Page 1 of 2

Kudu jag.

Posted: Mon Jun 22, 2020 11:29 am
by Toyrsi
Na n slegte week by die werk en met die virus besluit ek Vrydag middag ek wil net in die veld kom.
Bel n vriend van my wat n boer is en vra of ek nie net n draai kan kom stap en sommer bietjie kop skoonmaak nie en as ek dalk iets raak loop kan n vleisie vir die huis skiet. Hy se dis reg en pak my rugsak.
Saterdag oggend spring ek so 04.45 in die kar en 05.50 is ek op die plaas. Trek lekker warm aan dis darem net -2 op daai oomblik en stap so 1km weg en gaan sit teen die rant van die berg en wag dat n nuwe dag begin.
Wat n voorreg om n beedskone dag se begin te sien en te luister hoe die veld wakker word.
Net na 8 besluit ek dis nou genoeg en begin al langs die rant van die berg stap. Dis baie klipperig en man moet probeer saggies loop. Loop so 50m en stop en luister en kyk met verkyker of ek nie dalk iets gewaar nie. Toe ek amper oor die laaste rant se kruin is hoor ek net hoe spat die klippe aan die anderkant. Dammit hulle het my gehoor of geruik. Wind is nie konstant so teen die berg en klowe nie. So bekruip ek die hoogste deel van die rant en gewaar dat die kudus klaar af is en so 300m van die grensdraad af staan. n Prag bul met 2 koeie en n kalf. Nou sal ek moet tyd vat want almal staan en staar in my rigting my met daai skottel ore van hulle. Na so 20 min wat meer n uur voel begin hulle weer rustig raak en ek bekruip stadig af sonder om te raas. Bossies is min en klippe is baie so dit gaan bitter stadig. Elke nou en dan moet ek stop want dan luister hulle weer en staar in my rigting. Hulle is stadig maar seker besig om nader aan die grens te wei toe iets hulle laat skirk en hulle hardloop terug in my rigting. Bosse is ruig waar hulle toe gaan staan en ek kan nie nader nie. Nou ek hoor klaar n paar manne se as jy n kudu bekruip moet die darem onder n 100m wees maar omdat ek hoer as hulle is kon hulle my makliker gewaar en ek kon dalk n skoot kry. Kruip weer so paar meter af en sien as ek nog laer gaan sal ek nie n skoot kry nie. Gaan sit so tussen 2 klein vaal bossie wat so effense skadu kol maak en belsuit wat om te maak. Niks skietstokke(Het hulle vergeet waar ek die oggend gesit het :o ) of bome om oor te skiet nie. Le is nie n opsie nie want dan kan ek hulle nie sien nie, besluit om te kyk hoe stabiel ek is met sit en elmboe op kniee. Kyk deur die teleskoop en is vrede met wat ek sien. Maak die slot toe en wag dat die bul se kop draai sodat ek hom onder die oor kan piets. Skoot loop mooi en ek hoor daai dof klank waarvoor man altyd wag. Scope is af van hom af en soek vinnig en sien hy le darem. Wat n gevoel, staan op en sien die 1 koei en kalf hardloop reguit op my af. Hulle het nie idee gehad van waar die skoot gekom het nie en kom staan so 20m vanaf my en kyk waar die bul geval het. Het hulle so ruk gestaan en kyk en toe ek begin loop spaander hulle daar weg. Loop af na waar die bul le, wat n mooi bok. Mooi skoot so ent onder die oor, nek af. Se eers dankie vir die vader wat my so n geleentheid gegee het. Nou kan ek darem n foto of twee neem terwyl ek vir die boer wag om my te kom help, nogal moeilik as man alleen is. Na n uur en n half se wag daag hy op met 2 manne om te help. Nou kan ons n beter foto neem. Het nog nie horings gemeet nie maar karkas gewig is 170kg. Watse wonderlike vadersdag geskenk is dit dan nou nie.

PS. Jammer vir die bloed op die laaste foto kan nie langer wag en moes sny dat bok kan uitbloei.
ImageImageImageImageImageImageImage[IMG]https://uploads.tapatalk-

Re: Kudu jag.

Posted: Mon Jun 22, 2020 11:55 am
by Eduard Venter
Baie geluk. Daai is 'n pragtige bul!

Sent from my SM-A520F using Tapatalk


Re: Kudu jag.

Posted: Mon Jun 22, 2020 12:06 pm
by DWB
Baie geluk!!!!!!!!

Re: Kudu jag.

Posted: Mon Jun 22, 2020 12:53 pm
by Carl
Baie geluk, baie mooi bul.

Re: Kudu jag.

Posted: Mon Jun 22, 2020 1:13 pm
by sako 30-06
Dit klink na die perfekte jag en die perfekte bul.

Baie geluk.

Re: Kudu jag.

Posted: Mon Jun 22, 2020 1:13 pm
by Capt. Yoda
Bitter mooi bul daai, geluk! Het jy hom nou al gemeet?

Re: Kudu jag.

Posted: Mon Jun 22, 2020 1:17 pm
by Geno
Bitter mooi bul! Geluk!

Re: Kudu jag.

Posted: Mon Jun 22, 2020 1:27 pm
by toelie
Nice Jacques, baie mooi bok

Re: Kudu jag.

Posted: Mon Jun 22, 2020 1:28 pm
by Plaashaas
Mooi bul, mooi fotos, mooi storie. Dankie

Re: Kudu jag.

Posted: Mon Jun 22, 2020 1:49 pm
by Louisdewet
Mooi bok en lekker storie! Geluk


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kudu jag.

Posted: Mon Jun 22, 2020 2:25 pm
by Toyrsi
Capt. Oblivious wrote: Mon Jun 22, 2020 1:13 pm Bitter mooi bul daai, geluk! Het jy hom nou al gemeet?
Nee ongelukkig nie.
Kop le nog op die plaas vir n bietjie skoonmaak. Het gevra boer moet hom saambring as hy weer dorp se kant toe kom.

Re: Kudu jag.

Posted: Mon Jun 22, 2020 2:35 pm
by Dolf014
Baie geluk Jacques.

Mooi landskap, mooi storie, mooi, bok, en baie goeie skoot.

Met watse kaliber het jy geskiet? 6.5 Creedmoor?

Groete.

Re: Kudu jag.

Posted: Mon Jun 22, 2020 2:53 pm
by Toyrsi
Dankie manne.
Rudolph dit was met die gradeboog gewees. 308W

Re: Kudu jag.

Posted: Mon Jun 22, 2020 3:58 pm
by PWV
Baie geluk, Toyrsi!! Mooi bok en 'n knap skoot!!

Re: Kudu jag.

Posted: Mon Jun 22, 2020 5:00 pm
by Springkudu
Daai is ‘n pragtige bul, baie geluk!!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kudu jag.

Posted: Mon Jun 22, 2020 6:08 pm
by Lategan1
Pragtige bul!

Beste.

Re: Kudu jag.

Posted: Mon Jun 22, 2020 7:57 pm
by J le Roux
Baie geluk. Die feit dat die boer jou alleen laat stap spreek oor boekdele oor jou as jagter.

Re: Kudu jag.

Posted: Tue Jun 23, 2020 7:22 am
by tau
Pragtig!!!!

Dit is seker van die beste jagte vir my om Koedoe te voet te jag. Hulle is so vrek skerp en lewe in soveel verskillende biome.

EK is nie die beste horing skatter nie, maar ek dink jy gaan 55'' + daar slaan. Nie dat duime saakmaak op 'n koedoe so van die voet af nie.

Weereens baie geluk.

Re: Kudu jag.

Posted: Tue Jun 23, 2020 7:37 am
by ruaanb
Baie geluk dit is n pragtige bul!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kudu jag.

Posted: Tue Jun 23, 2020 8:49 am
by LeonS
Baie mooi bul!!!

Re: Kudu jag.

Posted: Tue Jun 23, 2020 10:08 am
by Capt. Yoda
tau wrote: Tue Jun 23, 2020 7:22 am Pragtig!!!!

Dit is seker van die beste jagte vir my om Koedoe te voet te jag. Hulle is so vrek skerp en lewe in soveel verskillende biome.

EK is nie die beste horing skatter nie, maar ek dink jy gaan 55'' + daar slaan. Nie dat duime saakmaak op 'n koedoe so van die voet af nie.

Weereens baie geluk.
Ja ek is ook nie n duim man nie maar ek probeer altyd kyk hoe naby ek aan n koedoe se lengtes kan kom, na Nico my paar goed verduidelik het kom ek darem nader aan n reg raai nou en dan

Re: Kudu jag.

Posted: Tue Jun 23, 2020 10:57 am
by Plaashaas
tau wrote: Tue Jun 23, 2020 7:22 am Pragtig!!!!

Dit is seker van die beste jagte vir my om Koedoe te voet te jag. Hulle is so vrek skerp en lewe in soveel verskillende biome.

EK is nie die beste horing skatter nie, maar ek dink jy gaan 55'' + daar slaan. Nie dat duime saakmaak op 'n koedoe so van die voet af nie.

Weereens baie geluk.
My perd in die resies sal maar 51" wees. Kom ons kyk ;D

Re: Kudu jag.

Posted: Tue Jun 23, 2020 2:44 pm
by Carl
Ek meet hom teen my koedoe my mate is 52 en 52.5". Wat wen ons?

Re: Kudu jag.

Posted: Tue Jun 23, 2020 3:21 pm
by Basjan123
Baie Geluk , besonderse mooi Koedoe. Jy sal die ervaring nooit vergeet nie !!!

Re: Kudu jag.

Posted: Tue Jun 23, 2020 3:22 pm
by Toyrsi
Ook nog geen idee hoelank die horings is nie maar kan darem se sy vleis is uit die boonste rakke. Net bietjie suurlemoen sap, olyf olie,Sout en peper Image

Sent from my SM-G960F using Tapatalk