Page 1 of 4
Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 9:27 am
by jdpretorius
Ek weet ons is almal al mooi keëlvol vir die covid-19 storie.....maar dink dit kan help as ons raad kan deel om ons uit die hospitale te hou.....veral nou dat die infeksies de hoogte in skiet.
Ek het die 20ste Junie posetief getoets en dit het my HARD geslaan!!!!. Die enigste rede hoekom ek nog hier is, is deur ons Vader se genade en die raad wat ek gekry het van ander.....want ek was nie vanplan om in n hospitaal te vrek, ver van my mense af nie....so nou deel ek maar wat my moontlik gehelp het.
As die virus in jou longe in klim voel dit of 'n reus bo-op jou sit en maak nie saak hoe diep jy asemhaal nie, jy kry net nie genoeg suurstof nie - basies is jy besig om te versmoor. Ek het geen koors, seer keel of naarheid gehaad nie.
Disclaimer - Ek het zero mediese agtergrond nie, so vat die op gesig waarde.
Dit sal gaaf wees as ons dokters op die forum dalk ook kan raad gee.
Dokters in Europa begin ook blykbaar nou vroeër mense op voorkomende medikasie sit eerder as om simptome later te probeer beheer.
Drink baie watet - dit help blykbaar jou longe ook.
Vitamin-C
Kry n asma pompie en gebruik hom gereeld. - ek het VANNAIR gekbruik.
Vitamin-D, dit help blykbaar ook jou ligaam om die immune reaksies te reguleer, want hy kan oor-reageer wat net so dodelike is.
Neus sproei soos FloMist
Disprin - 2 x p/dag
Panado vir pyn
Die idee is om alle slym in jou bors te stuit voor dit begin oorneem.
Probeer om minstens 1 uur per dag in direkte sonlig te kom, dit help jou liggaam ook om vitamin-d te vervaardig.
Vicks - smeer dit gereeld aan jou bors, agtet jou ore en onder jou voete > die is n ou boere raad en lyk of dit werk. Jy kan ook probeer stoom met Vicks om jou bors oop te kry.
Sinupret Forte - dit help om die slym te beperk en het 2 tab. x 2 keer p/dag geneem
Ns.....amper vergeet...hoes medisyne (ek het PROSPAN hekry) en party beweer dat as jy taamlik Med-Lemon inkry aan die begin help dit soms dat hy nie na jou longe versprei nie.
NB. - Die raad kom vanaf dokters in Frankryk: hydroxychloroquine in kombinasie met azythromycine (antibiotika) as jy nie die chloroquine in die hande kan kry nie kan jy quinine in kry deur tonic water bv. of deur suurlemoene....ek het die pitte ook gekou. Chloroquine phosphate kan dalk ook werk.
Bly weg van anti-inflammatoriese medikasie.....as ek reg ontdou is daar sekeres met natuurlike produkte in wat ok is, maar hoor eerder by jou dokter
Daar is ook raad wat sê jy moet genoeg vitamin-e in kry en eiers minstens een keer per dag eet.
Blykbaar is die ander belangrike ding is om jou liggaam se pH waarde te verhoog, bo die van die virus sin wat blykbaar tussen 5.5 & 8.5 is.....ek het suurlemoensap gedrink met water, avokado & pynappels geëet. Die pynappels het ook blykbaar quinine in. Gemmer & knoffel is ook goed.
Ek hoop die kan iemamd help
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 9:34 am
by Armand Steenkamp
Ai die is bitter sleg dan Vader jy het hierdeur gekom.... Dankie vir die raad
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 9:45 am
by jdpretorius
Armand Steenkamp wrote:Ai die is bitter sleg dan Vader jy het hierdeur gekom.... Dankie vir die raad
Groot plesier Armand, al help dit net een ou......
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 9:53 am
by Jurgen Visser
Dankie vir die deel , ek foto geneem en bere op my foon net vir incase , net vir interresantheid , is jy 'n roker of nie roker ?
Groete
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 9:55 am
by jdpretorius
Jurgen, ek't in Augustus laas jaar die sigarette neer gesit maar vape ongelukkig nog.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 10:00 am
by Jurgen Visser
Ek is 'n baie harde roker , dit is hoekom ek vra , ek worry maar , maar ook raak gelees dat die teer in rook die virus irreteer en hy hou nie daarvan nie , hoe waar dit is weet ek nie , ek kan maar net hoop dat dit die waarheid is
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 10:04 am
by jdpretorius
Jurgen Visser wrote:Ek is 'n baie harde roker , dit is hoekom ek vra , ek worry maar , maar ook raak gelees dat die teer in rook die virus irreteer en hy hou nie daarvan nie , hoe waar dit is weet ek nie , ek kan maar net hoop dat dit die waarheid is
Ek kan net hoop jy is reg, en dalk is meeste van die teer al uit myne..... 'n ou se longe vat n hammering met die virus.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 10:34 am
by Lategan1
JD, baie bly vir jou en dankie vir deel en mooi saamgevat. Dit is goeie info en raad. Ek deel ook volgende ter aansluiting.
Het nou etlike goeie vriende wat Covid-19 gehad het, o.a. dokterspaartjie. Kommentaar is eerstehands hulle amper geen gevolge gehad nie tot bietjie erger. My een vriend was ‘n strawwe roker met hoesbors. Hy het begin van inperking ophou rook! (Dit is grid op die tande!) Hy het nie eenkeer sy neus gesnuit tydens sy onlangse 14 dae afsondering nie, hy was positief getoets. Net papperig gevoel met nou en dan kopseer met ‘n dag of 2 se krap in sy keel. Sy vrou het kanker en tans onder behandeling, hy het hierdie tog stoksielalleen vir 2 weke aangepak wyl sy haarself elders isoleer het, vir ingeval.
Hierdie vrinne was die gelukkiges. Tog kon ek na 14dae sien dat hulle optrede is soos iemand wat nog herstel van narkose of vlugflouheid. Gesig is effe pofferig en hulle kom so effe ‘daizy’ oor.
My mediese vriend sê onomwonde dat dit net jou geluk is as die ding jou liggies knyp. Geen waarborge nie. Dink dit is die groot les.
JD, bogemeldes het nie naastenby ervaar waardeur jy is nie. Sterkte met die verdere herstelpad.
Beste.
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 10:57 am
by jdpretorius
Lategan1 wrote:JD, baie bly vir jou en dankie vir deel en mooi saamgevat. Dit is goeie info en raad. Ek deel ook volgende ter aansluiting.
Het nou etlike goeie vriende wat Covid-19 gehad het, o.a. dokterspaartjie. Kommentaar is eerstehands hulle amper geen gevolge gehad nie tot bietjie erger. My een vriend was ‘n strawwe roker met hoesbors. Hy het begin van inperking ophou rook! (Dit is grid op die tande!) Hy het nie eenkeer sy neus gesnuit tydens sy onlangse 14 dae afsondering nie, hy was positief getoets. Net papperig gevoel met nou en dan kopseer met ‘n dag of 2 se krap in sy keel. Sy vrou het kanker en tans onder behandeling, hy het hierdie tog stoksielalleen vir 2 weke aangepak wyl sy haarself elders isoleer het, vir ingeval.
Hierdie vrinne was die gelukkiges. Tog kon ek na 14dae sien dat hulle optrede is soos iemand wat nog herstel van narkose of vlugflouheid. Gesig is effe pofferig en hulle kom so effe ‘daizy’ oor.
My mediese vriend sê onomwonde dat dit net jou geluk is as die ding jou liggies knyp. Geen waarborge nie. Dink dit is die groot les.
JD, bogemeldes het nie naastenby ervaar waardeur jy is nie. Sterkte met die verdere herstelpad.
Beste.
Dankie Lategan.
Ons was 12 wat positief getoets het by die werk. Lyk of ek dit dalk die ergste het, ten spyte daarvan dat my algemene gesondheid seker goed is.
Ek begin wonder of mense met n sekere DNA nie hom dalk erger kry nie
......maar genog van my/ek.....nou nou klink dit soos n pitty-party en dit is nie die intensie nie.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 5:53 pm
by tripodmvr
Dankie vir die deel. Ek het gister ook 'n verhaal van 'n apteker gehoor. Weet nie hoekom die simptome so weggesteek word nie. Nou het ons uit die perd se bek gehoor.
Ek sien jy is 49. Jy kan dus nog as jonger deurgaan. Het jy jou net isoleer en tuis gebly?
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 5:56 pm
by Lategan1
tripodmvr wrote: Sat Jul 04, 2020 5:53 pm
Dankie vir die deel. Ek het gister ook 'n verhaal van 'n apteker gehoor. Weet nie hoekom die simptome so weggesteek word nie. Nou het ons uit die perd se bek gehoor.
Ek sien jy is 49. Jy kan dus nog as jonger deurgaan. Het jy jou net isoleer en tuis gebly?
Belangrike vraag Tripod, my vriende is almal 58-62 jr oud waarna ek verwys het.
Beste.
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 6:35 pm
by jdpretorius
tripodmvr wrote:Dankie vir die deel. Ek het gister ook 'n verhaal van 'n apteker gehoor. Weet nie hoekom die simptome so weggesteek word nie. Nou het ons uit die perd se bek gehoor.
Ek sien jy is 49. Jy kan dus nog as jonger deurgaan. Het jy jou net isoleer en tuis gebly?
Ja oom Marius, en ons volg maar n streng protocol by die huis waar ek basies isoleer in een van die kamers. My vrou raak bv. nie eers aan my vuil skottelgoed nie en as ek wel tussen die kamer en badkamer beweeg is dit met n masker aan en spry nog om my met sanitizer ook.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 6:40 pm
by jdpretorius
Die virus se simptome lyk nie of hy n vaste reël het vir almal nie.
Soos tyd verloop (het) kon ek voel hou hy organe om die beurt aanval en vir n swak punt soek.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 7:01 pm
by Dirkvh
JD, my liggam is te suur en my dokter het my aangeraai om suurlemoene uit te druk water en so te drink om dit te verlaag. Enige ander sitrus verhoog suurvlakke, maar suurlemoene verlaag dit. Is my dokter reg of sit hy die pot mis?
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 7:07 pm
by jdpretorius
Dirkvh wrote:JD, my liggam is te suur en my dokter het my aangeraai om suurlemoene uit te druk water en so te drink om dit te verlaag. Enige ander sitrus verhoog suurvlakke, maar suurlemoene verlaag dit. Is my dokter reg of sit hy die pot mis?
Dirk ek is nie n dokter nie maar dink hy is reg want suurlemoene/sap is 'n alkali.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 7:15 pm
by LUAN
Ja die suurlemoen sap verlaag beslis jou suurvlakke al proe dit dan suur. Dit sal ook help met gewig verloor. En as jy dit meng met gemmer en knoffel het jy n lekker konkoksie wat jou sterk kan hou teen die verkoues en dinge.
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 7:18 pm
by LUAN
Ek wonder nou is die covid nie maar n tipe griep? Baie van die simptome is dieselfde. Daar is nog nie eers 3000 mense dood van dit maar laas jaar was daar 11000 dood in die land agv influenza griep.
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 7:28 pm
by Hercules Louw
JD, jammer om van die besigheid te hoor, gelukkig klink dit die ergste nou agter jou is.
My seun en skoondogter wat by ons in n woonstel op die erf woon is nou in die situasie dat daar n klomp positiewe gevalle by hulle werk is en gister is al 80 die werknemers getoets. Ons verwag hulle gaan positief wees, sal teen Maandag weet. Indien hulle positief is sal ek en my vrou seker ook maar inval.
Vir die interessantheid, wat is jou bloedgroep, ek het iewers gelees dat bloedgroepe anders as O erger getref word maar kan beslis nie vir die waarheid daarvan instaan nie.
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 7:31 pm
by jdpretorius
Luan ek wonder of ons inenting programme teen bv. TB dalk iets met die lae dood syfers te doen het. Ons het dam ook heelwat sonskyn hier by ons wat dalk help....wat wel seker is, is dat ek nog nooit so n erge griep gehaad het nie......maar Afrika is mos nie vir sissies nie

Die dodetal is dalk nog laer, want ek lees baie van dood sertifikate wat verkeerdelik as covid uit gemaak word a.g.v die finansiële steun wat sekeres ontvang van die staat
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 7:36 pm
by jdpretorius
Hercules Louw wrote:JD, jammer om van die besigheid te hoor, gelukkig klink dit die ergste nou agter jou is.
My seun en skoondogter wat by ons in n woonstel op die erf woon is nou in die situasie dat daar n klomp positiewe gevalle by hulle werk is en gister is al 80 die werknemers getoets. Ons verwag hulle gaan positief wees, sal teen Maandag weet. Indien hulle positief is sal ek en my vrou seker ook maar inval.
Vir die interessantheid, wat is jou bloedgroep, ek het iewers gelees dat bloedgroepe anders as O erger getref word maar kan beslis nie vir die waarheid daarvan instaan nie.
Dankie Hercules en sterkte daar.
Die was van n ou se hande voor en na jy aan jou gesig gevat het is bitter belangrik.
Betreffende die bloed groep teorie, het ek al die selfde gelees.....kan nou nie meer 100% ontdou uit my diensplig dae nie maar ek is A of B - (negatief)
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Covid-19 medikasie
Posted: Sat Jul 04, 2020 9:39 pm
by Apie
jdpretorius wrote:Luan ek wonder of ons inenting programme teen bv. TB dalk iets met die lae dood syfers te doen het. Ons het dam ook heelwat sonskyn hier by ons wat dalk help....wat wel seker is, is dat ek nog nooit so n erge griep gehaad het nie......maar Afrika is mos nie vir sissies nie

Die dodetal is dalk nog laer, want ek lees baie van dood sertifikate wat verkeerdelik as covid uit gemaak word a.g.v die finansiële steun wat sekeres ontvang van die staat
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Daar is verseker ‘n korrelasie tussen lande wat met BCG entstof ent(soos ons)en hulle sterfte syfers(daar is egter geen amptelike navorsing nie)
Ek moes vir ‘n klein prosedure in my rug gaan en moes natuurlik toets voor ek op geneem kon word.
Verrassing van die jaar.
Ek toets toe positief....(die vrydag getoets en die saterdag die resultaat ontvang)
Groot deurmekaarspul die kant, stel
Al die kontakte in kennis, isoleer etc.
Ons gesin sê nag met soengroet elke aand(en ek en mammie vry darem so nou en dan nog skelm) so dit help nie ek isoleer myself iewers in huis nie.
Ons vermoed onraad siende dat GEEN van my kontakte of niemamd nêrens wat ek ken positief toets of simptome toon nie.
My vrou toets toe die maandag en toets negatief.
Ek laat toets toe myself weer die dinsdag en die resultaat kom toe woensdag negatief terug.
Nou wat nou?
Ek laat toets myself toe weer die vrydag by sokter met die rapid toetse wat toets of jy teenligaampies het vir die virus( indien jy teenliggame het in jou bloed beteken dit dat jou liggaam reeds die virus baklei het.)
Die toets kom toe ook negatief terug.
So 3 weke later het ek maar weer laat toets....
Weer negatief getoets en toe hospitaal toe vir prosedure.
Laat mens wonder...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sun Jul 05, 2020 7:31 am
by jdpretorius
Apie jou geval gee weer wind vir die gedagte dat daar n asprisse geliegery aan die gang is....as die lot 'n manier kan kry om geld te steel sal hulle dit doen sonder versuim. Dit dra dan natuurlik erg by tot al die wantroue en verwarring.....op n stadium het ek self gewonder of die ding "regit" is.
Dan is daar natuurlik ook die teorie oor waar die vandaan kom......daar is so baie fake nuus dat n ou later nie meer weet wat om te glo nie.
https://m.youtube.com/watch?v=EVViNl16n ... e=youtu.be
https://www.nommeraadio.ee/meedia/pdf/R ... dation.pdf
Kyk vanaf bl. 18.....
Met die erge kou wat ons getref het in die week van die 16de het ek n snot neus ontwikkel en klaar begin voorsorg tref om ons kontak in die huis effe te beperk. My vrou het gelukkig toe negatief getoets, so van daar af het ek haar so ver moontlik probeer beskerm teen aansteek by my.
Ek toets weer more om te kyk of ek dalk nou skoon is
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sun Jul 05, 2020 8:15 am
by Apie
jdpretorius wrote:Apie jou geval gee weer wind vir die gedagte dat daar n asprisse geliegery aan die gang is....as die lot 'n manier kan kry om geld te steel sal hulle dit doen sonder versuim. Dit dra dan natuurlik erg by tot al die wantroue en verwarring.....op n stadium het ek self gewonder of die ding "regit" is.
Dan is daar natuurlik ook die teorie oor waar die vandaan kom......daar is so baie fake nuus dat n ou later nie meer weet wat om te glo nie.
https://m.youtube.com/watch?v=EVViNl16n ... e=youtu.be
https://www.nommeraadio.ee/meedia/pdf/R ... dation.pdf
Kyk vanaf bl. 18.....
Met die erge kou wat ons getref het in die week van die 16de het ek n snot neus ontwikkel en klaar begin voorsorg tref om ons kontak in die huis effe te beperk. My vrou het gelukkig toe negatief getoets, so van daar af het ek haar so ver moontlik probeer beskerm teen aansteek by my.
Ek toets weer more om te kyk of ek dalk nou skoon is
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Ja dis moeilik!
Jy is nou een geval waar jy die virus opgedoen het EN siek geword het.
Dat hierdie ding nog lank met ons gaan bly is ‘n feit.
Uit die aard van my werk in landbou het ek baie te doen met jonk en oud, siek en gesond en familieboerderye.
As ek dus die virus opdoen en dit onwetend versprei en iemand sterf daarvan dink ek nie mens sal jouself vergewe nie maar hoe op aarde gaan die wêreld voort?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sun Jul 05, 2020 8:22 am
by jdpretorius
Apie daai is die moeilikste vraag......en soos jy sê, as jy iemand aansteek en hy gaan dalk dood.....hoe lewe jy met jou gewete saam.
Aan die eenkant moet ons dalk verlief neem dat almal of minstens 90% dit op een of ander stadium sal kry en dus ook deels hoekom dit dalk goed is om raad te deel wat n ou daardeur kan help
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Covid-19 medikasie
Posted: Sun Jul 05, 2020 9:04 am
by OosKaapJagter
My gevoel oor hierdie siekte is: You can run but you can't hide.
Elkeen van ons gaan die virus waarskynlik teëkom, ongeag voorsorgmaatreëls. Ek het my jaarlikse jaguitstappie na familie in die Oos-Kaap gekanselleer. Dit is moontlik om met vindingryke permitte oor provinsiale grense te reis. Die probleem is as die familie oor 70 is en jy weet jy is in kontak met baie mense vanweë jou werk. Dink aan die verwyte as die familielede siek word of dalk sterf so paar weke na jy daar was.