Page 1 of 1
Chrisbow Mark VI Help met verkoopswaarde
Posted: Wed Jun 24, 2020 6:30 pm
by wlm
Ek het so 'n kruisboog wat ek wil verkoop. Het nog die oorspronklike Crisscope teleskoop op maar kort 'n boogsnaar. Ek het egter nie 'n idee wat die twedehandse waarde is nie. Help asb. bietjie.
Re: Chrisbow Mark VI Help met verkoopswaarde
Posted: Wed Jun 24, 2020 6:33 pm
by Zuku
Het jou boog 2 "limbs" of 4 "limbs with cams"
Re: Chrisbow Mark VI Help met verkoopswaarde
Posted: Wed Jun 24, 2020 6:42 pm
by wlm
4 "limbs" met cams
Re: Chrisbow Mark VI Help met verkoopswaarde
Posted: Wed Jun 24, 2020 8:10 pm
by Zuku
Sover ek onthou was die 4 "limbs" met cams" bekend as die Crissbow Quadro. maar daar was verskillende produkname vir dieselfde item. Die probleem is om die snaar te laat maak aangsein daardie boog al amper 40 jaar oud is. Vind by die boogwinkels in Gauteng uit wat gaan so n snaar kos. Ek het so n werkende Quadro 2000 wat in my rekenaar kamer teen die muur hang. Die bowshop wat nou toegemaak het, het dit waardeer vir so R 1000 so 5 jaar terug.
Kyk maar wat vra die internet manne. Onthou dit is n baie ou produk, nie werkbare toestand nie. Net n "collector" sou dalk belangstel. Ek dink as jy enige offers kry moet jy dit vat en hardloop.
Re: Chrisbow Mark VI Help met verkoopswaarde
Posted: Sun Aug 16, 2020 8:56 am
by Wessellandman
Hi Wlm
Het jy toe sukses gehad met die verkoop? Ek het onlangs een gekoop vir R850.
Re: Chrisbow Mark VI Help met verkoopswaarde
Posted: Sun Aug 16, 2020 10:00 am
by wlm
Wessel
Nee, ek het nie moeite gedoen om die boog te probeer verkoop nie. Ek verkoop nie graag 'n ding vir kleingeld nie. Netnou ontwikkel ek 'n dringende behoefte om dit te begin gebruik en dan het ek dit amper verniet weg gemaak!
Re: Chrisbow Mark VI Help met verkoopswaarde
Posted: Sun Aug 16, 2020 11:27 am
by Wessellandman
Hi WLM,
hou hom, daar is groot "following" in Amerika vir die Crisbow.
Ek het myne ingespan en het n groot bosvark geskiet met hom. die 150lbs is meer nader aan 120lbs met die kruisboog. Bloumeul het my baie goeie informasie gegee onlangs.
Stuur daar n foto van jouwe?
bosvark.jpg
Re: Chrisbow Mark VI Help met verkoopswaarde
Posted: Sun Aug 16, 2020 11:46 am
by wlm
Wessel
Stuur jou nr. na 08vier 592 7vier7vier dan WA ek jou n foto. myne kort 'n deel van die boogsnaar. Ek soek juis hulp om die boog werkend te kry.
Ek sien daar is n man op Gunafrica wat n mooi een adverteer.
Re: Chrisbow Mark VI Help met verkoopswaarde
Posted: Sun Aug 16, 2020 4:14 pm
by Zuku
Re: Chrisbow Mark VI Help met verkoopswaarde
Posted: Sun Aug 16, 2020 6:12 pm
by wlm
Zuku
Spoggerig. Myne het 'n houtkolf.