Page 1 of 1

Plaasaanvalle te Cradock en Onderstepoort

Posted: Sat Jun 20, 2020 10:32 am
by tripodmvr
Sien op die nuus dat daar nou meer voorvalle voorkom.

Re: Plaasaanvalle te Cradock en Onderstepoort

Posted: Sat Jun 20, 2020 11:31 am
by Hennie Dreyer
Jip. Ons moet net verstaan dat daar agendas daaragter skuil en dit dan daarvolgens bestuur. Dit is feit, en kan empiries gestaaf word

Re: Plaasaanvalle te Cradock en Onderstepoort

Posted: Sat Jun 20, 2020 12:06 pm
by OosKaapJagter
By die Onderstepoort voorvalle het Maroela media rapporteer dat daar 7 aanvalle in 24 uur was. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus ... ek-kommer/

Dit is veral kommerwekkend dat niks gesê word van enige insident waar teruggeveg of teruggeskiet is nie. Daar heers reeds 'n persepsie onder misdadigers (of aanvallers met ander bymotiewe) dat plase of kleinhoewes maklike teikens is. Indien daar geen weerstand gebied word nie, bevestig dit daardie persepsie en gaan hierdie aanvalle net toeneem. Elkeen in hierdie land en veral die meer kwesbare mense in landelike gebiede sal hul paraatheid moet opskerp.

Suiwer misdaad gaan ook begin toeneem na die inperking. Geharde misdadigers pleeg nie misdaad uit nood nie; dit is 'n lewenswyse. Daar gaan egter al hoe meer werkloses na vore kom wat betrokke gaan raak by misdadige aktiwiteite.

Re: Plaasaanvalle te Cradock en Onderstepoort

Posted: Sat Jun 20, 2020 1:06 pm
by M98mauser
Die maand 26 plaasaanvalle as ek dit nie mis het nie, Dit is n skande op n land waar die president absoluut ontken dat daar so iets hoegenaamd bestaan , maar baie besorg is oor geslagsgeweld teen vroue,en kinders. Ongelukig as jy een probleem ontken skep dit probleme op n ander plek. Die media is ongelukkig so vasgevang dat dit nie nuuswaardig is om oor plaasaanvalle te raporteer nie.

Iets om oor te dink as jy positief getoets het vir covid en jy verlaat jou huis binne n halfuur is die saps op jou spoor want hulle track jou selfoon. Met n plaas aanval laat ek my nie vertel dat nie een van daardie aanvalers n selfoon het nie en tweedens dis dalk een van die min goed wat altyd gesteel word. Elke toring kan presies" sien" watter selfoon is op n gegewe tyd aan daardie seltoring verbind.Dink in afgelee gebiede is daar baie minder fone aan torings verbind, en kan maklik nagespeur word wie in n gebied in en uitgaan, Hoekom word plaasaanvallers nie vasgetrek nie? Daar is geen politieke wil nie!

Dink ons almal moet n alternatiewe kominikasie midddel begin soek want selfone is maar niks anders as moniterings devices nie. Dis baie nice om jou tieners te track en te weet waar hulle rondloop maar dit kan ook gebruik word om jou te track en presies te weet waar is jy waaneer?

Re: Plaasaanvalle te Cradock en Onderstepoort

Posted: Mon Jun 22, 2020 10:47 am
by Carl
OosKaapJagter wrote: Sat Jun 20, 2020 12:06 pmDit is veral kommerwekkend dat niks gesê word van enige insident waar teruggeveg of teruggeskiet is nie.
Besonderhede is maar yl maar hier is darem 'n geval wat suksesvol was.
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus ... tse-plaas/

Re: Plaasaanvalle te Cradock en Onderstepoort

Posted: Mon Jun 22, 2020 12:52 pm
by Capt. Yoda
Carl wrote: Mon Jun 22, 2020 10:47 am
OosKaapJagter wrote: Sat Jun 20, 2020 12:06 pmDit is veral kommerwekkend dat niks gesê word van enige insident waar teruggeveg of teruggeskiet is nie.
Besonderhede is maar yl maar hier is darem 'n geval wat suksesvol was.
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus ... tse-plaas/
Lekker Oupa!

Re: Plaasaanvalle te Cradock en Onderstepoort

Posted: Mon Jun 22, 2020 1:18 pm
by Hein22
Sjoe, 26 aanvalle!! Mens lees dit net raak op Maroela media, niks van die ander nuus kanale se enige iets daaroor nie. Maar ons land hou "black friday" vir 'n krimineel wat in 'n ander land vermoor is. 'n Skande!