Page 1 of 1

.22 geweer skiet nie koeel uit die loop nie

Posted: Sat Jul 04, 2020 5:28 pm
by Ds J
Goeienaand,

Wat veroorsaak dat n .22 geweer (BSA Mod 8 of 12) nie die patroon uit die loop uitskiet nie?

Die loop het nie ringe of "bubbles" in nie, en ook nie roes of gaatjies nie.

Die ammunisie is Remington Cyclone - redelik nuut.

Die loop kan dalk deeglik aangepak wees met dekades se ou lood. Die groewe is skaars sigbaar, en net voor die kamer lyk dit of die groewe heeltemal weggeskiet is.

Waar begin n mens, en hoe maak n mens hom skoon?

Re: .22 geweer skiet nie koeel uit die loop nie

Posted: Sat Jul 04, 2020 5:40 pm
by tripodmvr
Is daardie loop nie vol .22 koeëls wat een groot blokkasie gevorm het nie?

Tensy 'n .22 loop roes kan ek nie sien dat hy ooit uitgeskiet sal raak nie.

Re: .22 geweer skiet nie koeel uit die loop nie

Posted: Sat Jul 04, 2020 6:11 pm
by Ds J
tripodmvr wrote: Sat Jul 04, 2020 5:40 pm Is daardie loop nie vol .22 koeëls wat een groot blokkasie gevorm het nie?

Tensy 'n .22 loop roes kan ek nie sien dat hy ooit uitgeskiet sal raak nie.
Die eienaar het voor sy eerste skoot iets uitgehaal wat blykbaar soos houtskool gelyk het, en daarna die loop met n lappie skoongemaak.

Die groewe lyk vlak, maar die loop is skoon. Dit het ek self gesien.

Sover ek weet het hy twee skote daarna geskiet, en die koeel sit met elke skoot in die loop vas.

As dit .22S, of subsoniese ammunisie was, was dit verstaanbaar, maar hierdie is HV patroontjies.

Re: .22 geweer skiet nie koeel uit die loop nie

Posted: Sat Jul 04, 2020 6:30 pm
by OosKaapJagter
Ek is nie lief vir Remington se .22 ammunisie nie.

https://www.rimfirecentral.com/forums/s ... p?t=285628
http://www.predatormastersforums.com/fo ... er=2501196

Dit wil voorkom asof die ouens dieselfde simptome met daardie ammunisie ondervind het.

Re: .22 geweer skiet nie koeel uit die loop nie

Posted: Sat Jul 04, 2020 9:39 pm
by Nella
Vriend van my se .22 se groewe was ook basies nie meer sigbaar nie en het bitter swak begin skiet.
Hy besluit toe om n laaste keer behoorlik skoon te maak voordat hy die geweer ingee by die poliesie.
Hy was letterlik n dag of drie besig om al daai gemors daar binne uit te kry
Kon nie my oë glo toe hy my wys hoe lyk daai loop nie..sommer nuut weer en skiet toe ook weer raak.
Ek dink maak daai loop behoorlik skoon...blok him eenkant en gooi iets soos robla soda of iets daar in en laat hom n paar uur staan.
Skrop en herhaal n klompie kere.
Baie oortuig dit gaan julle probleem oplos.

Re: .22 geweer skiet nie koeel uit die loop nie

Posted: Sat Jul 04, 2020 10:12 pm
by wlm
Ek is nie 'n ekspert nie maar daar vorm 'n koolstofaanpaksel in die loop. Google bietjie "carbon ring". 'n Goeie koolstofverwyderaar soos Boretech se Carbon Remover sal jou probleem oplos. Wees net versigtig om 'n lappie of borsel deur die loop te probeer trek. Die vernouing kan maak dat die gereedskap in die loop kan vas steek wat slegs met groot moeite verwyder kan word. Ek praat uit ondervinding!

Re: .22 geweer skiet nie koeel uit die loop nie

Posted: Sat Jul 04, 2020 10:15 pm
by wlm
My ervaring is ook dat 'n .22 nie akkuraat skiet met 'n baie skoon loop nie. Moenie skrik as jou geweertjie na 'n goeie skoonmaak bietjie bont skiet nie. Hy sal weer reg groepeer na 'n aantal skote.

Re: .22 geweer skiet nie koeel uit die loop nie

Posted: Sun Jul 05, 2020 12:15 am
by Ds J
Ons het n resep gekry met waterstofperoksied, wynasyn en sitroensuur. Dit teiken spesifiek die koolstof.

Baie dankie !!

Re: .22 geweer skiet nie koeel uit die loop nie

Posted: Sun Jul 05, 2020 7:38 am
by JohanvB
Ds J wrote: Sun Jul 05, 2020 12:15 am Ons het n resep gekry met waterstofperoksied, wynasyn en sitroensuur. Dit teiken spesifiek die koolstof.

Baie dankie !!
Wat is die ratio mengsel asb

Re: .22 geweer skiet nie koeel uit die loop nie

Posted: Sun Jul 05, 2020 4:45 pm
by wlm
Ds J wrote: Sun Jul 05, 2020 12:15 am Ons het n resep gekry met waterstofperoksied, wynasyn en sitroensuur. Dit teiken spesifiek die koolstof.

Baie dankie !!
Ds J
Ek is nie n voorstaander van tuisgemaakte brousels nie.

Re: .22 geweer skiet nie koeel uit die loop nie

Posted: Sun Jul 05, 2020 5:23 pm
by Ds J
JohanvB wrote: Sun Jul 05, 2020 7:38 am
Ds J wrote: Sun Jul 05, 2020 12:15 am Ons het n resep gekry met waterstofperoksied, wynasyn en sitroensuur. Dit teiken spesifiek die koolstof.

Baie dankie !!
Wat is die ratio mengsel asb

DIE VOLGENDE IS SONDER ENIGE WAARBORG, EN GEHEEL EN AL OP EIE RISIKO. EK AANVAAR GEEN VERANTWOORDELIKHEID OF AANSPREEKLIKHEID NIE!!!

METODE / NOTAS:
Toets die mengsel eers op n stukkie lood en n stukkie staal om te verstaan wat gebeur.
Moenie die mengsel bêre nie, dit verslaan na enkele ure.

Prop die kamer toe, en gooi die mengsel van die kroon af in die loop.

Kantel of skud die loop elke drie tot vier minute om die vloeistof egalig te versprei.

Maksimum twaalf minute in die loop.

Skrop met n koperborsel.

Spoel deeglik uit met water.

Spoel deeglik uit met bensien of asetoon.

Sterker en haastiger mengsel:
1/3 waterstofperoksied
1/3 wit asyn
1/3 water

Rustiger en veiliger mengsel:
50ml peroksied
250ml water
Een eetlepel sitroensuur

Volg metode soos bo beskryf (skud, skrop, uitspoel)

Dan n tweede mengsel:
50ml peroksied
250ml water
200ml wit asyn.

Volg metode soos bo beskryf (skud, skrop, uitspoel)

Re: .22 geweer skiet nie koeel uit die loop nie

Posted: Mon Jul 06, 2020 8:10 am
by alecjohnson
Koolstof... windowlene werk soos 'n droom! Bly jy het reggekom.

Re: .22 geweer skiet nie koeel uit die loop nie

Posted: Mon Jul 06, 2020 10:40 am
by Ds J
Dankie

Re: .22 geweer skiet nie koeel uit die loop nie

Posted: Tue Jul 07, 2020 8:25 pm
by Alwin
Dit behoort ook nie skade te doen om die loop uit te skrop met geelkoper potskuurders nie. L.W. Toets eers met 'n magneet, party is staal met 'n geplateerde lagie op. Dit behoort enige hardnekkige vuilgoed uit die hoekies ens uit te skrop.

In ekstreme gevalle kan mens seker ook 'n sagte skuurmiddel soos bv. JB non imbedding bore paste of soortgelyk probeer.

Laat weet asb as die 22 weer begin skiet het?

Re: .22 geweer skiet nie koeel uit die loop nie

Posted: Tue Jul 07, 2020 10:36 pm
by Ds J
Ek het die raad deurgegee. Sal laat weet as ek weer iets hoor.