Page 1 of 2

Raad asb, merke in loop

Posted: Tue Jun 16, 2020 5:25 pm
by Eight
Dagse manne,

My nuwe howa 243 het die volgende merke in die loop. Dit lyk soos pitting maar nie seker nie. Wat dink jul hoe ernstig is dit. Geweer skiet maar die merke pla my. Is dit normaal in nuwe howa?

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Tue Jun 16, 2020 5:29 pm
by Arnold
Altyd moeilik om te sê maar skrop jou loop bietjie met iosso om seker te maak al die carbon is uit en kyk weer?

Ek het altyd gedink ek maak my lope skoon tot ek n bore scope gekry het

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Tue Jun 16, 2020 5:37 pm
by Wouter Roets
Wie was nou weer die persoon wat gese het hierdie bore-scopes gaan die einde van ons skietgemeenskap wees? Seker daarvan dat al wat n loopvervaardiger die bore-scopes subsidieer.

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Tue Jun 16, 2020 5:42 pm
by Eight
Hello Wouter daai fotos is geneem nadat die loop mooi met iosso ge skrop is

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Tue Jun 16, 2020 5:45 pm
by jankraay
Wouter Roets wrote:Wie was nou weer die persoon wat gese het hierdie bore-scopes gaan die einde van ons skietgemeenskap wees? Seker daarvan dat al wat n loopvervaardiger die bore-scopes subsidieer.
Daai persoon was ek gewees...ImageImageImage

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Tue Jun 16, 2020 5:47 pm
by Wouter Roets
Jan jy was duidelik een van daai drie wyse manne om daai krip in die stal!

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Tue Jun 16, 2020 5:54 pm
by jankraay
Hoeveel skote is deur daai loop?

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Tue Jun 16, 2020 6:13 pm
by Eight
Jankraai so 60

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Tue Jun 16, 2020 6:20 pm
by tripodmvr
Waar presies is die merk? Is dit in die groewe of op die lande?

Raad asb, merke in loop

Posted: Tue Jun 16, 2020 6:22 pm
by jankraay
Eight wrote:Jankraai so 60
Nee wat. Vat daai Borescope en gebruik hom slegs om jou keel te loer of hy skoon is. Daai merk gaan of weg gaan of niks maak nie. As jy se die geweer skiet reg sou ek nie eers weer na hom kyk nie.

Loer weer op daai plek na 200 skote.

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Tue Jun 16, 2020 6:43 pm
by OosKaapJagter
Jy vra vir raad.

Indien die geweer akkuraat is, verkoop die borescope! indien jy nooit daar gaan loer het nie, sou die merke jou nooit gepla het nie.

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Tue Jun 16, 2020 7:18 pm
by Wouter Roets
OosKaapJagter wrote: Tue Jun 16, 2020 6:43 pm Jy vra vir raad.

Indien die geweer akkuraat is, verkoop die borescope! indien jy nooit daar gaan loer het nie, sou die merke jou nooit gepla het nie.
Nog n wyse man! En toe was hulle 3. ;D

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Tue Jun 16, 2020 8:03 pm
by Eight
OosKaapJagter wrote: Tue Jun 16, 2020 6:43 pm Jy vra vir raad.

Indien die geweer akkuraat is, verkoop die borescope! indien jy nooit daar gaan loer het nie, sou die merke jou nooit gepla het nie.
Dankie manne, ek weet ek weet. Sulke dinge laat my OCD uitkom. As ek nou die dag nie mooi skiet nie dan pla daai merke my erg! Maar ek weet ek moet seker net vergeet daarvan.

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Tue Jun 16, 2020 8:20 pm
by Wouter Roets
Agt

Ek het dit destyds ook gese, die probleem is dat daar bitter min mense is wat op die staduim kan interpreteer of selfs profesionele opinies en bydraes kan lewer op wat ons sien deur die borescopes. Feit is dat dit n nuwe ding is vir ons almal. Kom ons wees nou eerlik en se dat hierdie draad nie sou bestaan het n jaar terug nie, want jou geweer het geskiet en klaar. Ja ek stem dat ons almal nog gaan leer uit wat ons sien en dat dit verseker ons gaan help om probleme te identiviseer, maar my raad bly dat ons nie vir n oomblik ons koppe moet breek oor iets wat nie n probleem veroorsaak nie.

Groetnis
Wouter

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Tue Jun 16, 2020 9:04 pm
by Lategan1
Hierdie OCD-ding en foute en terkortkominge sien waar daar nie noodwendig is nie, het al baie laat ophou gholf speel. Dink aan die setperk ‘yips’. My sport was krieket, situasies waar jy te veel tyd op die speelveld het, soos skiet en jag, speel ‘mind games’ met ‘n mens.

Sokker, rugby en ander aktiwiteite het weer ander aspekte, maar nie te veel surplus dinktyd nie.

Hierdie loopkamera’s laat mens berge en dale sien, donga’s. Rig die oë op die telbord!

Beste.

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Tue Jun 16, 2020 9:17 pm
by Wouter Roets
Lategan

Duidelik het jy nie heelagter gespeel nie. ;D

Groetnis
Wouter

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Tue Jun 16, 2020 9:29 pm
by Lategan1
He-he, dink nou aan die classic knocks deur heelagters!!(skuus manne) Aanvanklik loskakel, maar toe beweeg ek oond toe, daar waar dit vinniger gebeur.

Jy is aan die tik vanaand, wat hou jy met ys in jou linkerhand, Wouter?

Beste.

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Tue Jun 16, 2020 9:32 pm
by Wouter Roets
My glas, Pappa!

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Wed Jun 17, 2020 11:51 am
by Capt. Yoda
Net vir interesanthied waar in die loop sit daai merke?

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Wed Jun 17, 2020 12:44 pm
by Eugene
Eight wrote: Tue Jun 16, 2020 8:03 pm
OosKaapJagter wrote: Tue Jun 16, 2020 6:43 pm Jy vra vir raad.

Indien die geweer akkuraat is, verkoop die borescope! indien jy nooit daar gaan loer het nie, sou die merke jou nooit gepla het nie.
Dankie manne, ek weet ek weet. Sulke dinge laat my OCD uitkom. As ek nou die dag nie mooi skiet nie dan pla daai merke my erg! Maar ek weet ek moet seker net vergeet daarvan.
8, ek dink altyd aan die volgende ware gebeurtenis as die tipe gesprekke opkom. Ek koop op 'n stadium vir my 'n "waggel meter" (consintricity gauge), sodat ek kan sien of ek reg laai of nie. Ek was gelukkig gewees en my runout was so 1thou gewees. Die Saterdag gaan skiet ek by 'n goeie vriend op sy plaasbaan en hy vra ek moet die meter saambring dat hy sy ammo ook kan bekyk en meet. Aanvanklik vergeet ons daarvan en die vriend steek die gonge op alle afstande van 600m tot 1200m. Heelwat 1st round hits en bitter min misskote. Terwyl ons op 'n stadium wag dat die lope afkoel, onthou ons van die meter en ek gaan haal gou en ons toets sy gelaaide rondtes. Die bestes was so 6thou en die res tussen 8 en 9 thou. Hy is toe nou effens negatief en ek probeer troos dat ek ook nie die ding lekker ken nie, so dalk het ek verkeerd gemeet, maar toe ons weer begin skiet, gaan sit daai 8thou afwyking in sy kop en hy kon nie weer een gong raakskiet nie....

Ek het ook 'n borescope gekoop en was geskok oor die toestand van my loop. Ek het die fotos aangestuur vir kenners en die diagnose wat dat die loop verby sy leeftyd is en dat ek nie eers moet tyd mors met herkamer nie en klaar 'n nuwe pyp moet aanskaf. Ek het egter die bullet gebyt en laat herkamer en die geweertjie skiet nog bitter goeie groepe op 1200m. Ek gebruik nou net die bore scope om seker te maak ek het die carbon ring mooi uitgehaal en vir niks anders nie! ;)

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Wed Jun 17, 2020 1:17 pm
by Eight
Capt. Oblivious wrote: Wed Jun 17, 2020 11:51 am Net vir interesanthied waar in die loop sit daai merke?
Hierdie merk sit in die eerste duim
Die res sit almal omtrent halfpad in die loop af

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Wed Jun 17, 2020 1:20 pm
by Eight
Eugene wrote: Wed Jun 17, 2020 12:44 pm

Eugene ja ek besit ook een v daai konsentrisiteits meters en as ek kwaad is vir iemand dan leen ek dit vir hom.
Ek het vanoggend met Geno gepraat en soos hy se " maak vrede daarmee, die loop is nie perfek nie maar hy skiet soos n loop wat perfek is" skiet 0.44moa 5 skoot groep op 200m met 87gn Berger vld teen 3170fps.

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Wed Jun 17, 2020 2:00 pm
by Capt. Yoda
Eight wrote: Wed Jun 17, 2020 1:17 pm
Capt. Oblivious wrote: Wed Jun 17, 2020 11:51 am Net vir interesanthied waar in die loop sit daai merke?
Hierdie merk sit in die eerste duim
Die res sit almal omtrent halfpad in die loop af
Nee ok ek het gedink jy force dalk jou skoonmaak stok daar in die ding se keel in maar daai lyk maar net soos merke, die US manne praat van "steel worms" grap gewys. Dit is maar net merkies in die staal en soos die manne se solank die roer skiet is daar nie fout nie, jy moet bq deur n nuwe Savage se loop kyk met daai scope as jy n grapie wil sien

Re: Raad asb, merke in loop

Posted: Wed Jun 17, 2020 2:56 pm
by Eight
Ek het al gehoor die Savage lope lyk so sleg. En tog sweer die Amerikaners by hul Savages.

Raad asb, merke in loop

Posted: Wed Jun 17, 2020 7:29 pm
by Apie
Eight wrote:
Capt. Oblivious wrote: Wed Jun 17, 2020 11:51 am Net vir interesanthied waar in die loop sit daai merke?
Hierdie merk sit in die eerste duim
Die res sit almal omtrent halfpad in die loop af
Skiet jy met ‘n demper?

Vriend se loop het klomp sulke merke in wat met demper skiet.

Hy haal nie reeig demper af nie en ons vermoed stukkies carbon het vanoag die demper losgekom en in die loop beland en daar is ‘n paar rondtes daardeur gejaag....

Geweer skiet egter nog puik!
Maak net bietjie moeiliker skoon!

JB Borepaste of Iosso hom net lekker om die growwe plekkies glad te kry en skiet en geniet.

Sent from my iPhone using Tapatalk