Page 1 of 1

Roer korrel hier en skiet daaaaar, wat nou?

Posted: Sun Jun 28, 2020 5:20 am
by Ds J
Goeiemôre Jaracal,

Help asb dink en verduidelik?

Die Schmidt & Bender 6x42 is op my CZ ZKK601 308 gemonteer met Thor ringe wat uitgeslyp is om die 26mm buis te huisves.

Ladings is 40gr S335 agter 180gr Sierra ProHunters vir 2440vps.

Ek skiet in op 50m, dan is die koeël 20mm hoog op 100m, in die kol op 150m, en 11cm laag op 200m.

Om tyd en moeite met inskiet te spaar gebruik ek n Red-i apparaatjie; dis basis n laserliggie in n patroon wat gekamer word en dan deur die loop skyn. Dit behoort tog die middelpunt van die loop te wys, of ten minste redelik naby daaraan.

Toe ek die eerste skoot aftrek op 50m, skiet die koeël 6 duim onder die kol, en vier duim links daarvan. Dit is 48 klieks laag, en 32 klieks links van die kol op 100m. Waarom gebeur dit?

Dieselfde het die vorige rondte gebeur toe ek die eerste teleskoop opgesit het.

Re: Roer korrel hier en skiet daaaaar, wat nou?

Posted: Sun Jun 28, 2020 6:25 am
by Heinz Petersen
Ek sal begin om seker te maak dat die bedding reg is en die loop nie aan die kolf raak nie. Maak een van die aksie skroewe los
en kyk/voel of daar n beweging op die aksie in die kolf is.

Tweedens sal ek seker maak dat die scope basisse vas is en die ringe ook vas is aan die basis.
Jy kan dan die voorste ring losmaak en kyk of die scope optel in die ringe. As dit gebeur is daar spanning op die
scope en kan jou kruishaar verstelling beinvloed.
Probeer n ander scope en kyk of dieselfde gebeur as jy skiet.
Met die lading, punte en spoed kan ek nie help nie. Weet nie watse geweer en wat die twist van die loop is nie.

Re: Roer korrel hier en skiet daaaaar, wat nou?

Posted: Sun Jun 28, 2020 6:29 am
by Krobb
Dominee
Daardie laser apparaatjie moet dan uit wees.
Stel hom in op die apparaat en draai hom dan 180 grade in die kamer en kyk of die kruis dan nog op die rooikol is.
Ek kyk sommer deur die loop op n voorwerp so 100m weg en stel dan in.

Re: Roer korrel hier en skiet daaaaar, wat nou?

Posted: Sun Jun 28, 2020 6:31 am
by knipmes
Hier is manne op die Forum wat slimmer is as ek met hierdie saak.
Heelwaarskynlik is jy bewus van die aspekte wat ek gaan noem maar hier is my beskeie mening : Die laser apparaat is maar soos alle ander "bore sighters" net om jou skootplasing naastenby op die teiken te kry. Daar is verskeie veranderlikes wat n rol speel. Die loop van n geweer "fleks" op n sekere wyse en die koeel verlaat die loop op n sekere punt. As die geweer byv groepeer met die aanvanklike instelling met die laser apparaat, dan kan jy tevrede wees en net die regstellings doen. n Paar ander veranderlikes wat n rol kan speel: fabrikaat, gewig en vorm van koeel, dop en lading, TPL, is die aksie en loop "gepak", toleransie van die loop se groewe, kroon van die loop, en nog vele ander.
Ek besit 2 30-06 kaliber gewere. n Remington mod 700 en n CZ mod 550 . hulle skiet op verskillende plekke selfs al is al die die komponente en ladings dieselfde

Re: Roer korrel hier en skiet daaaaar, wat nou?

Posted: Sun Jun 28, 2020 8:17 am
by Koos Barnard
Smyt weg die laserliggie. Die goed lyn selde mooi op met die loop. Jy sê dieselfde het gebeur met 'n vorige scope. Dit dui daarop dat die laserliggie nie reg oplyn. Ek loer sommer met die blote oog deur die loop en draai dan die stelknoppe. Dit neem net twee skote om die geweer in te stel. Hoe meer jy dit doen hoe makliker raak dit.

Re: Roer korrel hier en skiet daaaaar, wat nou?

Posted: Sun Jun 28, 2020 8:54 am
by Frederik
JY is 200% reg Koos boresight met die oog bly maar no.1 dit is hoe ek al my gewere inskiet en ander wie ek uithelp.
Kom met groot gees op die baan nee geweerwinkel het hom ingestel dan skiet hy nie eers die papier raak nie.

Re: Roer korrel hier en skiet daaaaar, wat nou?

Posted: Sun Jun 28, 2020 9:30 am
by Skietstoel
Oulike gadgets werk nie altyd nie maar as jy die eerste skoot erens op die papier kan sien, kan jy maklik daarvandaan nodige verstellings maak

Re: Roer korrel hier en skiet daaaaar, wat nou?

Posted: Sun Jun 28, 2020 10:21 am
by tripodmvr
Om MOA te skiet moet jy jou loop se punt minder as 0,2mm skuif vir 'n 24 duim loop. Die laser apparaat kan maklik verskuif het en daardie tipe verskuiwing verg baie minder in die kort "patroon" wat in die kamer gepas word. 'n Afwyking van 0,05mm kan dan groot verskuiwings tot gevolg hê.

Die voorstel om die apparaat in die kamer deur 90 grade te roteer sal vir jou moontlik 'n vierkant gee op 25m. Kies dan die middelpunt wat hopelik dan saamval met die loop-as.

Baie van ons opmeet instrumente werk op dieselfde manier. Kliek deur 90 grade en jy merk elke keer die impakpunt. Kies dan die middel van die 4 merke.

Re: Roer korrel hier en skiet daaaaar, wat nou?

Posted: Sun Jun 28, 2020 3:19 pm
by Ds J
Ek het so vinnig gekyk; dit is waarskynlik die laserliggie.