Page 1 of 1

Kennismaak

Posted: Wed Jun 17, 2020 5:18 pm
by Nunquamnonparatus
Middag almal, ek sien uit om deel van die forum te wees. Ek gaan hopelik nou dat my kindertjies bietjie groter is weer bietjie meer kans kry om te skiet. Die inperking het mens ook geleer om geleenthede te benut.

Meeste van my roere het ek geërf - ook omdat ander mense dit nie wou of kon lisensiëer nie:

22 Long Mauser geweer (Oberndorf)
22 Long Beretta skyfskietpistool
9mmP Vektor SP1 Sport (my eerste wapen - hy was blink en mooi ;) en ek was jonk)
9mmP CZ 75 P-01 pistool
455 Webley Mk VI rewolwer
303 British Enfield geweer (oorspronklike vollaai)
7,62 x 51 Lyttleton RSA / Musgrave
30-06 Spr. Remington 721 jaggeweer
.416 Rigby CZ 550 Safari Magnum
12BR Remington 870 Express haelgeweer
12BR Beretta A310
5,56 x 45 mm Vektor LM5
11BR Bobbejaanboud vuursteenslot-pangeweer van Oom Glen McGill.

Re: Kennismaak

Posted: Wed Jun 17, 2020 5:58 pm
by tripodmvr
Met so lang Latynse "handle" mag jy maar so rits gewere hê. Baie welkom hier by ons en kom gesels lekker saam.

Re: Kennismaak

Posted: Wed Jun 17, 2020 6:11 pm
by Nunquamnonparatus
Die Latyn is die leuse van een van die Skotse Clans, Johnstone, waaruit my voorouers kom. Dit beteken "Nooit onvoorbereid nie".

Die Clan se grond was (is) op die grens tussen Skotland en Engeland en het daarom die heeltyd tydens oorloë deurgeloop. Toe besluit hulle op 'n stadium dat hulle maar aan hul eie kant is en "roof" toe maar so bietjie in Engeland en Skotland.

Re: Kennismaak

Posted: Thu Jun 18, 2020 7:41 am
by Plaashaas
Baie welkom

Re: Kennismaak

Posted: Thu Jun 18, 2020 8:40 am
by DWB
Baie Welkom