Page 1 of 2

6mm Raad

Posted: Wed May 27, 2020 9:26 pm
by geelslang
Hallo almal

Ek kort so bitjie raad oor die verskeie 6mm opsies daar buite en my nuwe bouprojek.

Ek kon' n Sako Forester L579 243 wat nog baie mooi is kry teen n billike prys maar ek wil hom graag vir een van twee doeleindes aanwend nl. Om 'n 103gr Eld te skiet teen 3000 tot 3100 fps of om' n 95gr Vld/TMK te skiet teen 3100 tot 3200fps.

Ek sal die kaliber verandering dadelik wil doen terwyl ek die dun lopie klaar skiet met 70gr BT's.

Watter dop sit ek in hierdie aksie wat betroubaar sal voer en een van die twee bostaande punte teen die gegewe spoed skiet?

Ek wil die kolf behou (sal later Skaapboer se A5 opsit) en sal daarom 'n Magnum/ light palma profiel loop, 26" max probeer opsit met insette van my GS.

Luister graag
Groete

Re: 6mm Raad

Posted: Wed May 27, 2020 9:41 pm
by Jaco v Zyl
Ek het 6br,6dasher,6x47 al geskiet en skiet op oomblik 6cm.
Het almal 95 smk/tmk geskiet behalwe br het ek 105 gr geskiet.
Enige een kan werk, en hang ma meer af van jou loop wat jy kry en geweersmid se werk wat gaan bepaal hoe goed die geweer gaan skiet,altans dis hoe ek deesdae glo.
As ek een moet kies sal dit wees tussen n 6cm en n xc( hul ma baie dieselfde dink ek)Skiet op oomblik 95Tmk teen 3180fts met die 6cm.
My 2c

Re: 6mm Raad

Posted: Wed May 27, 2020 9:59 pm
by Arnold
Alles in ag geneem sou ek ook 6 Creedmoor vat.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: 6mm Raad

Posted: Wed May 27, 2020 10:04 pm
by geelslang
Jaco v Zyl wrote: Wed May 27, 2020 9:41 pm Ek het 6br,6dasher,6x47 al geskiet en skiet op oomblik 6cm.
Het almal 95 smk/tmk geskiet behalwe br het ek 105 gr geskiet.
Enige een kan werk, en hang ma meer af van jou loop wat jy kry en geweersmid se werk wat gaan bepaal hoe goed die geweer gaan skiet,altans dis hoe ek deesdae glo.
As ek een moet kies sal dit wees tussen n 6cm en n xc( hul ma baie dieselfde dink ek)Skiet op oomblik 95Tmk teen 3180fts met die 6cm.
My 2c
Jaco wat is jou looplengte?

Re: 6mm Raad

Posted: Wed May 27, 2020 10:09 pm
by Jaco v Zyl
Het n 28” loop op, ma skiet op laer node.As ek reg onthou is my boonste node rondom 3310
Ek is redelik oortuig jy sal 3100-3180 met n 26” gemaklik kry.

Re: 6mm Raad

Posted: Wed May 27, 2020 10:23 pm
by Arnold
Met n 24" loop skiet ek n 105gr RDF teen 3020fps met 40.6gr S365 uit my 6 Creed. Lapua doppe en dies is maklik bekombaar.

Wees versigtig vir die 6XC as jy nie die regte kombinasie reamer en dies het nie sukkel mens maar.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: 6mm Raad

Posted: Thu May 28, 2020 7:57 am
by Rem
Arnold wrote:Met n 24" loop skiet ek n 105gr RDF teen 3020fps met 40.6gr S365 uit my 6 Creed. Lapua doppe en dies is maklik bekombaar.

Wees versigtig vir die 6XC as jy nie die regte kombinasie reamer en dies het nie sukkel mens maar.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Klink mooi. Ek gaan 108eldm skiet, hopelik teen 3050 met 26 duim loop

Arnold het jy al die 115rdf oorweeg/probeer? Hoe is die 105 se werklike bc vs wat hul adverteer?

Ek sou ook 6creed gaan.

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Re: 6mm Raad

Posted: Thu May 28, 2020 8:17 am
by Arnold
Rem wrote: Thu May 28, 2020 7:57 amKlink mooi. Ek gaan 108eldm skiet, hopelik teen 3050 met 26 duim loop

Arnold het jy al die 115rdf oorweeg/probeer? Hoe is die 105 se werklike bc vs wat hul adverteer?

Ek sou ook 6creed gaan.

Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Is die 115gr RDF al beskikbaar?
Die 105gr RDF se BC is meer as geadverteer en ek gebruik 'n G7 BC van 0.294. Omdat die BC so hoog is het ek nognie baie van die 115gr Dtac wat ek het probeer nie maar hulle behoort ook mooi te werk as jou loop se twist reg is.

Re: 6mm Raad

Posted: Thu May 28, 2020 8:28 am
by Rem
Ek weet nie of hul al beskikbaar is nie, maar daai 105 G7 is baie goed. Baie geinteresseerd om te sien hoe die 108 eldm se bc gaan wees. Loop is n bartlein 1:7.2 wat ek opsit.

Re: 6mm Raad

Posted: Thu May 28, 2020 10:08 am
by Capt. Yoda
Dit spyt my om dit te se maar as ek weer n 6mm moet bou sal dit heelmoontlik n 6creed wees. Koop n pak lapua doppe van die rak af en daar gaan jy, no-turn kamer en jy laai jou patroon en gaan skiet

Ek skiet nou die 108gr ELD en sy G7 bc het vir my uit gewerk op 0.272. Ek gebruik nou hornady se 4dof app wat met drag curves werk eder as net met BC en dit werk baie lekker

Re: 6mm Raad

Posted: Thu May 28, 2020 10:20 am
by Rem
Capt. Oblivious wrote:Dit spyt my om dit te se maar as ek weer n 6mm moet bou sal dit heelmoontlik n 6creed wees. Koop n pak lapua doppe van die rak af en daar gaan jy, no-turn kamer en jy laai jou patroon en gaan skiet

Ek skiet nou die 108gr ELD en sy G7 bc het vir my uit gewerk op 0.272. Ek gebruik nou hornady se 4dof app wat met drag curves werk eder as net met BC en dit werk baie lekker
Ek het ook daai app afgelaai maar nog nie genoeg rondgespeel nie. Presies wat ek nou gedoen het. Lapua doppe gekoop, cci450, klomp 108eldm en kruit. Hopelik loop hy mooi. Sal terugvoer gee sodra dinge bymekaar kom.

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Re: 6mm Raad

Posted: Thu May 28, 2020 10:39 am
by Toyrsi
Ek skiet n 6Creed met n 26 duim loop.
Skiet tans die 95tmk teen 3230. Druk is 57000psi volgens QL.
Baie tevrede met hom.

Re: 6mm Raad

Posted: Thu May 28, 2020 10:52 am
by afrikanerbloed
Mag verkeerd wees maar het die ander dag gelees dat die 6 creed n loop leeftyd van ongeveer 1800 skote het.Kan iemand dalk hieroor uit brei.
Loer ook na die kaliber .
Dankie
Johan

Re: 6mm Raad

Posted: Thu May 28, 2020 10:56 am
by Rem
Ek het gelees so 1500-2000 skote. Hang seker af of jy n 115vld teen 2950 skiet of n 95 teen 3250fps

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Re: 6mm Raad

Posted: Thu May 28, 2020 1:58 pm
by Capt. Yoda
afrikanerbloed wrote: Thu May 28, 2020 10:52 am Mag verkeerd wees maar het die ander dag gelees dat die 6 creed n loop leeftyd van ongeveer 1800 skote het.Kan iemand dalk hieroor uit brei.
Loer ook na die kaliber .
Dankie
Johan
Of dit nou n 6Creed, 6samurai of 6whatwhat is as jy n 105gr koel teen 3050fps uit n 26" loop skiet of self n 95gr teen 3150fps skiet gaan jy goed doen om 2000 skote te kry, jy kan altyd hier op n 1000 skote die kamer laat oor sny wat jou seker bq oor 2000 goeie skote sal gee.

XC, SLR, Creed just about al daai klas doppe kyk jy na so 1500-1800 of miskien 2000 "kometerende" skote as jy nie die loop deur jou anoes trek nie.

As jy meer as dit uit n 6mm loop soek moet mens eder na n kaliber kyk wat op die 6BR se dop gebou is

Re: 6mm Raad

Posted: Thu May 28, 2020 4:43 pm
by afrikanerbloed
Gelees dat party lope al hoes by 900-1000 skote[hulle verloor 100fps met dieselfde lading].Meeste ouens herkamer dan.
Prs manne kry so 1200 skote.
Soos genoem hierbo hang dit maar af wat jy doen met hom.Rev hom in die rooi en hy gaan blaas.
Ek bewe somaar as ek dink aan nuwe loop herlisensieer…..
johan

Re: 6mm Raad

Posted: Thu May 28, 2020 4:58 pm
by Arnold
Onthou PRS ouens skiet 12 skote in ongeveer 90 sekondes ... daai lope werk hard

Re: 6mm Raad

Posted: Thu May 28, 2020 5:14 pm
by afrikanerbloed
Jip
Ek het dit so

Re: 6mm Raad

Posted: Fri May 29, 2020 6:01 am
by Ysterkat
Capt. Oblivious wrote: Thu May 28, 2020 1:58 pm
afrikanerbloed wrote: Thu May 28, 2020 10:52 am Mag verkeerd wees maar het die ander dag gelees dat die 6 creed n loop leeftyd van ongeveer 1800 skote het.Kan iemand dalk hieroor uit brei.
Loer ook na die kaliber .
Dankie
Johan
Of dit nou n 6Creed, 6samurai of 6whatwhat is as jy n 105gr koel teen 3050fps uit n 26" loop skiet of self n 95gr teen 3150fps skiet gaan jy goed doen om 2000 skote te kry, jy kan altyd hier op n 1000 skote die kamer laat oor sny wat jou seker bq oor 2000 goeie skote sal gee.

XC, SLR, Creed just about al daai klas doppe kyk jy na so 1500-1800 of miskien 2000 "kometerende" skote as jy nie die loop deur jou anoes trek nie.

As jy meer as dit uit n 6mm loop soek moet mens eder na n kaliber kyk wat op die 6BR se dop gebou is

Daar is darem 'n paar XC's daar buite wat ver ooor die 3000 skote deur het en nog mooi skiet. 'n Top veldskiet man se XC is ook al verby 3000 skote

Re: 6mm Raad

Posted: Fri May 29, 2020 7:04 am
by Apie
Capt. Oblivious wrote:Dit spyt my om dit te se maar as ek weer n 6mm moet bou sal dit heelmoontlik n 6creed wees. Koop n pak lapua doppe van die rak af en daar gaan jy, no-turn kamer en jy laai jou patroon en gaan skiet

Ek skiet nou die 108gr ELD en sy G7 bc het vir my uit gewerk op 0.272. Ek gebruik nou hornady se 4dof app wat met drag curves werk eder as net met BC en dit werk baie lekker
Hoekom sal jy die Creed bo die XC kies?

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 6mm Raad

Posted: Fri May 29, 2020 7:46 am
by Gian_dP
Apie wrote:
Capt. Oblivious wrote:Dit spyt my om dit te se maar as ek weer n 6mm moet bou sal dit heelmoontlik n 6creed wees. Koop n pak lapua doppe van die rak af en daar gaan jy, no-turn kamer en jy laai jou patroon en gaan skiet

Ek skiet nou die 108gr ELD en sy G7 bc het vir my uit gewerk op 0.272. Ek gebruik nou hornady se 4dof app wat met drag curves werk eder as net met BC en dit werk baie lekker
Hoekom sal jy die Creed bo die XC kies?

Sent from my iPhone using Tapatalk
Grootste voordeel is Lapua doppe. Ek het self n XC wat baie mooi skiet, my Norma doppe hou sover en ek het nie snaakse matryse nodig nie. Weet daar is paar XC's wat "small base dies" nodig het en primer pockets wat nie hou nie.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

Re: 6mm Raad

Posted: Fri May 29, 2020 7:57 am
by Gerhardu
As jy loop lewe soek is jy by die vwekeerde kaliber. Ons is n paar pelle wat 6mm skiet en almal verskil en almal het lang 1-8twist lope op. Nie een van ons is spyt oor ons keuses nie. Om jou n idee te gee, my XC het nou net oor die 1000 skote deur en tweede batch doppe. Daai lande lyk nog soos op 200skote. Ek laai Varget met 105gr RDF teen 3020fps en druk op 53000psi so hy hol lekker mild! Ek dink ook nie daar is n slegte 6mm kaliber nie. Daar is ook nie n groot verskil tussen xc en cm nie ek dink net komponente gaan meer beskikbaar en oedkoper wees as die xc agv die Howa wat fabrieks geweer het. Met loop lengte gaan dalk bietjie langer en kyk eers wat maak hy. Jy kan n loop vinnig korter maak maar jy kan hom nie langer maak nie. Ek dink my volgende loop sal verseker n BRA wees!!!

Re: 6mm Raad

Posted: Fri May 29, 2020 8:48 am
by Capt. Yoda
Apie wrote: Fri May 29, 2020 7:04 am
Capt. Oblivious wrote:Dit spyt my om dit te se maar as ek weer n 6mm moet bou sal dit heelmoontlik n 6creed wees. Koop n pak lapua doppe van die rak af en daar gaan jy, no-turn kamer en jy laai jou patroon en gaan skiet

Ek skiet nou die 108gr ELD en sy G7 bc het vir my uit gewerk op 0.272. Ek gebruik nou hornady se 4dof app wat met drag curves werk eder as net met BC en dit werk baie lekker
Hoekom sal jy die Creed bo die XC kies?

Sent from my iPhone using Tapatalk
Lapua doppe Apie dis maar al.

Re: 6mm Raad

Posted: Fri May 29, 2020 10:09 am
by figjam
Is hier al manne wat 'n 6mm GT gebou het? (jaja, ek het ook al gelees waarvoor GT staan)

https://www.youtube.com/watch?v=x8IAy898X6Q

Re: 6mm Raad

Posted: Fri May 29, 2020 11:04 am
by Capt. Yoda
Daar is een of 2 in die omtrek wat ek van weet, hulle skiet mooi.
Enige iets wat se ma maar eintlik n 6BR was sal mooi skiet, in die geval was sy ma seker meer n x47 dop maar die GT is bitter naby aan n Dasher so 6BR was seker sy tannie