Page 1 of 1
Remington dalk in die moeilikheid?
Posted: Sat Jun 27, 2020 12:52 pm
by jdpretorius
Is Remington dalk in die moeilikheid of is dit nog fop nuus ?
https://www.msn.com/en-us/money/compani ... ocid=ientp
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Remington dalk in die moeilikheid?
Posted: Sat Jun 27, 2020 2:29 pm
by Gawie(13mm)
Remington was die laaste 10 tot 20 jaar, nog nooit uit die moeilikheid nie.
Die "anti" brigade het 'n groter voetspoor as wat ons dink.
Re: Remington dalk in die moeilikheid?
Posted: Sat Jun 27, 2020 2:42 pm
by jdpretorius
Ja Gawie dit is eintlik werklik tragies dat so 'n bekende se spore nou uitgewis kan raak.....en die mense vadag amper half poefterig raak oor skiet, jag, waar vleis vandaan kom en ander manne goed.
Ek lees op faceplant dat daar nou n nuwer leer namaaksel is om die diere te spaar.....ai ai
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Remington dalk in die moeilikheid?
Posted: Sun Jun 28, 2020 4:19 pm
by Capt. Yoda
Remington se probleme is maar meer oor swak besluite en swak bestuur.
Re: Remington dalk in die moeilikheid?
Posted: Sun Jun 28, 2020 4:35 pm
by jdpretorius
Capt. Oblivious wrote:Remington se probleme is maar meer oor swak besluite en swak bestuur.
Cappie ek het hulle geskiedenis nie die laaste tyd dop gehou nie...en swak bestuur is iets wat maklik gebeur as daar nie iemand met visie aan die stuur is nie (weet nie meer of eerlik besigheid punte tel vadag nie), ens....maar help my asb uit met die "swak besluite" deel.
Edit: jammer Cappie !!!!! Ek sien nou eers my foon het ge-Crappie auto-correct i
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Remington dalk in die moeilikheid?
Posted: Sun Jun 28, 2020 5:17 pm
by savage(P Coetzer)
Swak bestuur wat swak produkte aanhoudend die lig laat sien. Byvoorbeeld X mark pro......
Re: Remington dalk in die moeilikheid?
Posted: Sun Jun 28, 2020 5:22 pm
by Capt. Yoda
Ja basies wat Savage da se, die besigheid word besit deur mense wat wins soek en nie deur geweer liefhebers nie so hulle soek n kort pad na n $. Dit is jammer want ek verstaan die aksies wat hulle die laaste paar maande gemaak het was weer baie goed. Gelukkig sal hul nerens gaan nie, bankrot daar in die US beteken basies net hulle skryf die manne se swak skuld af en n nuwe groep koop hulle oor
Re: Remington dalk in die moeilikheid?
Posted: Sun Jun 28, 2020 5:26 pm
by jdpretorius
Dit sal inderdaad goed wees....daardie 700 aksie van hulle het ook altyd goed verkoop al was dit ontwerp as n cheapy
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Remington dalk in die moeilikheid?
Posted: Sun Jun 28, 2020 5:57 pm
by Ratel
Ek is bly toe ek gekies het tussen Howa en Remington dat ek sommer twee Howas gekoop het.
Re: Remington dalk in die moeilikheid?
Posted: Sun Jun 28, 2020 6:10 pm
by jdpretorius
Ratel my Howa doen verseker goed, maar sal nie nee sĂȘ vir 'n lekker Remington in 7mm nie.
Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Re: Remington dalk in die moeilikheid?
Posted: Wed Jul 29, 2020 10:00 am
by jdpretorius
Gun maker Remington files for bankruptcy for the second time
https://www.cnbc.com/2020/07/28/gun-mak ... -time.html
Re: Remington dalk in die moeilikheid?
Posted: Wed Jul 29, 2020 11:19 am
by Viking
Net in goeie ou US of A....waar jy die vervaardiger kan dagvaar vir die gebruik van 'n wapen in 'n massa skietery!
"The company has also been hobbled by product liability issues including lawsuits stemming from the 2012 shooting at Sandy Hook Elementary School in Connecticut"
Re: Remington dalk in die moeilikheid?
Posted: Wed Jul 29, 2020 12:26 pm
by jdpretorius
Viking die wiele lyk my val af wereld wyd
Re: Remington dalk in die moeilikheid?
Posted: Wed Jul 29, 2020 8:34 pm
by B Five
Kan nie help om te wonder hoeveel van Remmy se pyn kom vanaf Howa nie?
Re: Remington dalk in die moeilikheid?
Posted: Wed Jul 29, 2020 9:17 pm
by Apie
B Five wrote:Kan nie help om te wonder hoeveel van Remmy se pyn kom vanaf Howa nie?
Pearl Harbour 2?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Remington dalk in die moeilikheid?
Posted: Tue Aug 04, 2020 2:05 pm
by Capt. Yoda
Lyk my hulle het nou vir eens hul gatte gesien, in die grootste ammo te kort in Amerika se geskiedenis maak Remington hul ammo fabriek toe.
Lyk my die manne het $750 000 000 se skuld en met n hofsaak wat wag wil niemand aan hulle raak nie, is jammer as so n groot naam in die skiet wereld in die grond in bestuur word