Page 1 of 1

Watter scope

Posted: Mon Jun 01, 2020 5:48 pm
by SmitH
Naand. Wil net hoor as julle moes kies tussen die 2 scopes watter sal julle kies en waarom.
Burris FourX3-12x56 illuminated Long-Range of Lynx LX3 2.5-15x50 Illuminated SAH

Groete SmitH

Re: Watter scope

Posted: Mon Jun 01, 2020 6:09 pm
by tripodmvr
Burris het nog altyd 'n redelike goeie naam gehad, maar Lynx het 'n uitstekende herstel waarborg wat plaaslik is.

Re: Watter scope

Posted: Mon Jun 01, 2020 7:12 pm
by Koos Barnard
Ek gebruik twee van daardie Lynx scopes en kan net met lof van hulle praat. En soos Tripod sê dis 'n plaaslike produk met baie goeie naverkopediens.
Mooi loop

Re: Watter scope

Posted: Tue Jun 02, 2020 12:32 pm
by 6.5/284Norma
Burris het 'n "forever warranty", dit beteken maak nie saak wie die scope besit nie, die waarborg bly. Ek het persoonlike kennis daarvan. Het 'n Burris gehad met kruisdrade wat skeef in die buis gesit het, het saam met 'n geweer gekom tweedhands gekoop. Hulle het my laat weet die model word nie meer gemaak nie. Stuur my toe die nuwe model wat omtrent R4000 meer kos, sonder enige bybetaling.

Re: Watter scope

Posted: Wed Jun 03, 2020 7:28 am
by Hein22
Lynx is baie goeie waarde vir geld. Hulle het soms nie die verskeidenheid in hulle reeks soos ander vervaardigers nie maar dit wat hulle het is goeie kwaliteit.

Hulle het ook nie hulle waarde so goed gehou as jy hom tweedehands verkoop nie maar dit wil vir my voorkom asof dit verbeter het die laaste ruk.

Jy kan enige dag met 'n geruste hart 'n Lynx oorweeg.

Sent from my SM-A515F using Tapatalk


Re: Watter scope

Posted: Wed Jun 03, 2020 9:54 am
by Eugene
SmitH wrote: Mon Jun 01, 2020 5:48 pm Naand. Wil net hoor as julle moes kies tussen die 2 scopes watter sal julle kies en waarom.
Burris FourX3-12x56 illuminated Long-Range of Lynx LX3 2.5-15x50 Illuminated SAH

Groete SmitH
Vir watter toepassing? Jag, teiken, PRS, lang afstand?

Re: Watter scope

Posted: Wed Jun 03, 2020 4:52 pm
by KillMurphy911
Ek het begin met Vortex (Viper 5-24x50 in HST SFP en PST FFP) en hulle was OK. Ek het laasjaar oor beweeg Lynx toe en ek is baie tevrede. Soveel so dat ek al 'n paar manne laat afsien van hule Vortex scopes af. Dis ook vir my lekker om local te ondersteun al was die diens van Vortex af nie te versmaai nie. IMHO is daar min scopes wat by Lynx se waarde vir geld kan kom. As ek moet kritiek lewer sou ek sê 'n sunsahde kan dalk standaard by die scope gevoeg word maar dan stook dit ook weer die prys op. Glas is baie helder selfs in lae lig kondisies (vir die prys klas), hou sy zero op beide die 300 en die 22-250. Mooi matt afwerking. Turrets is groot genoeg maar nie te bonkig nie. Goeie positiewe draai aksie e"clicks". Die LX2 wat ek het kom met die illuminated reticle wat werk soos wat dit moet.Ek voel gemaklik genoeg met die Lynx vir daai ver skote en sal dit enige tyd aanbeveel. Ek weet ook van manne wat hulle kruishare by Lynx laat verander het (Van MOA na MIlrad) sonder enige probleme

Re: Watter scope

Posted: Wed Jun 03, 2020 6:01 pm
by Armand Steenkamp
Ek kan ook net ban die uitstekende diens van Lynx getuig.

Groetnis