Page 1 of 1
Tweeling se beurt
Posted: Tue Dec 13, 2011 8:58 pm
by theedge
Hi wat n leker dag was dit nie. Susie 12 jaar gaan gereeld saam pa veld toe. Dan staan die 2ling met lang gesiggies. Pa belowe hy gaan hulle nog neem - op n ander dag. So het die dag toe die naweek aangebreek - ek het die 2 meegedeel dat ons bietjie plaas toe gaan. Wens julle kon daai gesiigies sien. Ek het hulle meegedeel dat ek gaan kyk vir n vlakvark ( wou gaan kyk het of ek nie jakals of so kan kry nie - maar die 2 gaan nie so stil wees nie)

. Is plaas toe die middag en so 14:00 was ons in die bos hulle het saam op die Quad gery - is maar stadig deur die bos. Gereeld gestop en maar al die SPOTS geloer. Twee vlakkies gewaar en toe bekruip - nee die 2ling is nie saam met die bekruip nie hulle was nou op die landrover - vriend het saam gery met sy vrou en dogtertjie. Die vlakvark bekruip so 50m en geskiet op afstand van 50 meter Afstande nie gemeet nie (geskat). Varke kon van die plek geskiet word waar die voertuie was - het maar net gedink om die kinders net vir eers te toets. Hulle was baie rustig en het nie veel oor die vark gekla nie net toe ons laai en die mis val op die bak - gesiggies maar getrek.
Hier is my trots - nie die varke nie

Re: Tweeling se beurt
Posted: Tue Dec 13, 2011 9:19 pm
by Geno
Oom Blikkies,
Mooigedoen daar! Daai girls jag een van die dae hulle eie bokke!
Re: Tweeling se beurt
Posted: Tue Dec 13, 2011 9:23 pm
by theedge
Geno wrote:
Oom Blikkies,
Mooigedoen daar! Daai girls jag een van die dae hulle eie bokke!
Dink ook daai dink. - Het klaar hulle eie boe

Re: Tweeling se beurt
Posted: Tue Dec 13, 2011 9:31 pm
by grumpy
Re: Tweeling se beurt
Posted: Tue Dec 13, 2011 9:33 pm
by Geno
O ja,
Ek neem aan dat die hemp Oom se lucky-ene is?

Re: Tweeling se beurt
Posted: Tue Dec 13, 2011 9:37 pm
by grumpy
Pienk and clean!!!! Ha ha ha.

Re: Tweeling se beurt
Posted: Tue Dec 13, 2011 10:08 pm
by theedge
Daar is hy nou - kan uitdeel en ontvang - dit is nou die grap
grumpy wrote:
Pienk and clean!!!! Ha ha ha.
Geno wrote:
O ja,
Ek neem aan dat die hemp Oom se lucky-ene is?
Dis nou net hy daai Daai pienk hemp ai geluk is nie die woord nie.
Re: Tweeling se beurt
Posted: Tue Dec 13, 2011 10:25 pm
by Dawid
Mooiso man, n mens kan die gelukkigheid op daai kinders se gesiggies sien...janee hulle is heel happy en dis n mooi varkie ook, kabernossies hier kom ons.
Bewys maar net weereens....Mans het ook n "sagte kant"( dis nou gemik op die pienk hemp

)
Re: Tweeling se beurt
Posted: Wed Dec 14, 2011 8:00 am
by Vosman
Lucky Hemp
[/quote]
Stem saam Geno!
Ek sien pappa het met die meisies gaan jag, die veldblommetjies is seker aan die bloei?
Wel gedaan oom Edge!
Re: Tweeling se beurt
Posted: Wed Dec 14, 2011 10:00 am
by SV MAD (Henk)
Baie geluk, dit is voorwaar 'n baie goeie een!
Re: Tweeling se beurt
Posted: Wed Dec 14, 2011 5:25 pm
by grumpy
Oom Edge, baie mooi man. Die cowboys het mos ook sulke hemde gedra dan se hulle cowboys dont cry!
Ons moet plan maak dan kan ons eendag hande vat en skud. Lekker boeretroos in die oggend met vars beskuit dan gesels ons lekker.
Waar in die wereld bly jy?
Re: Tweeling se beurt
Posted: Wed Dec 14, 2011 7:32 pm
by theedge
grumpy wrote:
Oom Edge, baie mooi man. Die cowboys het mos ook sulke hemde gedra dan se hulle cowboys dont cry!
Ons moet plan maak dan kan ons eendag hande vat en skud. Lekker boeretroos in die oggend met vars beskuit dan gesels ons lekker.
Waar in die wereld bly jy?
Grumpy daar is mos nie fout met so iets nie. Ek is in die OosKaap Port Elizabeth