Page 1 of 1

Hunt buddy Silencer op 6.5 kaliber?

Posted: Tue May 26, 2020 6:25 pm
by Jacques.308
Is hier manne wat met n silent hunter, hunt buddy op n 6.5 skiet? Hoe ondervind julle hom?

Veral op loop wip of moet mens eerder die paar rand meer uithaal en die gewone silent hunter koop?

Sent from my SM-G960F using Tapatalk


Re: Hunt buddy Silencer op 6.5 kaliber?

Posted: Tue May 26, 2020 7:45 pm
by Rasmus
Ek het n silent hunter op my 6.5 wat is nou weer die verskil tussen die hunt buddy en silent hunter.

Kan nie onthou watter model het ek nie?

Re: Hunt buddy Silencer op 6.5 kaliber?

Posted: Tue May 26, 2020 8:16 pm
by Armand Steenkamp
Hunt buddy is kleiner

Re: Hunt buddy Silencer op 6.5 kaliber?

Posted: Tue May 26, 2020 8:25 pm
by henried
Hunt Buddy het 6 kamers, lengte 150mm.
Silent Hunter het 10/12 kamers. Lengte 210mm.

Re: Hunt buddy Silencer op 6.5 kaliber?

Posted: Tue May 26, 2020 8:39 pm
by Spanner
Ek het een op my CZ 6.5x55 en ek is baie gelukkig.
Ek het hom al hele klompie jare. Oorspronklik op Hunt Buddy besluit omdat ek met die geweer in bosveld jag en wou hom so kort en lig as moontlik hou en n mate van klank onderdrukking hê. Hy werk so goed dat my laaitjie ook met die geweer kon begin skiet toe hy sewe jaar oud was- iets wat hy nie wou of kon doen sonder hom nie. Ek is baie tevrede met die HB. Hy is nie te lank om die geweer lomp, swaar en onnodig ongemaklik te maak vir bosveld bekruip jag nie.
Vir wat dit werd is, my laaitjie is nou 13 en het n HB op sy Howa 6.5x55 en my vrou het n HB op haar .30-06, en ons is nie n dag spyt daaroor nie.

Re: Hunt buddy Silencer op 6.5 kaliber?

Posted: Tue May 26, 2020 9:08 pm
by Jacques.308
Spanner wrote:Ek het een op my CZ 6.5x55 en ek is baie gelukkig.
Ek het hom al hele klompie jare. Oorspronklik op Hunt Buddy besluit omdat ek met die geweer in bosveld jag en wou hom so kort en lig as moontlik hou en n mate van klank onderdrukking hê. Hy werk so goed dat my laaitjie ook met die geweer kon begin skiet toe hy sewe jaar oud was- iets wat hy nie wou of kon doen sonder hom nie. Ek is baie tevrede met die HB. Hy is nie te lank om die geweer lomp, swaar en onnodig ongemaklik te maak vir bosveld bekruip jag nie.
Vir wat dit werd is, my laaitjie is nou 13 en het n HB op sy Howa 6.5x55 en my vrou het n HB op haar .30-06, en ons is nie n dag spyt daaroor nie.
Dankie spanner jy het nie dalk n video met enige een van die gewere wat jy met hunt buddy skiet nie?

Sent from my SM-G960F using Tapatalk


Re: Hunt buddy Silencer op 6.5 kaliber?

Posted: Wed May 27, 2020 4:04 pm
by Spanner
Nee ongelukkig nie. Ek behoort binne twee weke weer by die skietbaan te draai, dan sal ek 'n video kan neem, maar ek weet nie of dit dalk te lank is om te wag nie ?

Re: Hunt buddy Silencer op 6.5 kaliber?

Posted: Wed May 27, 2020 4:31 pm
by Jacques.308
Spanner wrote:Nee ongelukkig nie. Ek behoort binne twee weke weer by die skietbaan te draai, dan sal ek 'n video kan neem, maar ek weet nie of dit dalk te lank is om te wag nie ?
Dankie Spanner maar ek het sommer besluit om n gewone silent hunter op te sit.


Sent from my SM-G960F using Tapatalk


Re: Hunt buddy Silencer op 6.5 kaliber?

Posted: Wed May 27, 2020 6:41 pm
by Pvdw
Ek skiet met die Huntbuddy op my 6.5x55.

Verseker nie die stilste en effektiefste op die mark nie maar tog baie prakties. Die klein grootte is nogal baie nice. Hy is net stil genoeg vir my in die veld om die suis in my ore te voorkom sodat ek die klap of mis van die skoot op die bok steeds mooi kan hoor. Op die baan ook stil genoeg om sonder ore te skiet. Die Silenthunter is verseker stiller maar ek het die een vir praktiese redes in die veld aan geskaf.

Re: Hunt buddy Silencer op 6.5 kaliber?

Posted: Sun Jun 14, 2020 8:51 am
by Niel Nel
Ek is ook opsoek na n klein "bos" silencer vir n 6.5 so die HB klink perfek, wie kan ek kontak.om een op te sit?

Re: Hunt buddy Silencer op 6.5 kaliber?

Posted: Sun Jun 14, 2020 10:10 am
by Lategan1
Henk die eienaar. Is lid op Jaracal, dalk sien hy jou. Kyk of j link kan kry.

Ek het een op my 7mmRM, baie tevrede, en dit op ‘n ligte Sako! Ek verkies ook die korter praktiese lengte.

Beste.

Re: Hunt buddy Silencer op 6.5 kaliber?

Posted: Sun Jun 14, 2020 10:56 am
by Gian_dP
Niel Nel wrote:Ek is ook opsoek na n klein "bos" silencer vir n 6.5 so die HB klink perfek, wie kan ek kontak.om een op te sit?
http://silenthunter.co.za/. Al Henk se besonderhede is daar.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Hunt buddy Silencer op 6.5 kaliber?

Posted: Sun Jun 14, 2020 12:45 pm
by Niel Nel
Baie Dankie