om hom uit te haal nie, maar ek dink jy kan hom maar gerus inhou.

Die CR2 battery waarmee die Geovid werk is nie juis algemeen nie, en ek sou dink die risiko om hom te vergeet is groter as die moontlike voordeel van die voorsorg. Kom jy nou op jou jag aan naby Victoria Wes, Alldays of Pongola, kan dit dalk sukkel om een te kry. My Geovid ry nou al 5 of 6 jaar, elke dag onder die bakkie se sitplek, en ek het nog net twee keer batterye verander - toe ek hom koop, en so twee jaar terug. Ek hou maar twee spaar batterye in my skietsak wat altyd op n jag saamgaan net ingeval.

Re: Verkyker / Afstandmeter battery

Posted: Sat Jul 11, 2020 4:59 pm
by Mellies
Louis,

Na die jagseisoen haal ek my Geovids se battery uit en sit hom terug sodra die jagseisoen aanbreek. Ek dink in die produkhandleiding stel Leica voor om die battery te verwyder sodra die produk vir n lang periode gestoor gaan word. Battery hou nou al vir 5 jaar.

Soos PB voorstel hou maar altyd n spaar battery naby vir ingeval.

Met n vleisie...

Re: Verkyker / Afstandmeter battery

Posted: Sat Jul 11, 2020 6:27 pm
by Louisdewet
Dankie Dewald & Mellies,

Ek waardeer julle insette. Ek het gesien dis ‘n vreemde battery so sal maar ‘n spaar stel kry en in die jagsak gooi. Ek gebruik die verkyker so min buite seisoen dat ek net bang is ek kom volgende April op gemors af wanneer ek hom weer uithaal.

Nou met ek net nog ‘n jag reel voor die einde van die jaar.

Mooibly

Re: Verkyker / Afstandmeter battery

Posted: Sat Jul 11, 2020 6:51 pm
by Capt. Yoda
Ek het nou al N klomp jare een of anderr leica RF en het nog nooit die battery uit gehaal nie. Ek het self n klomp batterye in my skiet sak maar dink ek het nog net een keer n battery vervang en ek gebruik myne baie

Re: Verkyker / Afstandmeter battery

Posted: Sat Jul 11, 2020 7:22 pm
by JanKan
https://www.energizer.com/about-batteri ... ry-leakage

Dit lyk of Energizer moontlik jou verkyker sal vervang indien die battery sou uitloop.

Re: Verkyker / Afstandmeter battery

Posted: Sat Jul 11, 2020 8:32 pm
by Louisdewet
Dankie Kaptein,dit gee mens darm gerusstelling om te hoor die goed gee nie probleme nie.

Dankie Jankan! Ek wonder of daardie waarborg tel vir enigiets anders as ‘n kopflitsie?!


Sent from my iPhone using Tapatalk