Page 1 of 2
Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Tue May 26, 2020 9:39 pm
by Smith223
Goeie naand manne, ek plaas namens 'n vriend wat ek help laai met sy BRNO 223.Ons moet so paar rooibokke vir 'n ou hier buite Ellisras afhaal en die plan was om hulle te gaan skiet onder die lig met die 223.
Ons het 55gr Nolser Varmageddon gekry, S321 en 'n pak Winchester doppe.
Ons het 'n paar rondtes gelaai en deur die chrony gegjaag met die hoop om GRT te gebruik om 'n aanvaarbare lading te kry vir kopskote.
Ongelukkig het die glad nie groepeer soos verwag nie en ons is nou opsoek na antwoorde. Ek heg die data van die skietery aan met die hoop om antwoorde te kry.
BRNO 223:
S321/284/19
Wincehster doppe (nuut):
H20 Volume klaar geskiet: 31.2gr
Dop lengte :44.6mm
Punt : 55gr Nolser Varmageddon (tipped)
TPL : 57.35mm
Loop lengte (kroon tot slot gesig): 602.5mm
Chrony: 5m
Temp 25C
CCI 400 primers
25.6gr S321:
3115 fps
3079fps
3093fps
3072fps
3129fps
3086fps
AVE:3096 fps
26gr S321:
3189fps
3212fps
3236fps
3228fps
3205fps
AVE: 3214fps
Ek het Gordons Reloading tool gebruik op beide die onderskeie ladings maar hulle praat nie met mekaar nie.
26.png
26.png
Die beste groeperimg op 100M was maak 40mm vir 4 skote ( met die 26gr lading)
Ons het die geweer se loop gefreefloat die week , hy het so 2mm "gap" rondom.
Die aksie is nie gebed nie, dit was my voorstel om te doen na my geweer goeie verbetering gewys het na hy gebed is.
Ek is oop vir voorstelle.
Dankie
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Tue May 26, 2020 9:42 pm
by Smith223
Bygesê ons het verskeie 55gr PMP bruinbomks amunisie geskiet en ons kon nie beter as 50mm met dit kry vir 5 Skote nie.
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Tue May 26, 2020 11:50 pm
by Ds J
Daar kan n hele streep redes wees. Julle sal op n punt moet begin en stelselmatig een vir een uitskakel totdat die saak opgelos is.
Wat doen die geweer met ander gekoopte ammunisie?
Wat doen hy met ander skuts?
Is dit n nuwe laai, of het dit al vroeër gebeur? Wat was toe die oplossing?
Is AL die skroewe vas? Dit beteken alles losmaak en deeglik vasmaak sonder te veel krag.
Is die teleskoop heel?
Is die kroon beskadig?
Pas die koeëlgewig by die groeflengte?
Hoe lyk die loop? Is hy dalk al uitgeskiet?
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Wed May 27, 2020 8:40 am
by OosKaapJagter
Hoe het die geweer geskiet voor die "free floating"?
Ek het 'n ou Tikka LSA-55 in 308 tweedehands gekry. Die groeperings was nie te sleg vir jagdoeleindes nie, maar ook nie watwonders nie. Die wapen was ook deur die proses van "free floating/glass bedding". Met niks om te verloor nie het ek besluit om dit self oor te doen en het al die "bedding" material uitgehaal. Voordat ek die "free floating" gedoen het, het ek net uit nuuskierigheid die aksie vasgeskroef in die houtkolf en 'n paar skote gaan skiet. Die groepering het soveel verbeter dat ek daardie geweer toe net so gelos het.
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Wed May 27, 2020 9:00 am
by tripodmvr
As julle met 'n klankdemper aan geskiet het probeer dit daarsonder om te sien of dit nie die groep beinvloed nie.
Die brandtempo van die 26gr lading het baie toegeneem. Gebruik ek dit dan is daar 'n node by 'n spoed van 3250vps op die chrony 5m weg en 26,4gr gaan julle naby kry.
Die groot ES van die skote help nie om akkurate ladings te voorspel nie. Maak seker julle doppe is nie te lank nie.
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Wed May 27, 2020 10:00 am
by Smith223
Ds J wrote: Tue May 26, 2020 11:50 pm
Daar kan n hele streep redes wees. Julle sal op n punt moet begin en stelselmatig een vir een uitskakel totdat die saak opgelos is.
Wat doen die geweer met ander gekoopte ammunisie?
Wat doen hy met ander skuts?
Is dit n nuwe laai, of het dit al vroeër gebeur? Wat was toe die oplossing?
Is AL die skroewe vas? Dit beteken alles losmaak en deeglik vasmaak sonder te veel krag.
Is die teleskoop heel?
Is die kroon beskadig?
Pas die koeëlgewig by die groeflengte?
Hoe lyk die loop? Is hy dalk al uitgeskiet?
Dankie vir die terugvoer,
Ek antwoord die vrae een vir een.
Ons het baie ou sako amunisie ook gesiet maar dit lewer dieselfde resultate, ongeveer 2MOA op sy beste.
3 skuts het gesiet en die Bg groepering was die beste van die lot.
Ons het nou vir die geweer begin laai, hulle het altyd patrone gekoop vir tarentaal skiet.
Ons sal defitief na die aksie, basis en ring skroewe kyk vir torque specs.
Teleskoop is in goeie toestand en redelik nuut, dit is ‘n vortex crossfire.
Kroon lyk vir my goed en egalig
Ek glo dit is 1:12 sal bevestig dus behoort 55gr mooi te maak.
Loop het ongeveer 1500 skote geskiet volgens eienaar.
Soos ek verstaan het hulle nooit die geweer intensief op die skietbaan geskiet nie was meer ‘n roer om tarentale mee te skiet.
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Wed May 27, 2020 10:03 am
by Smith223
OosKaapJagter wrote: Wed May 27, 2020 8:40 am
Hoe het die geweer geskiet voor die "free floating"?
Ek het 'n ou Tikka LSA-55 in 308 tweedehands gekry. Die groeperings was nie te sleg vir jagdoeleindes nie, maar ook nie watwonders nie. Die wapen was ook deur die proses van "free floating/glass bedding". Met niks om te verloor nie het ek besluit om dit self oor te doen en het al die "bedding" material uitgehaal. Voordat ek die "free floating" gedoen het, het ek net uit nuuskierigheid die aksie vasgeskroef in die houtkolf en 'n paar skote gaan skiet. Die groepering het soveel verbeter dat ek daardie geweer toe net so gelos het.
Hulle het nooit met die roer die skietbaan gaan fyn groeperings skiet nie omdat hulle rondtes gekoop het en tarentale geskiet het.
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Wed May 27, 2020 10:12 am
by Smith223
tripodmvr wrote: Wed May 27, 2020 9:00 am
As julle met 'n klankdemper aan geskiet het probeer dit daarsonder om te sien of dit nie die groep beinvloed nie.
Die brandtempo van die 26gr lading het baie toegeneem. Gebruik ek dit dan is daar 'n node by 'n spoed van 3250vps op die chrony 5m weg en 26,4gr gaan julle naby kry.
Die groot ES van die skote help nie om akkurate ladings te voorspel nie. Maak seker julle doppe is nie te lank nie.
Dankie Oom ons maak so!
Ons het slegs sonder knaldemper geskiet met die snelhede wat ek weergegee het.
Ek kyk na die dop lengte, ons het met die lee case trimmer gesny tot 44.4mm maar het gerek tot 44.6mm met die afvuur dit lyk asof die rim van nekkie van die doppe effens nouer is as die res van die nek. Die ES pla my ook baie die 2 ladings se spoed wat ek gegee het was van die beter ES gewees.
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Wed May 27, 2020 4:03 pm
by Armand Steenkamp
Smith223 wrote: Wed May 27, 2020 10:12 am
tripodmvr wrote: Wed May 27, 2020 9:00 am
As julle met 'n klankdemper aan geskiet het probeer dit daarsonder om te sien of dit nie die groep beinvloed nie.
Die brandtempo van die 26gr lading het baie toegeneem. Gebruik ek dit dan is daar 'n node by 'n spoed van 3250vps op die chrony 5m weg en 26,4gr gaan julle naby kry.
Die groot ES van die skote help nie om akkurate ladings te voorspel nie. Maak seker julle doppe is nie te lank nie.
Dankie Oom ons maak so!
Ons het slegs sonder knaldemper geskiet met die snelhede wat ek weergegee het.
Ek kyk na die dop lengte, ons het met die lee case trimmer gesny tot 44.4mm maar het gerek tot 44.6mm met die afvuur dit lyk asof die rim van nekkie van die doppe effens nouer is as die res van die nek. Die ES pla my ook baie die 2 ladings se spoed wat ek gegee het was van die beter ES gewees.
Smith223, daai spoed wat oom driepoot ge kan jy na toe laai. Maar ek reken half iewers is n ander fout. Waneer laas het julle daai loop se koper heel uit gehaal? Daai roertjie moet maklik onder n duim skiet. Trim maar weer jou doppe. Hulle rek vir my baie met een skoot . 2mm? Trim en laai daai lading van oom driepoot en kyk wat hy maak. Ek sou ook se jy kan maan kyk om hom te laat pak. Pak hom sommer self met steenvas.
Groetnis
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Wed May 27, 2020 5:20 pm
by dehacked
Is die loop al behoorlik skoon gemaak?
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Mon Jun 01, 2020 10:36 pm
by Smith223
tripodmvr wrote: Wed May 27, 2020 9:00 am
As julle met 'n klankdemper aan geskiet het probeer dit daarsonder om te sien of dit nie die groep beinvloed nie.
Die brandtempo van die 26gr lading het baie toegeneem. Gebruik ek dit dan is daar 'n node by 'n spoed van 3250vps op die chrony 5m weg en 26,4gr gaan julle naby kry.
Die groot ES van die skote help nie om akkurate ladings te voorspel nie. Maak seker julle doppe is nie te lank nie.
Dankie vir almal se terugvoer so vêr, ek het 'n checklist saamgestel en ons tick die boksies een vir een.
Ons het die loop mooi skoongemaak en het amper 30min spaneer om al die koper uit te kry.
Ek het ook 'n MAX COAL gauge gemaak en gesien dat die punte baie naby aan die lande is (0.3mm)
Met Oom se komentaar op die brandtempo:
Kan dit moontlik wees omdat:
Punte te naby aan die lande is?
Die loop baie koper en 'carbon' ingehad het?
Sal een van die bg 'n invloed hê op die groot ES in spoed?
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Tue Jun 02, 2020 8:52 am
by tripodmvr
Ek sou die TPL 56,5 maak en sien wat se invloed dit het. Gebruik die 26,4gr lading en kyk watter spoed jy kry.
Die loop was nie so vuil as hy binne 'n halfuur skoon was nie.
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Tue Jun 02, 2020 12:01 pm
by Jurgen Visser
Pas die koeëlgewig by die groeflengte?
Hierdie is jul begin punt !! meet die twist , my BRNO 223 het 'n 14 twist , ek laai die 40 gr Armageddon tipped en skiet baie mooi , myne soek glad nie die 55gr punt nie
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Tue Jun 02, 2020 12:31 pm
by tripodmvr
Jy is reg Jurgen. Nie eers geweet die 223's is in 1 : 14 gemaak nie - meer algemeen onder 22-250.
Die gebruik van 'n 50gr koeël sal dan beter wees.
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Wed Jun 03, 2020 7:54 am
by Lategan1
Hier het Jurgen almal wakker!!
Smith, hoor by jou vriend watter grein is in die verlede gebruik? Dit kan jou ook op die loopdraai spoor help plaas. Maar jy sal moet meet of laat meet.
Beste.
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Sun Jun 07, 2020 12:18 am
by Smith223
Dankie vir almal se terugvoer so vêr, ons waardeer julle insette.
Ons het intussen die volgende gedoen:
Die loop ge-decarbon en ge-decopper
Ons het die scope, en ringe vervang
Ons het die 1x fired doppe gebruik , gesny tot op 44.4mm en FL size met 0.05mm bump
Ons het 40gr Vmaxe gelaai, 50gr Ballistic tips en 55gr Varmageddons.
Ons was toe skietbaan toe en het die volgende data gerkry:
223BRNO
S321/284/19
Tempratuur 22C
Chrony 5M
H20 volume 31.2gr
Loop lengte (kroon tot slot gesig): 602.5mm
CCI 400 primers
Dop lengte :44.45mm (klaar geskiet)
55gr Nosler Varmageddon tipped:
57.2mm TPL
26gr
3205fps
3228fps
3228fps
3197fps
3228fps
AVE: 3217fps
26.4gr
3284fps
3292fps
3300fps
3308fps
3284fps
3308fps
AVE: 3296fps
50gr Nosler Ballistic tips:
57.2mm TPL
26gr
3276fps
3284fps
AVE: 3280fps
26.5gr
3375fps
3350fps
3351fps
AVE:3358 fps
40gr Vmax
55.9mm TPL
27gr
3472fps
3508fps
3499fps
AVE:3493fps
27.5gr
3593fps
3593fps
3593fps
AVE: 3593fps (het al 3 skote opgetel en die snelheid was identies)
Die groepe het soos volg gelyk:
50gr BT 26gr s321
IMG_2164.JPG
40gr VMAX 27gr s321
IMG_2166.JPG
55gr Varma 26gr s321
IMG_2167.JPG
Nog fotos op fir volgende post:
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Sun Jun 07, 2020 12:24 am
by Smith223
55gr VARMA 26.4gr S321
IMG_2168.JPG
40gr Vmax 27.5gr S321
IMG_21651.JPG
Die groepe is al baie baie beter as voorheen , alhoewel 55gr PMP bruinboks steeds nie wil skiet nie.
Die groepe lyk soos die aanvanklikes van my HOWA 223 long horisontale groepe, ons het dus besluit om die geweer te pak (dit het my geweer baie gehelp)
Hulle gaan more weer skiet en sal dan terugvoer gee.
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Sun Jun 07, 2020 12:30 am
by Smith223
Hier is 'n paar foto's van die pak proses wat ons vandag deur was:
IMG_21482.JPG
IMG_21502.JPG
IMG_21512.JPG
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Sun Jun 07, 2020 12:32 am
by Smith223
Die finale produk:
IMG_21622.JPG
IMG_21632.JPG
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Sun Jun 07, 2020 9:41 am
by tripodmvr
QL se berekeninge.
1. Brandspoed by 55Varm en 40gr Vmax het versnel met die hoër lading.
2. Ek sou die TPL na 55mm verander vir die 40gr Vmax. Gee dan beter greep op koeëlskag. Aangesien die' koeël reeds goed presteer is dit jou keuse.
A) 55gr Varm - Ek sou kyk na 26,1gr en so 3245vps op die chrony
B) 50gr BT - Ook 26,1gr en 3295vps op die chrony.
C) 40gr Vmax kan opgaan na die hoër node en 28,3gr en 3710vps op die chrony.
Hierdie inligting is geldig al het julle die loop gebed. Kom ons kyk hoe lyk julle volgende sessie. Die spoedvlakke stem baie goed ooreen met my geweer met 'n 24 duim loop.
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Sun Jun 07, 2020 2:54 pm
by Oppiplaas
Dit is nou vir jou n ding.
Ek het n nuwe CZ 223 gekoop en kon nie die geweer kry om klein groepies te skiet nie.
1;9 twist.
Ek skiet nou Federal doppe met 55gr hornady SP punte.
24.6gr S321 3148fps beste wat ek kon kry op 100m.
Als probeer van verskillende ammo /doppe en punte.
Later n skaapboer kolf opgesit en laat pillar bed.
Steeds wou die geweer op 100m nie kleiner as 35mm groepe skiet nie. Nog klomp goed en n jaar later skiet hy steeds swak groepe op 100m.
Dit is niks. Vir n onverklaarbare rede (tot vandag) skiet hy op 300m R5 muntstuk groepe elke dag. Dit is my enigste geweer wat toe maak hoe verder hy gaan. Dit laat my wakker lê

.
Die geweer kos my tot dusvêr klomp geld. Ek het besluit dat ek nie verder my kop gaan breek oor swak groepe op 100m nie. Ek en my 6 jarige seun skiet op 200m skote wat inmekaar sit. Op 300m is hy so R5 munt groote. 500m ghong lui ook gereeld.
Maar steeds weet ek nie hoekom hy nie op 100m wil groepeer nie.
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Mon Jun 08, 2020 1:16 pm
by Smith223
tripodmvr wrote: Sun Jun 07, 2020 9:41 am
QL se berekeninge.
1. Brandspoed by 55Varm en 40gr Vmax het versnel met die hoër lading.
2. Ek sou die TPL na 55mm verander vir die 40gr Vmax. Gee dan beter greep op koeëlskag. Aangesien die' koeël reeds goed presteer is dit jou keuse.
A) 55gr Varm - Ek sou kyk na 26,1gr en so 3245vps op die chrony
B) 50gr BT - Ook 26,1gr en 3295vps op die chrony.
C) 40gr Vmax kan opgaan na die hoër node en 28,3gr en 3710vps op die chrony.
Hierdie inligting is geldig al het julle die loop gebed. Kom ons kyk hoe lyk julle volgende sessie. Die spoedvlakke stem baie goed ooreen met my geweer met 'n 24 duim loop.
Weereens dankie vir die berekining Oom!
Hulle was gister skietbaan toe met ladings wat gelaai was voor die berekening.
Met die nuwe doppe skiet die geweer weereens bont,
Maar met die 1x fired het hy 'n 5skoot 27mm groep geskiet. (26.4gr vir die Varmageddons 3248fps ES van 39fps SD van 14fps)
Iets met die nuwe Winchester doppe is nie lekker nie. Die headspace meet 0.2mm korter op nuwe doppe as 1x geskiet en die buite nek diameter na punt geseat is meet 6.29mm , ek sien SAAMI spec is 6.43mm. kan een van die bg. 'n problem wees?
Is Lapua/Norma se nekwanddikte dalk meer?
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Mon Jun 08, 2020 1:52 pm
by tripodmvr
1. Bly die Varm en 26,4gr wys potensiaal. Hoe vêr is julle van die lande?
2. 6,43mm behoort die maks deursnee te wees sodat die nek kan uitsit en die koeël los. Julle 6,29mm is dus minder en veiliger.
3. Normaalweg word kopspasie van 4 duisendstes van 'n duim aanvaar. Die 8 duisendstes wat julle nou kry is dan die van die dop. Miskien kan dit goed wees as julle die kopspasie van die geweer nagaan.
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Mon Jun 08, 2020 2:25 pm
by Capt. Yoda
Moenie te erg oor virgin doppe se mates bekommer nie, dit vat so 2 keer se skiet om alles mooi te kry.
Solank dit binne veilige mates is kan jy maar skiet
Re: Hulp met pel se BRNO 223
Posted: Mon Jun 08, 2020 8:21 pm
by Smith223
tripodmvr wrote: Mon Jun 08, 2020 1:52 pm
1. Bly die Varm en 26,4gr wys potensiaal. Hoe vêr is julle van die lande?
2. 6,43mm behoort die maks deursnee te wees sodat die nek kan uitsit en die koeël los. Julle 6,29mm is dus minder en veiliger.
3. Normaalweg word kopspasie van 4 duisendstes van 'n duim aanvaar. Die 8 duisendstes wat julle nou kry is dan die van die dop. Miskien kan dit goed wees as julle die kopspasie van die geweer nagaan.
Dankie Oom, ons het weer van hulle gelaai met verskillende TPL
1. Ons is nou 0.5mm weg op die laaste sessie gewees.
2. Ek weet die ouens wat doppe se nekke skil doen dit volgens die diameter wat die reamer sny met bietjie ekstra vir die release, net vir interesantheid weet iemand hoeveel die 'bietjie ekstra'