Page 1 of 1

New Scope Skeef gemonteer. Raad asb!!

Posted: Mon Jul 06, 2020 7:33 pm
by Bosvark34
Naand Jaracal gemeenskap,

Ek het vir my nuwe glass op my 303 Mk4 n2 gesit. Ek het die week voor ek nuwe glas op my geweer gesit gaan skiet en maklik 3 skoot groepe geskiet onder 30mm geskiet op 100m. Ek het my 4x40 Tasco veruil met ñ 2.5-10 x 50 Vixen.

Die manne van die geweer winkel het vir my opgesit en “bore Sight” gedoen. Op die skiet baan het ek meer as 12 duim regs geskiet. Ek kon nie glo dat my geweer so “skeef” skiet nie en het daar volgens my geweer gestel sodat hy nou weer mooi op teiken is.

Dit het my toe gepla en ek het gaan kyk na die montering van die scope en ek kan duidelik sien dat die scope skeef op die geweer gemonteer is. En wat my meestel onstel is dat ek heelwat rondtes moes afvuur om hom in te kry.

My vraag is dus, vat ek hom terug en dat hulle hom weer “bore sight” of los ek hom so vir nou tot na die jag seisoen?

Groete
Die Bosvark

Re: New Scope Skeef gemonteer. Raad asb!!

Posted: Mon Jul 06, 2020 7:49 pm
by Flip Nel
Het hulle aan die mounts gewerk of verander, as die scopes se deursnee die selfde is behoort hulle nie iets te verander het nie dan was hy dalk van die begin af skeef.

Re: New Scope Skeef gemonteer. Raad asb!!

Posted: Mon Jul 06, 2020 7:50 pm
by Bosvark34
Hi Flip,

nee hulle het nuwe ringe 30mm op gesit. Ek kan duidelik sien dat dit skeef op is.

Re: New Scope Skeef gemonteer. Raad asb!!

Posted: Mon Jul 06, 2020 8:01 pm
by Bosvark34
Die Ringe is vergroot van 25mm na 30mm. Waar die ringe op die basis vas kom kan ek sien hy is skeef ma regs.

Ek wil net ñ regstelling maak, die geweer het na links geskiet.

Groete

Re: New Scope Skeef gemonteer. Raad asb!!

Posted: Mon Jul 06, 2020 8:10 pm
by DWB
Dit gaan oor die grub screw alignment. Met baie tyd en geduld kan mens dit reg kry.

Re: New Scope Skeef gemonteer. Raad asb!!

Posted: Mon Jul 06, 2020 8:17 pm
by Bosvark34
DWB wrote: Mon Jul 06, 2020 8:10 pm Dit gaan oor die grub screw alignment. Met baie tyd en geduld kan mens dit reg kry.
Ok, kan dit rede wees vir so ver links skiet?

Re: New Scope Skeef gemonteer. Raad asb!!

Posted: Mon Jul 06, 2020 8:22 pm
by Diesel Dog
Hoe ver is die scope nou van sy meganiese zero af ?Is die monteerings voor en agter na die selde kant toe uit ?
DD

Re: New Scope Skeef gemonteer. Raad asb!!

Posted: Mon Jul 06, 2020 8:33 pm
by Bosvark34
Diesel Dog wrote: Mon Jul 06, 2020 8:22 pm Hoe ver is die scope nou van sy meganiese zero af ?Is die monteerings voor en agter na die selde kant toe uit ?
DD
Hi, nee aan die agter kant lyk hy so. Dus is hy uit na die teenoorgesteld kant.

Re: New Scope Skeef gemonteer. Raad asb!!

Posted: Mon Jul 06, 2020 8:37 pm
by Philip J
My 303 het diselfde brug op.
Die voorste ring was te vêr regs, dis hoekom die geweer links gskiet het. As jy lus is, stel al die klieks terug wat jy op die baan gestel het. Draai nou EERTSENS die versinkte skroefie aan die REGTERKANT, onder op die voet van die ring, UIT (LOS).
Nou draai jy die LINKERKANTSTE een dieper in die ring in(VAS). Dit sal die ring ook links trek. Voorste ring moet IN DIE FOUT IN verstel word. Wanneer die ring dan nou eweredig op die brug sit, kan die teleskoop weer ingestel word. Dieseflde geld vir die agterste ring, BEHALWE, dat die agterste ring in die teenoorgestelde rigting as die fout moet skuif.

Hoop dit maak sin.

Re: New Scope Skeef gemonteer. Raad asb!!

Posted: Mon Jul 06, 2020 8:45 pm
by Bosvark34
Philip J wrote: Mon Jul 06, 2020 8:37 pm My 303 het diselfde brug op.
Die voorste ring was te vêr regs, dis hoekom die geweer links gskiet het. As jy lus is, stel al die klieks terug wat jy op die baan gestel het. Draai nou EERTSENS die versinkte skroefie aan die REGTERKANT, onder op die voet van die ring, UIT (LOS).
Nou draai jy die LINKERKANTSTE een dieper in die ring in(VAS). Dit sal die ring ook links trek. Voorste ring moet IN DIE FOUT IN verstel word. Wanneer die ring dan nou eweredig op die brug sit, kan die teleskoop weer ingestel word. Dieseflde geld vir die agterste ring, BEHALWE, dat die agterste ring in die teenoorgestelde rigting as die fout moet skuif.

Hoop dit maak sin.
Maak sin, baie dankie.

Re: New Scope Skeef gemonteer. Raad asb!!

Posted: Mon Jul 06, 2020 8:46 pm
by Diesel Dog
Ek stel eers my scope se wind verstelling sodat dit in die middel van sy verstelling band is .Dan stel ek die basis terwyl ek deur die loop kyk tot die kruishaar oplyn met die mikpunt wat ek deur die loop waarneem.Skiet dan groep op 100 m en verstel na tref punt met scope verstellings .

DD

Re: New Scope Skeef gemonteer. Raad asb!!

Posted: Tue Jul 07, 2020 5:59 am
by Krobb
Diesel Dog wrote: Mon Jul 06, 2020 8:46 pm Ek stel eers my scope se wind verstelling sodat dit in die middel van sy verstelling band is .Dan stel ek die basis terwyl ek deur die loop kyk tot die kruishaar oplyn met die mikpunt wat ek deur die loop waarneem.Skiet dan groep op 100 m en verstel na tref punt met scope verstellings .

DD
Presies net so!

Re: New Scope Skeef gemonteer. Raad asb!!

Posted: Wed Jul 08, 2020 9:16 am
by henk.spioenkop
Diesel Dog wrote:Ek stel eers my scope se wind verstelling sodat dit in die middel van sy verstelling band is .Dan stel ek die basis terwyl ek deur die loop kyk tot die kruishaar oplyn met die mikpunt wat ek deur die loop waarneem.Skiet dan groep op 100 m en verstel na tref punt met scope verstellings .

DD
Dit is hoe gedoen moet word. Teleskoop wind in die middel. Doen Meganiese verstelling op skroefies weerskante van mushroom mount sodat vertikale lyn gesentreer is bv op n paal. Stel min op n slag en draai vas.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: New Scope Skeef gemonteer. Raad asb!!

Posted: Wed Jul 08, 2020 10:44 am
by Carl
Net om by te las, vergeet van Borescope. Stel jou geweer self in. Sit dit stewig vas en haal die slot uit. Stel 'n teiken op 25m op en kyk deur die loop, verstel tot dit mooi middel is. Dan kan jy jou teleskoop verstel. Jy sal heel moontlik nader aan die mikpunt wees met die eerste skoot - myne was altyd.

Re: New Scope Skeef gemonteer. Raad asb!!

Posted: Wed Jul 08, 2020 12:35 pm
by Bosvark34
Dankie Vir die raad manne.