Page 1 of 1

Manne se gevoel oor die Sako A7 Roughtech?

Posted: Sat Jun 20, 2020 4:15 pm
by Jacques.308
Ek kan n sako A7 roughtech in .308 nuut koop vir n aanloklike prys, wat is julle gevoel oor die wapens? Goed of sleg? Is rails en so aan maklik om te kry vir hulle? Kry mens hulle maklik aan die skiet?

Sent from my SM-G960F using Tapatalk


Re: Manne se gevoel oor die Sako A7 Roughtech?

Posted: Sun Jun 21, 2020 9:45 am
by Apie
Jacques.308 wrote:Ek kan n sako A7 roughtech in .308 nuut koop vir n aanloklike prys, wat is julle gevoel oor die wapens? Goed of sleg? Is rails en so aan maklik om te kry vir hulle? Kry mens hulle maklik aan die skiet?

Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Die RoughTech roere in 300WSM skiet ‘n koekhou so ek sal nie dink dat die 308 iets anders sal doen nie...

Die lekker is dat hulle 26duim lope ipv 24 duim is wat hom baie lekker met 168-180gr kole en Varget/S355 laat skiet


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Manne se gevoel oor die Sako A7 Roughtech?

Posted: Sun Jun 21, 2020 11:39 am
by Silwer
Ek het so 308. As die prys reg is koop hom. Ek is nie mal oor die 3 rondte magasyn nie, maar my geweer skiet 'n barshou. Ek het anderdag sommer vir goedkoop ghong skiet 143gr pmp fmj gekoop en gelaai met s321 en was verbaas dat dit baie mooi groepe geskiet het. Ek het by een van die forumlede 'n 20 moa Talley picatinny rail gekoop. As ek reg onthou het Kurt van TSG ook so ruk terug van die picatinny's te koop gehad.

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk


Re: Manne se gevoel oor die Sako A7 Roughtech?

Posted: Mon Jun 22, 2020 6:27 am
by neef
More Jacques.308, ek het so roer in 308 en gooi 178gr pille met hom teen 2580ft/s en vir my loop hy soos stroop, mens het mos nie eintlik 3 rondtes nodig om n bok plat te trek nie dit is dan n 308 kort net een ;D

Re: Manne se gevoel oor die Sako A7 Roughtech?

Posted: Mon Jun 22, 2020 1:39 pm
by Lourens
Ek het 'n A7 Roughtech in 300WSM en hy is belaglik akuraat. Hy is so effens picky oor sy dieet, maar skiet hom met die regte goed en hy sit alles in een gat.

Re: Manne se gevoel oor die Sako A7 Roughtech?

Posted: Tue Jun 23, 2020 7:18 pm
by Boesman1
Ek het die 308, skiet 168 eldm teen 2810 fps met varget en hy loop soos n droom. Koop hom jy sal nie spyt wees


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Manne se gevoel oor die Sako A7 Roughtech?

Posted: Tue Jun 23, 2020 9:15 pm
by Lategan1
Boesman. Jou 2810 reg? Dit is 150gr snelheid. Looplengte?

Beste.

Re: Manne se gevoel oor die Sako A7 Roughtech?

Posted: Tue Jun 23, 2020 9:18 pm
by Boesman1
Loop lengte is 26” spoed met labradar gemeet. Lading loop wel op maks druk maar nie oor nie.


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Manne se gevoel oor die Sako A7 Roughtech?

Posted: Tue Jun 23, 2020 9:34 pm
by Lategan1
Hy sal g..t skop. Dit is lekker min kruit om ‘n 168
@ 2810 te looi.

Beste.

Re: Manne se gevoel oor die Sako A7 Roughtech?

Posted: Wed Jun 24, 2020 5:39 pm
by Jacques.308
Boesman1 wrote:Ek het die 308, skiet 168 eldm teen 2810 fps met varget en hy loop soos n droom. Koop hom jy sal nie spyt wees


Sent from my iPad using Tapatalk
Boesman ek het hom einste gevat in .308. Sal jy omgee om vir my n foto van jou setup te whatsapp na 084 869 49 ses sewe.

Ek sal dit waardeer.

Groetnis
Jacques

Sent from my SM-G960F using Tapatalk