Page 1 of 1

Drone Videos: Wat het jy al afgeneem.

Posted: Fri Jun 19, 2020 9:20 am
by Blouwdraad2
More Manne.

Ek is in die proses om binne die volgende maand ‘n DJI Mavic zoom 2 (4-7km range in SA) aan te skaf wat hoofsaaklik op die plaas gebruik gaan word vir wild tel, water checks, skietbaan runner en roofdier beheer in moeilik bereikbare plekke.

Wat het julle al als afgeneem? Kom ons deel ons gunsteling videos hier!

Karoo Groete

Blouwdraad

Re: Drone Videos: Wat het jy al afgeneem.

Posted: Fri Jun 19, 2020 7:07 pm
by BeesBreet
Hijack jammer, hoe gaan jy die drone inspan met roofdier beheer?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Drone Videos: Wat het jy al afgeneem.

Posted: Fri Jun 19, 2020 7:08 pm
by Malan123
Ek wou self hierdie vraag vra...

Re: Drone Videos: Wat het jy al afgeneem.

Posted: Fri Jun 19, 2020 7:53 pm
by Blouwdraad2
BeesBreet wrote:Hijack jammer, hoe gaan jy die drone inspan met roofdier beheer?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Goeie vraag. Ek het vandag my Mavic Zoom 2 aangeskaf- Opgewonde vir die nuwe dimensie wat dit sal bring.

Hy sal as ‘n “non lethal” tool gebruik word om jakkals en rooikat beweging op te neem. Hy kan op papier in 30min 125 ha se veld op ‘n 30-50m elevasie dek. Op die hoogte kan ongediertes gemaklik bespied word (veral in die karoo waar daar nie baie beskutting is nie)

Dit sal ‘n goeie indikasie gee waarmee daar te doen is en in watter area. (Ons is in die proses om ‘n 200ha elektrifiseerde wildskamp te bou) - Hopelik kan die addisionele gereedskap stuk met groot sukses gebruik word (ek hou julle op hoogte)

Karoo Groete

Blouwdraad


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Drone Videos: Wat het jy al afgeneem.

Posted: Fri Jun 19, 2020 9:05 pm
by JohanvB
Pêl van my stuur elke dag sy drone uit, op 'n gps roete om al sy rooikat hokke en water punte te check..

Spaar hom' n paar rand aan arbeid..

Re: Drone Videos: Wat het jy al afgeneem.

Posted: Sat Jun 20, 2020 12:37 am
by BeesBreet
Dankie dit maak sn! Sterkte


Jy laat my nou aan n drone dink


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Drone Videos: Wat het jy al afgeneem.

Posted: Sat Jun 20, 2020 8:53 am
by Flip Nel
Blouwdraad2 wrote: Fri Jun 19, 2020 7:53 pm
BeesBreet wrote:Hijack jammer, hoe gaan jy die drone inspan met roofdier beheer?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Goeie vraag. Ek het vandag my Mavic Zoom 2 aangeskaf- Opgewonde vir die nuwe dimensie wat dit sal bring.

Hy sal as ‘n “non lethal” tool gebruik word om jakkals en rooikat beweging op te neem. Hy kan op papier in 30min 125 ha se veld op ‘n 30-50m elevasie dek. Op die hoogte kan ongediertes gemaklik bespied word (veral in die karoo waar daar nie baie beskutting is nie)

Dit sal ‘n goeie indikasie gee waarmee daar te doen is en in watter area. (Ons is in die proses om ‘n 200ha elektrifiseerde wildskamp te bou) - Hopelik kan die addisionele gereedskap stuk met groot sukses gebruik word (ek hou julle op hoogte)

Karoo Groete

Blouwdraad


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek wil nou nie lelik wees maar wat op papier werk gaan nie op praktyk die selfde werk nie, ek het 'n phantom 4 pro, op 50 m gaan jy maar sukkel om

iets kleins soos 'n jakkals of rooikat opgetel te kry, die tables screen is maar klein en jy sal stadig moet vlieg om nie sommer oor hom te gaan nie. As

daar bietjie bossies of gras is gaan dit ook moeiliker maak veral as die dier stilstaan of onder bossies gaan staan. Dan moet jy jou terugvlieg ook na

kya want jou drone maak altyd voorsiening om genoeg battery krag te he om terug te vlieg, jy kyk prakties maar na so 20 min vliegtyd. Jy sal ook in

grid moet vlieg om die hele area te dek, jou kamera sal basies amper heel na onder moet kyk as jy mooi beeld wil kry, maar om die jakkals te sien

sal jy relatief laag moet vlieg wat jou vield of view gaan beperk, so jou grid gaan taamlik naby mekaar moet wees. Ek doen nou nie die jakkals ding

nie maar het al genoeg beeste gaan soek in kampe etc. om te besef daar is groot verskil op papier en wat rerig gebeur. Ek sal voorstel jy kyk of jy

nie iemand kan kry wat klaar 'n drone het en try dit voor jy drone koop. sterkte

Re: Drone Videos: Wat het jy al afgeneem.

Posted: Sat Jun 20, 2020 10:16 am
by Willie
Om vir jakkalse of katte te kyk tewyl jy vlieg is baie moeilik. Ek het egter van 'n betroubare bron gehoor dat hy na die tyd na die beeldmateriaal kyk en dan baie beter waarnemings kan maak. 'n Vooraf geprogrammeerde vlieg roete met opnames bleik dus die beter opsie te wees.

Hulle raas maar taamlik. Soos 'n baie kwaai swerm bye op steroide. Wees dus maar versigtig as jy naby wild vlieg. Hulle mag dalk net aan die hardloop gaan en baie skade kry teen die heinings of selfs aan die heinings.

Dit is jammer jy het reeds gekoop. Hier is iemand naby my met die Mavric waar jy sou kon kom kyk of dit vir jou sal werk.

Re: Drone Videos: Wat het jy al afgeneem.

Posted: Sat Jun 20, 2020 12:27 pm
by svanzyl10
Al gaan jy bietjie sukkel om jakkalse en katte te sien dink ek nog steeds jy sal heel tevrede wees met jou koop. Ons almal weet die redes wat jy hier bo genoem het is maar net sodat n mens nie so sleg voel om soveel geld uit te haal vir n nuwe speelding nie ;) Ek soek nou self redes vir hoekom ek die mavic air 2 MOET he.

Re: Drone Videos: Wat het jy al afgeneem.

Posted: Sat Jun 20, 2020 2:21 pm
by Flip Nel
Willie wrote: Sat Jun 20, 2020 10:16 am Ek het egter van 'n betroubare bron gehoor dat hy na die tyd na die beeldmateriaal kyk en dan baie beter waarnemings kan maak. 'n Vooraf geprogrammeerde vlieg roete met opnames bleik dus die beter opsie te wees.

Hulle raas maar taamlik. Soos 'n baie kwaai swerm bye op steroide. Wees dus maar versigtig as jy naby wild vlieg. Hulle mag dalk net aan die hardloop gaan en baie skade kry teen die heinings of selfs aan die heinings.
dis waar ek kyk na die tyd op my rekenaar dan sien mens baie dinge wat jy sou gemis het. En stem oor die geraas, wild gaan staan of onder bome of hulle hardloop dis wat ek maar hier in die noorde van Nam gesien het

Re: Drone Videos: Wat het jy al afgeneem.

Posted: Sat Jun 20, 2020 6:21 pm
by dehacked
Ek dink 'n thermal kamera op 'n drone sal beter werk maar ek het geen praktiese ondervinding van dit nie.

Re: Drone Videos: Wat het jy al afgeneem.

Posted: Sat Jun 20, 2020 9:41 pm
by tripodmvr
Laat middag of nagvlug met thermal is die antwoord. Jy sal net 'n beeld met 'n jakkals of rooikat moet kan plaas om te weet waar hy is. GPS in drone of merke op die terrein wat plasing kan vergemaklik.

Re: Drone Videos: Wat het jy al afgeneem.

Posted: Sun Jun 21, 2020 1:39 pm
by Morkel
de49bd6a-600f-41b2-976a-e30f1d325a8c.jpg
Die DJI was gisteraand verkoop deur drone world in 100% werkende toestand vir R5999. Op hom sit jy die wide angel lens en die Flik IR kamera.

Gaan kyk op you tube wat daai drone kan doen.

Ek het die phantom 4 pro plus en kry so 25 min vliegtyd en hom al 6km weg van my laat vlieg. Dis n speelding maar vir n boer is daar awesome produkte met ongelooflike kameras.

Hulle voorsien nou n drone dink dis die inspire 300 wat uitsluitlik gebou is vir die polisie.

Ek het ook geleer dat daar manne is wat n custom drone vir jou kan bou.

Ek sal aanbeveel dat plaas eienaars die produk ondersoek vir n pas maak produk vir jou behoefte.

Net vir die wat nie weet nie. Die klas drone vlieg homself - daar is geen hand oog koordinasie,


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Drone Videos: Wat het jy al afgeneem.

Posted: Sun Jun 21, 2020 2:25 pm
by Morkel
Ander gebruik vir die klein drones van DJI is om hom te vlieg na jou teiken en photo te neem om groep te check hier van 300 opwards. Werk lekker.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Drone Videos: Wat het jy al afgeneem.

Posted: Sun Jun 21, 2020 5:41 pm
by Capt. Yoda
As bokke nie te wild is nie kan jy bitter naby hulle kom en hover en n mooi impak video kry, jy kan hulle self rond “beweeg” met die drone as daar bq geoes moet word in moeilike areas