Page 1 of 1

Lapua scenar 139GR QL analise

Posted: Mon Jun 29, 2020 11:00 am
by gerrie_CPT
More Almal

Ek het net voor lockdown 'n nwe punt vir die 6.5mm CR gekoop. Ek gaan nou 'n kaans kry om op 'n privaat baan te skiet en het gehoop iemand kan my asb help met 'n lading. Aaangesien dit moeilik is om 'n plek te kry tydens lock-down hoop ek om tenminste op 'n goeie begin lading te kry.

Dankie vir julle moeite


Wapen: Howa 6.5 CR 24” bull barrel stainless
Kaliber: 6.5 CR
Koeel: Lapua Scenar 139GR HPBT
Koeel gewig: 139gr
Maak Dop: Hornady
H2O dop: 53.14 GN
Slagdop: cci450 small rifle primer
Loop Lengte: 24"
TPL: 71 mm
Kruit: HODGDON H4350

Re: Lapua scenar 139GR QL analise

Posted: Mon Jun 29, 2020 12:03 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê Gerrie.

Met jou gegewe data sal ek voorstel dat jy 41.5 en 42 grein gooi vir spoed kalibrasie. Skiet 'n paar "foulers" en skiet dan 3 van elke lading oor die kronograaf, of verby hom. Dit hang af van watter een jy gebruik.:)

Stop as jy 2750 vps slaan. Dit is by maksimum druk vir 'n 24 duim loop.

Re: Lapua scenar 139GR QL analise

Posted: Mon Jun 29, 2020 2:38 pm
by gerrie_CPT
Dankie. Ek het ook gedink 41.5gr

Sent from my MAR-LX1M using Tapatalk


Re: Lapua scenar 139GR QL analise

Posted: Thu Jul 02, 2020 5:59 am
by gerrie_CPT
More. 42GR vat my toe presies op 2800fps

Re: Lapua scenar 139GR QL analise

Posted: Thu Jul 02, 2020 7:25 am
by Gawie(13mm)
gerrie_CPT wrote: Thu Jul 02, 2020 5:59 am More. 42GR vat my toe presies op 2800fps
Staan by, my komper warm eers op! ;)

Re: Lapua scenar 139GR QL analise

Posted: Thu Jul 02, 2020 8:05 am
by gerrie_CPT
More. Ja dit is darem lekker koud

Re: Lapua scenar 139GR QL analise

Posted: Thu Jul 02, 2020 8:44 am
by Gawie(13mm)
Gerrie, kontak my asseblief by o83 45o o718.
Ons gaan die pap op die grond laat val. Met 41.5 grein is jy reeds oor maksimum druk.

Re: Lapua scenar 139GR QL analise

Posted: Tue Jul 07, 2020 11:07 am
by Gawie(13mm)
Gerrie, kom in maat. Ek raak bekommerd as die manne so verdwyn.

Re: Lapua scenar 139GR QL analise

Posted: Mon Jun 07, 2021 4:42 pm
by gerrie_CPT
Middag Almal.

Ek besef nou eers ek het hierdie punte 'n jaar terug gekoop en nooit gebruik nie. COVID het maar veroorsaak dat ek nie regtig by die baan uitkom nie. Wel die tyd het nou aangebreek.

Ek sal dit baie waardeer as iemand 'n QL analise vir my sal doen. Ek het alles in GordonsReloadingTool gesit maar sou graag wou kyk hoe dit met QL vergelyk.

Die wapen is:
Wapen: Howa 6.5 CR 24” bull barrel stainless + Warrior large silencer
Kaliber: 6.5 CR
Koeel: Lapua Scenar 139GR HPBT
Koeel gewig: 139gr
Maak Dop: Hornady
H2O dop: 53.14 GN
Slagdop: cci450 small rifle primer
Loop Lengte: 24"
Kruit: HODGDON H4350
BC: 0.578

Die lading is 41GR.
TPL 73mm

Spoed is soos volg:
2727 fps
2728 fps
2729 fps
2720 fps
2729 fps
2725 fps

Baie dankie vir die hulp.

Ek wonder ook of iemand kan kommentaar lewer oor hoe die 139gr met die 123gr se groepering vergelyk. Ek weet mense beweer die 6.5CR verkies die langer punte.

Groete

Re: Lapua scenar 139GR QL analise

Posted: Mon Jun 07, 2021 4:42 pm
by gerrie_CPT
Middag Almal.

Ek besef nou eers ek het hierdie punte 'n jaar terug gekoop en nooit gebruik nie. COVID het maar veroorsaak dat ek nie regtig by die baan uitkom nie. Wel die tyd het nou aangebreek.

Ek sal dit baie waardeer as iemand 'n QL analise vir my sal doen. Ek het alles in GordonsReloadingTool gesit maar sou graag wou kyk hoe dit met QL vergelyk.

Die wapen is:
Wapen: Howa 6.5 CR 24” bull barrel stainless + Warrior large silencer
Kaliber: 6.5 CR
Koeel: Lapua Scenar 139GR HPBT
Koeel gewig: 139gr
Maak Dop: Hornady
H2O dop: 53.14 GN
Slagdop: cci450 small rifle primer
Loop Lengte: 24"
Kruit: HODGDON H4350
BC: 0.578

Die lading is 41GR.
TPL 73mm

Spoed is soos volg:
2727 fps
2728 fps
2729 fps
2720 fps
2729 fps
2725 fps

Baie dankie vir die hulp.

Ek wonder ook of iemand kan kommentaar lewer oor hoe die 139gr met die 123gr se groepering vergelyk. Ek weet mense beweer die 6.5CR verkies die langer punte.

Groete

Re: Lapua scenar 139GR QL analise

Posted: Mon Jun 07, 2021 5:06 pm
by tripodmvr
Jy het nie genoem met wat jy die spoed gemeet het nie.

MS/Lab Radar 41,15gr vir 2734vps
Chrony by 5m 40,95gr vir 2733vps

Re: Lapua scenar 139GR QL analise

Posted: Mon Jun 07, 2021 9:12 pm
by gerrie_CPT
Dankie.

Dit was met 'n gewone chrony