Page 1 of 2
Ideale spoed vir jag
Posted: Thu Jul 02, 2020 6:34 am
by JohanvB
Goeiemôre
Hmmm, lê sommer en wonder.. Wat is die ideale spoed vir jou koeël vir jag??
Spoed is 'n black-sam by jag.. Vleis skade...
En nee, julle manne wat kop skote doen, hou maar verby hier, hierdie gesprekkie is vir ons blad jagters..
En sou graag die afstand onder 350m wil hou..
Dus ideale jag spoed met nog steeds genoeg impak om dood te maak..
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Thu Jul 02, 2020 7:25 am
by Geno
JohanvB wrote: Thu Jul 02, 2020 6:34 am
Spoed is 'n black-sam by jag.. Vleis skade...
Nie heeltemal waar nie. Koeelkonstruksie (fragmentasie) is 'n groter faktor vir vleisskade.
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Thu Jul 02, 2020 7:30 am
by Chris (vdB)
Voordat Geno nou geandwoord het, wou ek ook se jy moet dalk se met watse koel jy gaan/wil skiet, dit gaan n' groot faktor wees
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Thu Jul 02, 2020 7:33 am
by JohanvB
Eldx 143 (6.5) gmx 150gr (308), frontier spartan 180gr (300wm)
Ek gee nou maar wat ek gebruik..
Meer in die algemeen gedink..
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Thu Jul 02, 2020 7:47 am
by Malan123
2900fps gee vir my die beste balans...
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Thu Jul 02, 2020 8:15 am
by tripodmvr
Eldx 143 - 2500vps of minder om vleisskade te beperk
150 GMX - agter die blad met selfs 2900 sal nie te veel vleisskade geen nie
180 Spartan - selfde as met GMX
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Thu Jul 02, 2020 8:24 am
by Lategan1
Johan se vraag is vir my duidelik, blad/vleisskade/<350m en is ‘n baie belangrike en lekker vraag. Tradisionele algemene moderne jag.
My ervaring, ook deel van baie wat ek ken. Gekoopte patrone of herlaai met jagpunte, koper GMX/TTSX’e ens. Uitgesluit. Gewone jaggeweer met tele van jou keuse.
Vlakte/berg en dale/wind: 2780 tot 2830 vps. Maks indien moet, 2850.
Kalahari waar 250m - 350m as die norm nie snaaks is nie: 2880 - 2950.
Ek het die afgelope week weer gesien wat doen 162gr Eldx @ 2920 uit my 7mm RM op Springbok kop en blad op 200-220m. Was wel uitstekend in sterk wind. Kan nie wag om hulle klaar te skiet nie, dan vir Acubonds 160gr. Ek herhaal my opinie op vorige draad, eldx is bedoel vir 300m plus. Wil graag mede-jagters se ervaring hier hoor.
Beste van alles is, hier is horde manne wat skiet tussen 2500 - 2650 vps wat dalk meeste platskieters stilmaak!
Ken jou geweer is no 1.
Beste.
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Thu Jul 02, 2020 8:27 am
by Trompie
Elke jaar die tyd breek ek my kop met oplees van beste bullet selection vir wat ek wil doen en hoe meer ek lees hoe meer deurmekaar raak ek. Net sodra ek dink ek weet dan lees ek weer iets wat my opinie verander
Maar ek stem oor die bullet construction. Ekt laas jaar rooibok op 40m met 168gr Barnes teen 3150fps geskiet. Ribbes getref en daar was meer skade as wat ek verwag het van ribbes shot....maar nie naastenby so erg soos 143gr Eldx op die skouer op 110m nie
Sent from my LM-G810 using Tapatalk
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Thu Jul 02, 2020 9:03 am
by Gawie(13mm)
Die vraag wat eintlik gevra moet word is wat die terminale spoed moet wees?
Dit is die spoed waarteen die koeël die teiken area tref.
Ek het met my standaard 7x57, net Sierra se 150 grein Match Kings geskiet. Trompsnelheid was 2630 vps. Dit was die lekkerste jaggeweer wat ek ooit mee gejag het.
Kopskote tot 150 m en agter die blad tot 300m. Punt.
Op 100 m was die "slaankrag" 2560 Joules en op 300m, 1750 Joules.
Met my 7x57 AI skiet ek nou 'n 162 SST @ 2760 vps by die tromp. Slaankrag op 100 m is 3240 Joules en op 300 m is dit 2432 Joules.
Die 150 grein MK sal nie die pyp rook as 'n jag koeël uit die AI nie. Die probleem is dus nie die koeël self nie, maar die aanwending met 'n gekose kaliber en lading kombinasie.
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Thu Jul 02, 2020 9:09 am
by JohanvB
Daarsy Gawie!!!
Dis wat ek soek!!
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Thu Jul 02, 2020 9:11 am
by Gawie(13mm)
JohanvB wrote: Thu Jul 02, 2020 9:09 am
Daarsy Gawie!!!
Dis wat ek soek!!
Johan, ek het my AI se data bygevoeg na my plasing, maar voor jou repliek.

Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Thu Jul 02, 2020 9:42 am
by Ds J
Daar is n hele paar teorieë, en ek het al n paar verskillende situasies beleef.
My vermoede is dat die kombinasie van skootplasing (been word getref) en koeëlreaksie (koeëls wat bars) die grootste effek het.
168gr A-max uit my 308 (2600vps trompsnelheid), koedoekoei op 60m het tot gevolg gehad dat ek n hele voorkwart moes weggooi. Dit was n bloederige pappery, maar die koeël het baie been getref en behoorlik versplinter
130gr Impala LWHV op n groot blouwildebeesbul, 120m skuins van voor, geen been getref nie, maar wel die hart en slagare. Die bul het na binne uitgebloei, met die gevolg dat elke denkbare slymvlies en holte vol bloed was. Dit het baie werk gevat om die bloed afgewas te kry.
180gr Sierra Pro-Hunter teen 2400vps, tamaai koedoebul op 40m, bladskoot wat die hart en rugstring getref het, maar geen ander been nie. Ek het letterlik die rugbiltong teen die ingangswond uitgesny, daar was basies geen vleisverlies nie.
180gr Sierra Pro-Hunter teen 2400vps, koedoekoei op 150m, bladskoot wat albei bladbene gebreek het. Die vleis was bloederig, en ons het redelik vleis verloor.
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Thu Jul 02, 2020 9:54 am
by Klein Chris
Toevallig n post op n Amerikaanse forum raak gelees oor "slaan krag" op lang afstand (+500 yards) vir "etiese" jag. Die makkers reken vir elk minimum 1400 voet/pond en white tail minimum 1000 voet/pond.
Strelok het gee goeie aanduiding
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Thu Jul 02, 2020 10:20 am
by OosKaapJagter
Daar is te veel veranderlikes om hierdie onmoontlike vraag te beantwoord. Dieselfde swaar stadige koeël wat minimum vleisskade op 30 meter gee gaan twee keer hop voor dit dalk 'n bok op 350 meter tref.
Dit is soos om te vra beskryf die heelal en noem twee voorbeelde.
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Thu Jul 02, 2020 11:25 am
by Desperatezulu
I like the post! Under 300-350m means basically any and every bullet qualifies from a BC perspective - no need to go for fancy low drag, high BC bullets. A normal flatbase is perfectly adequate (and usually has superior terminal performance if compared like for like on conventional lead core bullets). The best 'compromise' bullets like A-Frames and even Partitions are in their sweet spot - I say compromise because they will mushroom at low impact velocities unlike a mono, and hold together well enough at high impact velocities unlike a cup & core. So they cover all bases in the 0-350m range.
High velocities of 2900 upwards aren't really needed and are a disadvantage at short distances with meat damage, irrespective of bullet type. Too slow does make judging wind and trajectory a bit trickier at longer ranges. But I think somewhere in the mid-2000 ft/s is a good all-purpose.
Of course the specialist applications like culling or varminting call for slightly different combinations but the question referred to 'normal' hunting
Lategan1 wrote: Thu Jul 02, 2020 8:24 am
Johan se vraag is vir my duidelik, blad/vleisskade/<350m en is ‘n baie belangrike en lekker vraag. Tradisionele algemene moderne jag.
My ervaring, ook deel van baie wat ek ken. Gekoopte patrone of herlaai met jagpunte, koper GMX/TTSX’e ens. Uitgesluit. Gewone jaggeweer met tele van jou keuse.
Vlakte/berg en dale/wind: 2780 tot 2830 vps. Maks indien moet, 2850.
Kalahari waar 250m - 350m as die norm nie snaaks is nie: 2880 - 2950.
Ek het die afgelope week weer gesien wat doen 162gr Eldx @ 2920 uit my 7mm RM op Springbok kop en blad op 200-220m. Was wel uitstekend in sterk wind. Kan nie wag om hulle klaar te skiet nie, dan vir Acubonds 160gr. Ek herhaal my opinie op vorige draad, eldx is bedoel vir 300m plus. Wil graag mede-jagters se ervaring hier hoor.
Beste van alles is, hier is horde manne wat skiet tussen 2500 - 2650 vps wat dalk meeste platskieters stilmaak!
Ken jou geweer is no 1.
Beste.
Agreed - and would add for bushveld 2000-2400 ft/s is probably the sweet spot.
In an ideal world we all have the optimal speed/bullet combination for each specific hunt and we know in advance exactly what the hunting conditions will be. We all know that life isn't always like that:-)
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Thu Jul 02, 2020 11:51 am
by Frederik
Die vraag is te algemeen om te beantwoord maar as dit by vleiskade kom met gewone loodkern koeels dan moet die spoed wat die kooel tref nie 2400fps oor skry nie. Hier naby 2000fps trefspoed met gewone loodkern koeels loop hulle baie goed met min skade dit sien jy baie met kalibers wat koeels skiet 2500fps en minder by loop.
Daar is te veel variasie wat kan gebeur self met regte spoed en koeel het ek al bloedvleis gesien waar daar in werklikheid net mooi gate moes wees.
Die snaakse een wat ek beleef het was toe klient van AUS af 'n rooihartbees geskiet het op 380 meter met 'n 300 weatherby en 150gr TSX teen 3300fps. Nou op amper 400 meter het die koeel se spoed baie afgeneem en die hartbees bul het so bietjie skuins getsaan en hy het toe die bees op die knop op skouer van so bietjie voor gevang.
Die hartbees het gelyk of weerlig om slaan prag skoot ons moes altwee blaie en die helle nek weg gooi gee want dit alles was net horde bloed vleis.
Later het hy eland bul op 180 meter deur die blaaie geskiet met amper geen skade en so ook meeste van sy diere van daardie jag wat nie bale vleiskade gewys het nie.
Daar is al 'n hele paar rooibokke seker so 6 van hulle met lyfskote met die 6.5x55 geskiet almal min vleis skade behalwe een en dit was ook nie skoot onder 100 meter nie en ek hardloop die 140gr koeels teen matige 2500fps. So behalwe koeel konstruksie en spoed dink ek daar is iets ander ook betrokke.
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Thu Jul 02, 2020 10:12 pm
by Apie
As jy harde bene met spoed tref is daar baie skade.
Of jy met ‘n monometaal of konvensionele konstruksie projektiel skiet.
My bietjie ervaring met 286gr Rhino’s en ook 235gr Spartan en nou 200gr Krieke ondersteun redelik dit vir my.
Die 286gr Rhinos @ 2275fps(ek praat onder korreksie) maak verseker minder skaded as die 200/235greiner monos teen 2600fps of bosveld jag afstande.
Ek het verledejaar ‘n dik sebra hings net oor die 220m geklits met daai Rhinos en Prestasie was puik(val was natuurlik baie)
My laaitie het nou al 2 rooibokke met 6x45 gejag, albei ‘quartering towards’ skote met 100gr interlocks @ 2500fps albei omtrent 60meter met baie min skade.
So ek glo tussen 2400 en 2600 fps rook die pyp wat trajek en vleiskade betref as jy konvensionele koeëls hoofsaaklik mee jag.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Fri Jul 03, 2020 5:36 am
by Hansieslim
Interessante vraag wat ek graag aan wou deelneem totdat ek die 350m gesien het, toe is ek uit. As die 350m, slegs 150 m was, sou ek as volg wou antwoord :
Ek jag met 'n 6.5x55 met 140gr (loodkerns, geen opspoorbare, gepubliseerde BC nie, kos R4.15/koeël, verpakking is groen sagte karton of sommer 'n deurskynende ziplok banksakkie) koeëls. Ek sal reken dit is bruin pakkie PMP gehalte koeëls. Ek laai die patrone vir 'n tromsnelheid van 2560fps. As ek jag, is dit 99% Bosveld. Die koeël het my nog nooit teleurgestel nie en daarom hou ek aan met die kombinasie.
Die volgende is my eie (opinie). Ek skiet nie op die knoppe nie, want niemand kon hulle al vir my wys nie. Ek skiet nie op die blad nie, want hys groot. Ek mik net net agter die voorbeen...kom ons noem dit 'n vlak ribbekasskoot. Daar is die vleisskade (in my ervaring met bg. koeël en trompspoed) die minste. Tref mens wel been, is die skade beslis meer. Dis moeilik, maar ek probeer frontal of quarteringskote vermy.
Vleisskade is vir my steeds 'n relatiewe begrip. Werklike vleisskade bly nog steeds daai een wat die jakkalse vreet terwyl jy daai aand om die vuur sit. My 2c.
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Fri Jul 03, 2020 9:36 am
by ruaanb
Geen maar geen vleis skade op die twee elande gister met die 200gr Kriek nie. Een het twee skote gevat. Skiet hulle teen 2700.
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Fri Jul 03, 2020 12:33 pm
by alecjohnson
Ek het altyd my 300gr barns x teen 2200fps geskiet, maar dit werk nie in die wereld nie, noggal nuuskierig om te sien wat doen die nuwe lading 235gr kriek teen 2800fps,
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Fri Jul 03, 2020 7:45 pm
by Diesel Dog
[quote]En nee, julle manne wat kop skote doen, hou maar verby hier, hierdie gesprekkie is vir ons blad jagters..[/quote]

As jy helmet houe gooi is spoed koning.
DD
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Sat Jul 04, 2020 8:54 am
by win270
Hansieslim, soos jy sê, skootplasing is definitief 'n belangrike oorweging alhoewel dit nie deel van die oorspronklike vraag is nie. Ek skiet ook "baie kort agter die blad" om vleissake minder te maak. Soos die ander manne ook genoem het, tref op groot harde been soos die blad en jy kan vleisskade verwag. Konstruksie van koeël, spoed, impakpunt . . . dis die belangrike faktore om aan te dink. Ek verwys ook nie hier na breinskote wat natuurlik jou ideale skoot is om vleisskade te vermy nie. "Gemiddelde jagters" skiet gewoonlik maar blad- en longskote.
As die bok plankdwars staan, is kort agter die blad 'n goeie besluit. Maak maar vooraf 'n studie presies waar die longe en hart geleë is.
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Mon Jul 06, 2020 10:46 am
by Ds J
Ds J wrote: Thu Jul 02, 2020 9:42 am
Daar is n hele paar teorieë, en ek het al n paar verskillende situasies beleef.
My vermoede is dat die kombinasie van skootplasing (been word getref) en koeëlreaksie (koeëls wat bars) die grootste effek het.
168gr
Hornady SST uit my 308 (2600vps trompsnelheid), koedoekoei op 60m het tot gevolg gehad dat ek n hele voorkwart moes weggooi. Dit was n bloederige pappery, maar die koeël het baie been getref en behoorlik versplinter
130gr Impala LWHV op n groot blouwildebeesbul, 120m skuins van voor, geen been getref nie, maar wel die hart en slagare. Die bul het na binne uitgebloei, met die gevolg dat elke denkbare slymvlies en holte vol bloed was. Dit het baie werk gevat om die bloed afgewas te kry.
180gr Sierra Pro-Hunter teen 2400vps, tamaai koedoebul op 40m, bladskoot wat die hart en rugstring getref het, maar geen ander been nie. Ek het letterlik die rugbiltong teen die ingangswond uitgesny, daar was basies geen vleisverlies nie.
180gr Sierra Pro-Hunter teen 2400vps, koedoekoei op 150m, bladskoot wat albei bladbene gebreek het. Die vleis was bloederig, en ons het redelik vleis verloor.
Hierdie plasing het my gepla. Die erge vleisskade op die koedoekoei was met n Hornady SST; nie met A-Max nie. Ek vra verskoning daarvoor.
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Wed Jul 08, 2020 4:50 pm
by 308Win
So van spoed en jag. Neem in ag dat meer manne oppad jagveld toe, op bakkies en op pad terug sterf in motorongelukke as van skietongelukke.
Re: Ideale spoed vir jag
Posted: Wed Jul 08, 2020 4:57 pm
by tau
Enige iets oppad na 3000 fps. Die bok wonder wat gebeur het dan klop sy hart langs hom, amper soos as jy jou pay kry, jy beplan nog vir daai nuwe Swaro dan sit ABSA en FNB en drink op jou rekening by die Radison.