Page 1 of 1

APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Mon Jun 01, 2020 11:24 am
by fanie.myburgh
Halo manne.

Ekt bietjie lanklaas iets gepost.

Hier kom my vraag, soos in die opskrif. Kan julle asb julle opinies lig oor die die 2 muzzle brakes? Of is daar ander opsie wat ek nie van weet nie? Wat se een van die twee is meer effektief? Is daar voor en nadele tussen die twee muzzle brakes?

Die brake moet gaan op n Remington Sendero 300win mag.

Hoor graag van julle.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Mon Jun 01, 2020 12:00 pm
by Kallie Fernhout
Middag Fanie.
Ek skiet n APW brake op my 300 Winmag. Skiet n 230gn koël so hy kan nogal stamp en ek is nie so lief vir recoil nie. Bitter baie tevrede met die brake het nie ondervinding van die Warior nie maar het voor die APW met n Sako TRG brake geskiet en die APW is defnitief baie meer effektief. Ek het n video van die brake in aksie met die 300 by n xsssa komp maar weet nie hoe om dit hier te plaas nie.

Re: APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Mon Jun 01, 2020 12:40 pm
by Klein Karoo
Wil ook graag hier n klip in die bos gooi, wat van die Gun Warrior range friendly base, soos ek verstaan is daar nie skuif waar jy tref as jy die cover op sit of wanneer jy dit afhaal nie?

Re: APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Mon Jun 01, 2020 1:01 pm
by Arnold
Klein Karoo wrote: Mon Jun 01, 2020 12:40 pm Wil ook graag hier n klip in die bos gooi, wat van die Gun Warrior range friendly base, soos ek verstaan is daar nie skuif waar jy tref as jy die cover op sit of wanneer jy dit afhaal nie?
Daai brake is bietjie aan die klein kant.

Re: APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Mon Jun 01, 2020 1:04 pm
by Arnold
Kallie Fernhout wrote:Middag Fanie.
Ek skiet n APW brake op my 300 Winmag. Skiet n 230gn koël so hy kan nogal stamp en ek is nie so lief vir recoil nie. Bitter baie tevrede met die brake het nie ondervinding van die Warior nie maar het voor die APW met n Sako TRG brake geskiet en die APW is defnitief baie meer effektief. Ek het n video van die brake in aksie met die 300 by n xsssa komp maar weet nie hoe om dit hier te plaas nie.
//cloud.tapatalk.com/s/5ed4e0d0e24 ... WA0026.mp4

Sent from my SM-G955F using Tapatalk


Re: APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Mon Jun 01, 2020 2:27 pm
by Andre308
Ek sien die ou wat die video geneem het, het later afgesit toe die Sako nie wil feed nie...

Re: APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Mon Jun 01, 2020 4:02 pm
by Kallie Fernhout
;)

Re: APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Mon Jun 01, 2020 5:38 pm
by fanie.myburgh
Baie dankie Kallie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Mon Jun 01, 2020 7:19 pm
by JPS
Het met ‘n 338 Edge geskiet met 6port warrior break gister (nie seker oor watter een In sy reeks dit is nie)

Ek persoonlik hou niks van muzzle break nie - maar die Warrior break is baie baie effektief. Die 338 Edge het klomp poeier agter die 300gn kooël. Terugskop is baieminder as my f klas 7mm ss wat 10kg weeg. Kon op 880m gong duidelik trace volg en impak sien.

Vandag die 4 port warrior op 7SS geskiet. Werk ook baie baie goed.

Die Warrior brakes is regtig baie effektief. Het geen ondervinding met APW nie.

Re: APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Mon Jun 01, 2020 10:37 pm
by Ranger
There’s also MDT if you can find stock locally. I would be very interested in a “shoot out” between the three. Done by someone with no financial interest in any of them. Maybe blindfold a couple of guys and let them shoot a couple of rounds through each using the same rifle and ammo. Maybe doing the same test with 3 calibers... 6.5 creed, 30-06, 338 Win Mag or 300 Norma Mag.

Re: APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Tue Jun 02, 2020 12:03 am
by Arnold
The MDT is also a smaller brake. When comparing make sure you are comparing like for like ;)

Sent from my SM-G955F using Tapatalk


Re: APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Tue Jun 02, 2020 3:58 pm
by Toffie@2
Ek het huidiglik die Warrior XL Brake op my Tikka .300 Win Mag en is baie tevrede. Ek skiet 208gr punte en die terugskop is weglaatbaar. Ek weet nie of dit ander se ondervinding met die Warrior dieselfde sal wees nie, maar dit voel ook nie of die gas na die skut geblaas word soos sekere brakes doen nie. Ek het geen ondervinding met die APW brake nie.

Vriendelike groete

Re: APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Tue Jun 02, 2020 4:14 pm
by fanie.myburgh
Baie dankie manne. Ek dink om met die Big Boy Brake van Warrior gaan. Ek wil die 225gr ELD-M skiet in die geweer. Gaan van die 208gr ook toets.

Ekt het paar van Warren hulle se produkte en weet dit is goeie kwaliteit.

My geweer is op die courier sal finaal besluit as die geweer kom.

Groete
Fanie


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Wed Jun 10, 2020 10:14 am
by Francoisv
Ek kan ook nie van altwee praat nie, maar het die APW 5 port op my 338 gesit en ek is beindruk. 'n 290gr koeel @2800 plus genereer heelwat terugskop en die brake maak hom mak soos 'n med kaliber. Selfs met die lockdown flinch kon en elke hou op die gong sien.

2 daughters. Plenty guns.



Re: APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Wed Jun 10, 2020 7:18 pm
by DvD
Die AWP break kom net in een grote, en dit is ontwerp vir n kaliber tot en met max .338, dit maak nie sin om so n groot gat voor in jou break te he as jy bv n 6mm of 6.5mm skiet nie. ek glo jy het al baie gehoor dat "breaks werk beter op groot kalibers wat skop het". nope, dit is omdat die gate te groot gesny word vir die kleiner kalibers. die vervaardigingskostes is soveel minder as daar net een grote break ontwerp en gebou word. Dit is waar Warrior n paar verskillende grotes het wat meer kaliber spesifiek is. My geweer (6.5) kom standaard met n break, wat max vir .338 ontwerp is en al wat dit doen is om die geweer swaarder te maak. ek het die Warrior XL break juis vir n 6.5 gekoop, en daar is n groot verskil in sy werking, amper geen recoil met die Warior break. die deursnee op n 6.5mm se gat in die break moet 0.284" wees en nie 0.338" nie. moenie dat iemand jou probeer n gat in die kop praat nie en se bv... ja maar ons het die gas flow gestoets, dis bog daai. vra dan dat hulle al die gas flo toetse op diue verskillende kalibers vir jou wys sodat jy self kan sien wat is die beste. praat met Warrior as jy ernstig is oor n break wat werk en nie net vir die mooi daar is nie!

Re: APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Thu Jun 11, 2020 9:34 am
by afrikanerbloed
Baie interessante leesstof.
Loer nou al lank na n muzzle break.
Sal graag wil weet of daar nog alternatiewe maatskappye daar buite is[Sa] na wie n mens se produkte ook kan kyk.
Johan

Re: APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Thu Jun 11, 2020 2:12 pm
by Francoisv
Onder oë. Image

2 daughters. Plenty guns.


Re: APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Fri Jun 12, 2020 12:00 am
by JDEls
DvD wrote:Die AWP break kom net in een grote, en dit is ontwerp vir n kaliber tot en met max .338, dit maak nie sin om so n groot gat voor in jou break te he as jy bv n 6mm of 6.5mm skiet nie. ek glo jy het al baie gehoor dat "breaks werk beter op groot kalibers wat skop het". nope, dit is omdat die gate te groot gesny word vir die kleiner kalibers. die vervaardigingskostes is soveel minder as daar net een grote break ontwerp en gebou word. Dit is waar Warrior n paar verskillende grotes het wat meer kaliber spesifiek is. My geweer (6.5) kom standaard met n break, wat max vir .338 ontwerp is en al wat dit doen is om die geweer swaarder te maak. ek het die Warrior XL break juis vir n 6.5 gekoop, en daar is n groot verskil in sy werking, amper geen recoil met die Warior break. die deursnee op n 6.5mm se gat in die break moet 0.284" wees en nie 0.338" nie. moenie dat iemand jou probeer n gat in die kop praat nie en se bv... ja maar ons het die gas flow gestoets, dis bog daai. vra dan dat hulle al die gas flo toetse op diue verskillende kalibers vir jou wys sodat jy self kan sien wat is die beste. praat met Warrior as jy ernstig is oor n break wat werk en nie net vir die mooi daar is nie!
Ek verkies weer om 'n produk eers te toets voor ek myself uitlaat oor wat vir my sin maak.

Warren se produkte is puik, maar so het ek ook vriende wat die APW gebruik op onder andere 6mm kalibers wat bitter gelukkig is.

Resultate behoort 'n produk se praatwerk te doen.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Fri Jun 12, 2020 5:21 pm
by DvD
Daai is die ou XL break se prentjie

die huidige een:

https://www.gunwarrior.co.za/xl-brake

Re: APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Fri Jun 12, 2020 6:37 pm
by Quicker
Hi DvD,

Verstaan ek jou reg dat jy se díe APW break n projektiel van 0-.338 give or take toelaat?

en dan díe warrior XL laat dan toe van .223-.458 as Ek díe webblad Só bekyk.

Verstaan ek dan reg dat al twee díe breaks op verskeie kalibers gebruik kan word en is ni kaliber spesifiek ni?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: APW Raptor vs Warrior brake vir 300win mag

Posted: Sat Jul 25, 2020 9:11 pm
by Trompie
Ekt vir my warrior se XL brake op my 300 Weatherby gesit en ek moet se dis ñ ander geweer nou.

Sent from my LM-G810 using Tapatalk